Uitdagings:
2015 was die proef/oefen-lopie van Toeka-Tokkel. Ek is besig om al my stukkies in n e-boek te sit. Daar ia 42 stukkies wat ek geskryf het.
2016 gaan beslis lekkerder wees.
Almal is welkom.
Belangrikste van alles is
-GENIET DIT en skryf AFRIKAANS
Ek nooi almal uit om deel te neem aan die skrywery.
Die hoe, wat, waar van TOEKA-TOKKEL:
*Elke Donderdag gee ek n woord of beeld wat jy, die skrywer, gebruik om jou gedagtes los te maak. Vertel waaraan jy dink as jy die ‘prompt’ sien.
*Jy mag skryf en ook fotos gebruik om die opdrag besonders te maak.
*Noem asb Toeka-Tokkel en gee n skakel na my blog. Ander skrywers kan dan ook lees en deelneem.
*Plak jou skakel van jou geskryfde bladsy(pos) in my kommentaar. Ander lesers stel ook belang om te lees wat jy sê. (as jy verdere aanwysings nodig het hoe om dit te doen, vra net en ek sal help en verduidelik.)
*Voordat ek Donderdae n nuwe onderwerp gee maak ek n opsomming van al die ouens wat geskryf het.
Neem asseblief deel en vertel jou eie ervarings of sommer enige interessante idees wat in jou opkom.
Volgende week gaan ek begin met die eeste tema:
- Nuwejaarsvoornemes
- Vakansie/ uittog/ intog
28 responses to “Toeka-Tokkel 2016: Welkom”
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel 2016: Welkom […]
LikeLike
[…] (Scrapydo is die meesterbrein agter Toeka-Tokkel: https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/) […]
LikeLike
[…] Scrappy griffel ons oor […]
LikeLike
Verstaan ek reg? Toeka Tokkel begin eers VOLGENDE week? So ek hoef nie nou al te skryf nie? Ek hét mos al eintlik so ‘n ietsie geskryf … 😉
Doodernstig … skokkend …
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/01/my-kos-nuwejaarsvoornemens-vir-2016/
Maar ek sal ‘n ander stukkie ook skryf, sodra die opdrag gekom het!
LikeLike
Jy is reg. Dis eintlik vir komende week. Ouens is haastig om aan die gang te kom wil dit vir my lyk! Ek gaan nog my stukkie opsit.
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/11/nuwejaarvoornemens/
LikeLike
Jul is lekker haastig! Myne is dan nog nie eers opgesit nie!
LikeLike
[…] Scrapydo se toeka:tokkel – Nuwejaarsvoornemes […]
LikeLike
[…] Scrapy het weer met haar toeka tokkel geselsies begin. Die intrap slag handel sommer oor ‘n gunsteling by menige mense. Nuwejaarsvoornemens. Klug van epidermiese proporsies, maar tog so ‘n lekker speletjie. […]
LikeLike
Dalkies neem ek hierdie jaar deel…as my brein nie opskroei van die hitte nie!Intussen lees ek lekker saam.Psst ek hoor ‘n voëltjie fluit dat daar ‘n ouma in sig is….!
LikeLike
He he, ja ek voel nogal heel opgewonde en bly vir die knders se onthalwe ook!
Jy kan gerus bietjie van jou fotos vir Toeka-Tokkel gebruik. Dierelewe is ook interessant.
LikeLiked by 1 person
Ek is saam met jou bly!
LikeLiked by 1 person
Wat jy hierdeur vir my sê is dat my dae van leeglê verby is en dat die grys massa in my kop in rat moet kom. Gaan moeilik wees in die hitte….. ons almal lê soos sleggoed rond 😦 Moenie die tema “My eerste soen” vergeet nie!!! Mooi dag vir jou. O ja, wanneer in Feb verjaar jy?
LikeLike
Ha ha, ja jong jul sal jul breinselle in rat moet kry. Dis hoekom ek solank die uitnodiging ingesit het! Die eerste soen is op my lysie. Dog toe ek moet maar eers die vakansie en bucket list agter die rug kry, daarna gaan ons diep in die lekker inklim.
LikeLiked by 1 person
Sterkte vir die nuwe jaar se uitdagings!
LikeLike
Baie dankie ek het dit nodig want nou met die kinders oppas en Flash Fiction Club wat ek doen hoop ek ek kry tyd. Dis egter waar: hoe meer jy het om te doen hoe meer kry mens gedoen! Geniet jou dag!
LikeLiked by 1 person
Dit is net so!! Lekker dag!
LikeLiked by 1 person
Lekker man! Ja, beslis, ek glo 2016 hou vir ons almal nuwe uitdagings in. Ek hou baie van jou Toeka-Tokkel prent hierbo. Dit trek en behou die aandag.
Jou kennis omtrent skryf is al so goed, ek sou daarvan hou om elke keer as ons foute maak ‘n paar ‘tips’ van jou af te kon kry. So kan ons skryfvernuf dan ook verbeter.
LikeLike
Dankie vir jou mooi woorde. Dis maar oefen en skryf en nogmaals skryf wat help. Die engelse deel wat ek skryf het beslis baie verbeter. Ek is egter nie n afrikaanse skrywer nie. Ek moet ook maar eers skryf en dan veranderinge maak voordat ek dit pos. Ek hoop jy kan ook so bietjie van jou fotos en verhale/ondervindings met ons deel! Ek sien daarna uit want ek dink jy het baie wat jy kan deel met ons.
LikeLiked by 1 person