Toeka-Tokkel no 1 :


Aangesien almal al so fluks aan hul nuwejaarsvoornemes skryf

moet ek seker maar myne opsit sodat ons almal op gelyke voet is.

Die veronderstelling was dat ons komende Donderdag begin.

Nou begin ons maar sommer dadelik.

Hier is my bydrae:

Nuwejaarsvoornemes/ Bucket list
Voordat ek enige voornemes kan hê moet ek eers gaan sit en daaroor dink.
Ek was nooit een wat regtig enige nuwejaarsvoornemes geneem het nie. My lewe was en is steeds so vol dat daar nie rerig tyd is om daaroor te dink en te besluit nie.
Daar het wel verlede jaar n item op my “bucket list” verskyn.

Nadat daar die mooiste aurora fotos op televisie gewys is het ek op my lysie geskryf:
Aurora – hier in Suid Eiland een winter!
Dit was nog altyd een van my wense om dit te sien. Noudat ek nie so vêr bly nie kan dit beslis waar word – eendag.

Nog iets op my lysie is:
Bootreis – miskien om die wêreld maar nie noodwendig nie. Ek wil graag van hawe na hawe reis en plekke sien wat ek nog nie gesien het nie. Dit kan selfs net n reis om Nieu Zealand en Australië wees.

Daar is dit dan.

Volgende tema sal wees : VAKANSIE (dis dan no 2 vir komende week. Begin 14 Januarie)

Ek sal ook die volgende paar weke se temas opsit.

As daar iets is waaraan jy kan dink om oor te skryf, laat weet asseblief. Ek het ook gedink om dit miskien af te wissel met n gesegde of spreuk.

Lekker skryf!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

30 thoughts on “Toeka-Tokkel no 1 :”

  1. Ai, tipies Olga, was ek alweer voorbarig. Nou het jy al ‘n tweede op. Hoop jy skep raak met daardie emmer en geniet jou bootreis somjmer vreeslik.

    Like

    1. Kenia laat my dink aan die tyd toe ons terug SA gevlieg het. Die vliegtuig moes in Nairobi stop en een of ander iets gedoen het. Brandstof of passasiers oplaai. Omdat SA paspoorte gehad het kon ons nie van vliegtuig afklim nou. Daardie paar uur in daardie warm bedompige vliegtuig kan ek amper nog steeds voel. Gelukkig het ons (ek en Tina) Iguazu waterval besoek wat grens tussen Brasilië en Agentinië vorm. Dis in die hartjie van die oerwoud en die ewenaar. Voel al of Kenia dieselfde gevoel kan gee. Was ook in Brazzaville-Kongo jare terug!

      Liked by 1 person

          1. ‘n Vriendin het my al jare gelede aangeraai om dit te koop. Ek het dit toe gekoop, maar hierdie vakansie het ek net hierdie gevoel gekry dat ek dit DADELIK moet lees. Ek is maar nog redelik in die begin daarvan maar hou baie van wat ek lees.

            Liked by 1 person

  2. Glimlag nogsteeds vir jou flukse leerlinge wat die juffrou vooruithardloop.
    Ek sien in my haarkapster ‘n drie dae bootreis (Kaapstad tot Durban) kan jou op die wolke laat loop. Dus kan jy die bootreis in klein happies neem 🙂

    Like

    1. Dan moet ek nog eers SA toe kom weer. Wil juis met boot reis om in SA te kom. Hier het hul ook kort bootreise so om die eiland en Australië. n Kennis wat ook v SA kom het juis einde verlede jaar SA toe gegaan. Sy wou familie opsoek maar haar man wou nie gaan nie. Sy het toe juis so n bootreis gereël van Durban na Kaapstad . Haar man het toe ingestem om te gaan. Hy was net nie in die “mood” vir die omstandighede in SA nie. Hul kom oorspronklik van Johannesburg. Ja jong die juffrou is nie meer so vlug van voet nie, of die skrywers is vol opwinding om te begin skryf!

      Liked by 1 person

  3. Bootreis ja. Suid-eiland nee. Ek hou nie van koue nie. Een van my vriende was wel onlangs daar en sy kan nie uitgepraat raak oor die natuurskoon en die vreemde ligverskynsels nie. Ek kan nie al die blogs raakskryf nie (ek is ‘n werkende afgetredene wat ander goete skryf), maar ek lees darem almal raak. Ek geniet die Tokkels.

    Like

    1. Dis netso belangrik dat jy darem dit lees en ook geniet. Ek is ook n werkende afgetredene. Werk is meestal meer as die aftree status! Hier trek hul ekstra warm aan in die koue. Egte skaap en alpakka wol help natuurlik ook vir warmte. Ongelukkig jeuk ek vreeslik as daar net n bietjie wol in is. sug, mens kan ook nie altyd wen nie.

      Liked by 1 person

    1. Ja jong die ou spulletjie hou my op my tone! Dis egter lekker om te weet dat ouens darem saam skryf. Jy hoef ook nie elke een te doen nie. Ek het egter gvind as mens eenmaal een oorslaan slaan mens maklik sommer n tweede een ook oor. Geleerde skrywers sê elke dag moet n tydjie kry om te skryf.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s