WELKOM
2016
Kliek asb op skakel om uit te vind hoe TOEKA-TOKKEL werk:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/
VAKANSIE
Die lewe bestaan nie net uit vakansie nie. Tog het almal n breek nodig gedurende die jaar.
Vandat ek afgetree het kan ek nie sê dat ek baie vakansie hou nie. Gelukkig is my daaglikse lewe redelik rustig. Dit voel soms soos vakansie.
Gedurende die week van Kersfees tot net na nuwe jaar het ek n kort brekie van die daaglikse roetine gekry. Ek het weer vir tien dae my vriendin se huis en honde as vakansieplek en geselskap gehad.
Dis so heerlik daar dat dit vir my rêrig soos n vakansie voel. Ek bly mos sommer hier in die dorp. Dis nie vêr van my eie blyplek nie. As ek iets nodig het hop ek gou oor om dit te kry. Ek het bv vroeg vanoggend gou my beddings water gegee. Die warmte verskroei alles.
Ons het vir die laaste paar dae n hittegolf hier. In middae was dit so warm buite dat al mens se ou ekstra vetjies uitgebraai word as mens dit buite waag. Dit koel darem laat aand redelik af en soggens is heerlik fris. Ek merk op dat van die vakansiegangers gaar gebrand is. Geen wonder velkanker floreer hier nie.
Ek hoop almal het n bietjie vakansie gehou. Al is dit net vir n paar dae, dit is belangrik om bietjie weg te breek.
Vertel van jou vakansie. As jy nie vakansie gehad het vertel dan van n vakansie wat jy altyd sal onthou.
Baie dankie aan die volgende ouens wat my so vinneg opgejaag het om te begin:
Olga was eerste: Sy hou daarvan om mense se reaksies te sien as sy haar voornemes bekend maak
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/01/11/toeka-tokkel-1-vir-2016/
Kameel gaan haar brein behoorlik gebruik om name van onbekende persone in Bybel na te vors..
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/11/nuwejaarvoornemens/
Thulana is n aan die gang mens, daar is baie plekke wat nog besoek moet word…
https://thulana.wordpress.com/2016/01/11/nuwejaarsvoornemes/
Tannie Frannie het net een goeie voorneme….
https://frandr.wordpress.com/2016/01/12/toeka-tokkel-nuwejaarsvoornemens/
Toorts het twee inskrywings gemaak: eerste gaan oor gesond eet en tweede die roeping van God om op te staan…
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/01/my-kos-nuwejaarsvoornemens-vir-2016/
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/13/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-nuwejaarsvoornemens/
Laaste is my eie inskrywing! Twee dinge op my wenslysie
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/12/toeka-tokkel-no-1/
Dankie ook aan al die ouens wat net lekker saam gekuier het. Dit hou mens op mens se tone.
Die volgende paar weke gaan oor EERSTE dinge:
3. Eerste soen
4. Eerste werk/skooldag
5. Eerste troeteldier/stokperdjie
Volgende week is dus : EERSTE SOEN
Dis baie laat maar hier is my bydrae oor ons vakansie: http://searchingforironman.com/2016/02/03/vakansie-in-denmark/
LikeLike
Dit maak nie saak nie. Dit gaan oor die lekker daarvan. Ek sal n verwysing hierheen insit sodat ander dit steeds kan gaan lees. Baie dankie. Sal vanaand na skool bietjie lees wat jy sê.
LikeLiked by 2 people
Ons was lanklaas op n vakansie! Soos jy sy as jy afgetree het, is jy mos maar rustig by die huis! 🙂 (weet nie hoe ek poste mis nie!!)
LikeLike
Is so asof mens eintlik kalmer is. Dis steeds lekker om vakansie te hou maar die huis bly tog die lekkerste
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam!
LikeLiked by 1 person
Ek is ook met vakansie https://hesterleynel.wordpress.com/2016/01/20/die-lekkerste-deel-van-die-vakansie/
LikeLike
Lekker man ek gaan gou lees!
LikeLike
salige stilte. Met net die honde as geselskap. Hoe verlang ek nou weer na my huisie in die bos.
LikeLike
Ja, laat mens sommer in stilte n oomblik stilstaan en verlang na daardie tye.
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2016/01/18/vakansie/
LikeLike
Dankie jong. Ek is besig om my e-boek te publiseer en dis weer n gesukkel van voor af omdat ek nie vaardig is met die goed nie. Ek moet alles werk volgens die boek!
LikeLiked by 1 person
https://frandr.wordpress.com/2016/01/14/toeka-tokkel-2-vakansie/
LikeLike
Liewe Scrapy, een oomblik het ons jou vooruitgehardloop… die volgende oomblik steek jy ons verby met ‘n tweede toeka-tokkel sommer so in een week. Die prentjie van afloshardloop kom nou by my op. Almal hardloop almal verby i.p.v die stokkie aangee 😆 Dog nogal vanoggend wat makeer Toortsie dat sy sommer al oor vakansie ook skryf?
LikeLike
Ha ha, kom daarvan as julle vir my wil weghol. Toe vang ek weer op nê! Ja-nee, die lewe staan nie stil nie. Het jy gesien wat na vakansie kom? Geniet jou aand en naweek ook!
LikeLike
Ek is nog suf gery…twee dae op die pad gewees.Ek hoop ek kom sover om deel te neem aan hierdie rondte.
LikeLike
Sien uit daarna, al is dit net so klein happie!
LikeLiked by 1 person