Toeka-Tokkel no 2: Vakansie


WELKOM

2016

Kliek asb op skakel om uit te vind hoe TOEKA-TOKKEL werk:

Toeka-Tokkel 2016: Welkom

Image result for holiday pictures free

VAKANSIE
Die lewe bestaan nie net uit vakansie nie. Tog het almal n breek nodig gedurende die jaar.
Vandat ek afgetree het kan ek nie sê dat ek baie vakansie hou nie. Gelukkig is my daaglikse lewe redelik rustig. Dit voel soms soos vakansie.
Gedurende die week van Kersfees tot net na nuwe jaar het ek n kort brekie van die daaglikse roetine gekry. Ek het weer vir tien dae my vriendin se huis en honde as vakansieplek en geselskap gehad.
Dis so heerlik daar dat dit vir my rêrig soos n vakansie voel. Ek bly mos sommer hier in die dorp. Dis nie vêr van my eie blyplek nie. As ek iets nodig het hop ek gou oor om dit te kry. Ek het bv vroeg vanoggend gou my beddings water gegee. Die warmte verskroei alles.
Ons het vir die laaste paar dae n hittegolf hier. In middae was dit so warm buite dat al mens se ou ekstra vetjies uitgebraai word as mens dit buite waag. Dit koel darem laat aand redelik af en soggens is heerlik fris. Ek merk op dat van die vakansiegangers gaar gebrand is. Geen wonder velkanker floreer hier nie.
Ek hoop almal het n bietjie vakansie gehou. Al is dit net vir n paar dae, dit is belangrik om bietjie weg te breek.

Vertel van jou vakansie. As jy nie vakansie gehad het vertel dan van n vakansie wat jy altyd sal onthou.

Baie dankie aan die volgende ouens wat my so vinneg opgejaag het om te begin:

Olga was eerste: Sy hou daarvan om mense se reaksies te sien as sy haar voornemes bekend maak

Toeka tokkel 1 (vir 2016)

Kameel gaan haar brein behoorlik gebruik om name van onbekende persone in Bybel na te vors..

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/11/nuwejaarvoornemens/

Thulana is n aan die gang mens, daar is baie plekke wat nog besoek moet word…

Nuwejaarsvoornemes…

Tannie Frannie het net een goeie voorneme….

Toeka-Tokkel: Nuwejaarsvoornemens

Toorts het twee inskrywings gemaak:  eerste gaan oor gesond eet en tweede die roeping van God om op te staan…

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/01/my-kos-nuwejaarsvoornemens-vir-2016/

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/13/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-nuwejaarsvoornemens/

Laaste is my eie inskrywing! Twee dinge op my wenslysie

Toeka-Tokkel no 1 :

Dankie ook aan al die ouens wat net lekker saam gekuier het. Dit hou mens op mens se tone.

Die volgende paar weke gaan oor EERSTE dinge:

3.  Eerste soen

4. Eerste werk/skooldag

5.  Eerste troeteldier/stokperdjie

Volgende week is dus : EERSTE SOEN


24 responses to “Toeka-Tokkel no 2: Vakansie”

  1. […] to Toeka-tokkel 3 we are covering Our First Kiss week […]

    Like

  2. Christina B Avatar

    Dis baie laat maar hier is my bydrae oor ons vakansie: http://searchingforironman.com/2016/02/03/vakansie-in-denmark/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit maak nie saak nie. Dit gaan oor die lekker daarvan. Ek sal n verwysing hierheen insit sodat ander dit steeds kan gaan lees. Baie dankie. Sal vanaand na skool bietjie lees wat jy sê.

      Liked by 2 people

  3. Vakansie in Denmark | Searching for Ironman Avatar

    […] Geskryf na aanleiding van Scrapydo2 se Toeka-Tokkel oor vakansie. […]

    Like

  4. […] Toeka-tokkel 3 skryf ons oor Eerste […]

    Like

  5. […] Volgens Toeka-tokkel no2: Skryf ons oor vakansie […]

    Like

  6. nowathome Avatar

    Ons was lanklaas op n vakansie! Soos jy sy as jy afgetree het, is jy mos maar rustig by die huis! 🙂 (weet nie hoe ek poste mis nie!!)

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Is so asof mens eintlik kalmer is. Dis steeds lekker om vakansie te hou maar die huis bly tog die lekkerste

      Liked by 1 person

      1. nowathome Avatar

        Ek stem saam!

        Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man ek gaan gou lees!

      Like

  7. Olga Avatar

    salige stilte. Met net die honde as geselskap. Hoe verlang ek nou weer na my huisie in die bos.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, laat mens sommer in stilte n oomblik stilstaan en verlang na daardie tye.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jong. Ek is besig om my e-boek te publiseer en dis weer n gesukkel van voor af omdat ek nie vaardig is met die goed nie. Ek moet alles werk volgens die boek!

      Liked by 1 person

  8. Vakansie | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Vakansie […]

    Like

  9. Toeka tokkel twee Vakansie | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Toeka-Tokkel no 2: V… on Toeka tokkel 1 (vir 2016) […]

    Like

  10. Kameel Avatar
    Kameel

    Liewe Scrapy, een oomblik het ons jou vooruitgehardloop… die volgende oomblik steek jy ons verby met ‘n tweede toeka-tokkel sommer so in een week. Die prentjie van afloshardloop kom nou by my op. Almal hardloop almal verby i.p.v die stokkie aangee 😆 Dog nogal vanoggend wat makeer Toortsie dat sy sommer al oor vakansie ook skryf?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, kom daarvan as julle vir my wil weghol. Toe vang ek weer op nê! Ja-nee, die lewe staan nie stil nie. Het jy gesien wat na vakansie kom? Geniet jou aand en naweek ook!

      Like

  11. perdebytjie Avatar

    Ek is nog suf gery…twee dae op die pad gewees.Ek hoop ek kom sover om deel te neem aan hierdie rondte.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sien uit daarna, al is dit net so klein happie!

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.