Dis 12:30 pm. Trompie raak opgewonde aan die blaf.
Dis die posman met sy bromfiets.
PAKKIE UIT SUID AFRIKA!
Ek teken vir die pakkie en
ek kan my opgewondenheid nie in toom hou nie.
Trompie wys my adres en SA seëls
Maak oop Ma, maak gou!
En hier is sy!
Toortsie se Bantingboerekos!
In my kombuis in Upper Hutt, New Zealand.
Baie WELKOM!
(Dis 9 Januarie 2016 in Bredasdorp gepos en Vlieg en reis 6 dae om op die 15e Januarie in hande te beland!
10 uit 10 vir posdiens!)