Toortsie reis saam dorp toe.


Toortsie traveled with me to town.

IMG_1590
Toortsie went on a trip

Gister ( elke Dinsdag) drink ek en n vriendin n teetjie in een van ons menigte kafeetjies.

Ek vertel haar van Toortsie wat by my aangekom het vanuit Suid Afrika. Sy het net 6 dae geneem om hier te land. My vriendin wou toe weet: ‘Waar bly sy terwyl sy hier is?’ (grinnik hier in my enigheid)

‘Nee man, sy het hier aangeland deur die pos!’ was my antwoord.

‘Oooo, is dit so?’ sy kon nie mooi verstaan hoekom ek so praat oor “Toortsie” wat die wêreld vol reis nie.

Vandag het ek my volgende teedrink sessie met ‘Timbank’ in die Mayfair eetplek. Ek het met gister se vriendin afgespreek om haar twaalf uur te ontmoet, na die Mayfair tee.

Toortsie het toe besluit om saam te ry  dorp toe. Ek vertel aan die vriendinne in Mayfair dat ek hul aan n goeie vriendin wil voorstel. Van die  vriendinne  kon nie mooi  verstaan dat Toortsie by my is nie. Ek haal toe Toortsie uit my handsak. Die ouens was heel ingenome met die manier waarop sy uit my handsak te voorskyn kom en by hulle kuier.

Twaalfuur ontmoet ek toe die vriendin van gister. Ons bespreek plekke om 29e na n opvoering te gaan. Ons besluit toe sommer om middagete saam te eet. Ek laat Toortsie toe weer uit my handsak kom.

My vriendin was in ekstase met die boek. Sy is in vervoering oor hoe mooi die uitleg is en ook hoe duidelik die fotos is. (Sy kan nie dit lees nie maar sy kon die boek werklik waardeer.) Hierdie vriendin is n regte boeke mens en het dit geniet om die boekie te sien.

Dit dan is hoe Toortsie die ouens hier in New Zealand vermaak het.

 

 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

18 thoughts on “Toortsie reis saam dorp toe.”

  1. Toortsie het weereens haar liggie laat skein/skyn. Ek is nou moeg opgekyk hoe spel ‘n mens simpele woorde wat ek eers so goed geken het 😠

    Like

      1. Dit is vir my ‘n groot pyn, juis omdat ek beide Afrikaans en Engels so goed kon spel. Verkeerde spelling was vir my ‘n groot NO-NO!!! Miskien kan ek Menieres ook hiervoor blameer 😆

        Like

          1. Gaan hom nog skryf….. maar kannie wag om ander s’n te lees nie 😆 Moet my nou nie teleurstel nie…. daardie heel eerste soen wat ‘n seun of man jou gegee het.

            Like

  2. Aan die een kant sit ek en smile, aan die ander kant is daar ‘n traan in my oog, en die hoendervleis op my arms…
    Dankie, jy maak my dag.
    Dalk eendag is daar ‘n Engelse weergawe. Ek moet net ‘n VERTALER in die hande kry! 🙂

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s