Toeka-Tokkel 4: Eerste orrel – regstelling


Daar was n bietjie onduidelikheid oor die onderwerp. Jammer vir die deurmekaar spul!

Indien jy wil saam speel of skryf kliek asseblief  om my skakel om uit te vind hoe Tokka-Tokkel werk.

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

Hierdie week se onderwerp is.  EERSTE skool/werk of enige iets wat eerste keer was.(dis ek wat die onderwerp wyer gestel het!)

EERSTE ORREL

Van jongs af is daar al vir my gesê ek sing vals! Of is dit dat ek nie noot-vas is nie? Dit bly my steeds by daarom sal ek nie sommer hardop sing nie. Ek het dit tog wel geniet om in die kerk saam te sing.

Ewenwel, op kollege was my keusevakke om te kies, LO(Liggaamsoefeninge!) Kuns en kunsvlyt(wat my kwalifikasie vak was) en dan musiek. Met LO was ek nie meer die sportiewe mens nie- dit was uit. Musiek bly toe oor. Toe ek die eerste dag in musieklas kom sal die geliefde dosent voor die hele klas sê dat dit n fout is dat ek daar is. Sy sien nie kans om met mense te werk wat nie musikale aanvoeling het nie!(My eerste krit les was n musiekles by haar!!!) Die tweede jaar het meer uit musieklees en blokfluit speel bestaan. Ek het na die klas na haar gegaan en vir haar gesê ek kan blokfluit speel, sy hoef my nie te leer nie. Ons moes toentertyd getoets word op blokfluit speel om die jaar verder te gaan vir tweede jaar. Dit net wat die musiek betref. Ek het my tweede jaar musiek geslaag!

Nadat ek die huis verlaat het op die ouderdom van 26 jaar het ek ander idees gekry.

In my standerd een klas was daar n kind wie se ma orrellesse gegee het. Dit was nou vir my n heerlike gedagte: om te kan orrel speel!

Ek het n afspraak gemaak met die moeder en aan haar verduidelik van my pinarie met die musiek saam. Sy was baie gretig om my te leer. Ek kon reeds note lees, dus was dit net vir die oefen, ritme en regte klawers druk.

Daar word n oefenlopie gereël. Ek speel toe my eerste wysie op haar orrel.

Toe is die koeël deur die kerk en is ek ‘gehook’.

Nou moes daar n orrel kom want, sonder orrel kan mens nie oefen nie!  Daar en dan koop ek vir my my eerste Lowrey elektriese orreltjie. Net die basiese goedjies was op die orrel beskikbaar.

Dit was my werklike eerste musiekinstrument wat ek kon bespeel. Die onderwyseres het alle afrikaanse liedjies verwerk sodat net die basiese note gebruik word vir linker en regter hand.(natuurlik die voettrap ook nog.)

Ek het seker amper drie jaar voluit by haar klasse gekry en het op die ou end n hele versameling mooi liedjies gehad wat ek kon speel. Ongelukkig kon ek nooit uit my kop uit speel nie, ek moes altyd die note voor my hê.

Dit dan een van my eerste regtige lekker-kry dinge!

Piano, Piano Keys, Instrument, Compose

Die volgende mense het hul uitgeleef met eerste soen!

thulana het n stukkie oor vakansie geskryf met peste en plae..

https://thulana.wordpress.com/2016/01/23/vakansie-varsgebakte-brood-vir-jou-siel/

Olga was weer eerste met haar eerste soen… oulik hoor…

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/01/24/that-kiss-that-kiss-toeka-tokkel-3-eerste-soen/

tulana se soetjies of suigende soene..

https://thulana.wordpress.com/2016/01/24/soen-heuning-of-kaktusdorings/

Toorts met studente soen.

Dis ekke spoeg nou nog aan haar eerste soen…

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/22/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-soen/

https://hesterleynel.wordpress.com/2016/01/23/toeka-tokkel-3-drie-soene/

Tannie Frannie se herinneringe eindig hartseer…

https://frandr.wordpress.com/2016/01/25/toeka-tokkel-3-eerste-soene/

Kameel herleef haar soen op die trein…

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/25/net-een-soen/

Ek hoop ek het almal raak gelees! Baie dankie jul maak n mens se dag met jul vertellings.

Ons volgende een is weer spesefiek iets : EERSTE troeteldier/stokperdjie

Ek moet nou eers Februarie se onderwerpe soek. Sal dit vogende week reg hê!

Lekker skryf!

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

25 thoughts on “Toeka-Tokkel 4: Eerste orrel – regstelling”

  1. Scrapy ek sit hier in die boendoes met net my foon. Kry nie my Blog oor eerste dinge daar by jou gelink nie. Lees asb by Toortsie…. die opskrif het iets met ‘n nes te doen. Dankie 🙂

    Like

  2. MOL…We moesten lachen toen je schreef dat je altijd die noten erbij moest hebben om orgel te kunnen spelen. Granny had dat met gitaar spelen. Ze kon spelen, maar alleen met noten..MOL 😀 Leuk verhaal en erg inzichtelijk. Pawkisses for a great weekend 🙂 ❤

    Like

  3. Eh so ek het fouteer. Gedag dis eerste dag by die werk/skool. Ek sing steeds vals, maar ek bespeel darem die radio en hoetroustel perfek. 😉

    Like

  4. Ek was ook eers in die war; wil Scrapy werklik hê ek moet oor ‘n orrel skryf…. ek wat so onmusikaal is dat ek nie eers kan fluit nie 😯 Dink dit moet heerlik wees om ‘n musiekinstrument te kan bespeel. Thumbs up, vir jou deursettingsvermoë.

    Like

  5. Sjoe hierdie storie van jou lê my na aan die hart.
    Ek het nou eers jou vorige pos gaan opsoek, het my verbeel dit was ‘n ander tema. Toe ek hier lees kon ek glad nie onthou nie. Jou tema was EERSTE! So jy praat van baie lekker eerstes.

    Like

        1. Jong sy was een van hierdie stywenek oujongnooiens wat sommer net gevoelloos was. Geen greintjie menslikheid in haar nie. Sy het goeie resultate gehad omdat sy net die bestes uitgesoek het wat n wins vir haar en haar koor was. Ai braak ek nou lekker gal hier.

          Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s