Toeka-Tokkel no 5: Eerste troeteldier/stokperdjie


Alger wat van Afrikaans hou kan hier lees en skryf oor eie ervarings.

Vir meer inligting hoe Torka-Tokkel werk kliek die volgende skakel:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

EERSTE troetedier of stokperdjie.

My eerste troeteldier was deel van my stokperdjie of kan ook wees my eerste stokperdjie was my eerste troeteldiere.
Soos jul seker al agtergekom het het ek op n stukkie grond saam met my ouers geboer. Ons het Saanen melkbokke gehad.
My eerste “troetel”dier was my eie twee melkbokooitjies. Ek en my pa het hul een naweek in Britstown gaan haal.
Die twee ooitjies was nie gewoond aan mense nie. Hul was twee wilde wragtags gewees. Die boer het die twee lammers van uit die veld in n skuur gesit sodat hul naby was as ons hul oplaai. Die twee karnallies wou natuurlik nie hê ons moes hul vang nie. Ek het op die ou end hul soetjies benader, met hul gesels en sodoende hul gekalmeer. Die boer kon nie sy oë glo dat die twee wilde goed so mooi gekalmeer het met my benadering nie. Hul is mos maar gewoond om die diere te jaag en dit is wat hul wild maak.
Bokke is nusskierige diere. Baie slim ook. Hul weet jy wil hul vang so, hul hol weg. As jy maak of jy iets te ete in jou hand het is hul nuuskierig genoeg om soetjies voetjie vir voetjie nader te kom.
Die twee ooie het baie goed gevaar met melk gee en ook op skoue waar ons geskou het. Ek het my eie Soetnaam gehad nl Candida. Die een ooi was Candida Collett n baie seenuweeagtige ooi.
Die ander een was Candida Karoo(omdat sy uit die Karoo gekom het)  wat n baie gemoedelike bokooi was.
Nou het ek sommer my stokperdjie ook gekoppel aan die troeteldiere.

3-26-2011 17-17-30_096

Hierdie lammers is nie die twee ooitjies nie. My twee ooitjies was al heelwat ouer gewees toe ek hul gekry het.

Verlede week het ons geskryf oor iets wat eerste was. Die volgende persone het hul erstes met ons gedeel. Lees gerus wat hul vertel.

Eers nog n lekker inskrywing vir vakansiepret

Christina B kampeer in Australië en vergelyk dit met Knysna

Vakansie in Denmark

Die volgende eerstes het heerlik geskryf:

Toorts het n winkelwerkie gehad vir eerste werk

https://toortsie.wordpress.com/2016/01/29/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-eerste-skoolwerk/

Christina skryf oor haar wonderlike ondervinding om haar eie perd te kry

My Eerste Perd

Herriemerrie besoek die kunsmuseum in Philadelphia.

https://herriemerrie.wordpress.com/2016/02/02/eerste-keer-toe-ek-dit-sien/

Kameel het haar eerste eie blyplek bespreek

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/01/n-lekker-nes/

 

6. My tuisdorp(volgende skryfwerk)

7. Groente

8. Bespreek of beskryf iemand wat in jou lewe gekom het

9. Verbeelding

10. Oefening

26 responses to “Toeka-Tokkel no 5: Eerste troeteldier/stokperdjie”

  1. […] Scrapy se huiswerk die week gaan oor jou eerste stokperdjie. […]

    Like

  2. […] opdrag van Scrapydo. My eerste speelgoed, lieflingsonderwerp, lieflingstydverdryf, geliefkoosde onderwerp, as ek die […]

    Like

  3. Nou kyk ek eers na die langbroek waaroor jy kommentaar lewer. Ek het vanaf 40 my eie klere gemaak…. nou wonder ek of ek bekommerd moet wees dat dit nie so goed gelyk het nie.

    Like

    1. Dis nog uit die Burda boeke gemaak. Jy weet daardie wat mens patroon eers moet aftrek met wieletjie. Ons het dit radar patroon genoem .

      Liked by 1 person

  4. Bokke is intelligente diere en ek kan goed glo dat jy lief was vir hulle.Mooi foto.

    Like

    1. Intelligent en baie stout ook. Dis nes met mense, party is maar stadig van aard en dan kry jy die “go getters” – weet om die hek oop te maak, weet waar die gat in die draad is en ookhoe om nie gevang te word nie! Ek het hul baie geniet.

      Liked by 1 person

  5. […] Scrapy tokkel vandeesweek oor eerste troeteldier / stokperdjie. My eerste troeteldier was natuurlik ‘n hond. Maar ek was nooit toegelaat om hom te troetel nie. Dus sal ek eerder tokkel oor my eerste stokperdjie. […]

    Like

  6. Ek het weer n baba varkie gehad!! Te oulik!

    Like

    1. Sal jou goed glo. Ons het juis op die oomblik die oulikste advertensie met n groot man wat n optel varkie grootmaak. Te kostelik.

      Liked by 1 person

  7. Sulke bokke kan regte boggers wees, lammers, ooie, ramme, maak nie saak nie. Gee hulle net ‘die geringste gaping en hulle is uit en verwoes alles waar hulle kom. Laat my nou aan iets dink…. Wyk rassis.

    Like

    1. Nou praat jy! hul bars nie net uit nie maar klim uit en spring self oor alles ook om weg te kom. Dis hoekom n wagter veronderstel is om na hul te kyk! Goeie vergelyking!

      Like

  8. Mens kan sommer sien en lees datj y baie lief was vir jou bokke, Ineke!

    Like

    1. Diere bly maar my eerste liefde. Dis lekker om hul gedrag te sien.

      Liked by 1 person

  9. Aitsa Ek kan die foto glad nie onthou nie

    Like

    1. Jy was nie by die huis net vakansies onthou! Nog n selg gemaakte langbroek!

      Liked by 1 person

      1. Ja ek het daai tyd gemis. Gelukkig het almal so gelyk

        Like

        1. Is so. Kan jy nog eie gemaakte klere onthou of het jy nie self gemaak nie?

          Liked by 1 person

          1. Ja ons het almal maar self gemaak

            Liked by 1 person

  10. That is so cute, Trompie. We would love to have those lammetjes. Granny’s first troeteldieren were chicks…actually roosters. She had three of them, but two went to Furryland very quick. Only one survived. Later she got her first kitten. Pawkisses for a Happy Day 🙂 ❤

    Like

    1. Oooo chicks are also very cute. Love to chase them, they flutter and run! Your Granny is a real cat person. Thanks for your visit to mum’s blog. She is a real farm girl! Enjoy your weekend. High paws and licks. 🙂

      Liked by 1 person

  11. Liewe hemel, is dit alweer Donderdag?
    Ek het altyd gewens ons kon ook op ‘n plaas bly, maar ek was mos maar ‘n dorpsjapie. Ons het darem so nou en dan op my ma se familieplaas gaan kuier by haar neef en dan het ek ure om gespeel met die klein boklammertjies. Dit was te lekker as ek hulle met ‘n bottel kon voer, al was ek so ‘n bietjie onhandig met diè takie. Gelukkige jy!

    Like

    1. Jy voel soos ek! Alweer Donderdag. My dae gaan al stomende van hitte verby. As ek daaraan terugdink was dit eintlik die lekkerste tyd van my lewe. Ons het “plaas” toe getrek toe ek standerd ses begin het in Hoërskool en nog vier jaar nadat ek begin skoolhou het.Dis n volle 12jaar van my lewe gewees.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: