Toeka-Tokkel no 6: Tuisdorp


Weer n week verby! n Nuwe onderwerp om lekker mee te speel.

Geniet Afrikaans want dis heerlik om dit te kan praat en skryf. Almal is welkom.

Vir meer inligting kliek die volgende skakel asseblief. Dankie vir jou belangstelling!

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

MY TUISDORP

Op hierdie stadium is ek hopelik in die laaste tuisdorp van my lewe.
Ongelukkig weet n mens nie wat die toekoms inhou nie. Ek het al drie tuisdorpe in my lewe gehad. Pretoria, Potgietersrus en Secunda.
Nou woon ek in my vierde tuisdorp. Dit nogal geheel en al aan die teenoorgestelde kan van die aarde van waar ek gebly het.
My tuisdorp is deesdae Upper Hutt in New Zealand. Dit is naby Wellington die hoofstad van NZ.
Upper Hutt is n klein dorpie wat stadstatus het! Die ouens hier besef nie rerig wat die woord stad beteken nie!
Die midde dorp bestaan uit n Mall wat maar eers in 2009 rerig oopgemaak het. Die hoofstraat het winkeltjies wat amper nie n bestaan kan maak nie. Daar is ook baie leë winkels wat rerig n seer oog is. Die basiese winkels moet hard baklei om mense te trek. Die meeste mense gaan na Lower Hutt waar daar meer en beter winkels is.
Dit is beslis n mooi rustige dorpie. Daar heers n regte landelike atmosfeer.
Bus en trein vervoer is uitstekend. Busse ry deur woonbuurt en stop almal by die stasie wat weer naby die winkels is.
Daar is groot koper kunswerke wat die dorp versier. Die leë mure word ook deur studente beskilder en versier om te voorkom dat die graffitie skilders die wereld bemors.

Ek bly lekker hier en dit is wat belangrik is in die lewe.

Ons volgende onderwerp is “groente”.

Toeka-Tokkel no 7: GROENTE

Dankie aan my getroue skrywers vir jul lekker vertellings oor storkperdjies of troeteldiere.

Die volgende is die moeite werd om te besoek en te lees wat hul sê:

Die uwe met bokke kinders

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/02/04/toeka-tokkel-no-5-eerste-troeteldierstokperdjie/

Olga was eerste met haar groen vingers wat haar baie plesier verskaf

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/02/05/vlytige-vingers-toeka-tokkel-5/

Kameel wat eintlik baie kunstig is het weer lus gekry vir teken

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/08/n-stokperdjie-se-vroee-dood/

Toorts het heelwat stokperdjies. Haar liefde vir haar poppe is steeds daar.

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/09/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-eerste-stokperdjie/

Herriemerrie Leesperdjie en opleesperdjie is twee van haar stokperdjies!

https://herriemerrie.wordpress.com/2016/02/10/stokperdjies-en-koeitjies/

Nogmaals baie dankie aan jul alger.

Published by scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

39 thoughts on “Toeka-Tokkel no 6: Tuisdorp

      1. In jou straat rondgestap….. maar dit wys my 51 en 49, neem dan aan jy is oorkant die pad maar as ek hom draai gee hy nie nommers nie. 🙂

        Like

        1. Dis woon eenhede en oorkant 49. Ek bly in n agter eenheid erwe is almaal opgebreek in klein stukkies. Bly jy het bietjie gekuier. Het gevoel dat iemand my dophou toe ek met Trompie geloop het! 🙂

          Like

          1. Nou verstaan ek hoekom 48 uit die lug aan die agterkant wys. Gedog die gebou (jou huis) is in ‘n ander straat. Wat is daardie groot gebou agter jou dan? Yep, ek het jou van agter die buurman oorkant die pad se boom dopgehou 😆

            Like

            1. Lekker man! Dis n industriële gebied agter my. Reg agter my is “Mother Hubbart’s Cupboard. Hul maak ingeboude kaste. Ook Westview Alluminium wat vensterrame maak en dubbel glas vensters insit. Nogal n lawaaierige klomp as hul die dag rerig werk!

              Liked by 1 person

              1. Dankie 🙂 Het nou deur jou straat gestap, en Toortsie se Bredasdorp. Ek doen dit met boeke ook…. wanneer ek ‘n plek se naam lees gaan kyk ek waar in die wêreld is dit, en hoe lyk dit daar. Wanneer jy ‘n dikke boek soos Mark Twain se wêreldreis lees, kan jy dink hoe lank vat dit my want ek gaan soek eers die katedrale en plekke wat hy noem op. So reis ek kosteloos saam 😆

                Like

  1. Ek het nou jou tuisdorp vanuit die lug bekyk. Gesien waar is die Pizza Hut 🙂 Daar is baie huise… konnie jou huis vind nie 😉

    Like

      1. Daai klappers. Ek onthou, ons het ‘n BAIE groot boerboel gehad wat altyd so angstig geword het dat hy op jou skoot wil sit. Ek verpes sulke geraas, maar gelukkig is dit stil hier by ons.

        Like

        1. Daar was nou vanaand weer ouens wat hul vergete klappers geskiet het. Trompie kruip diep onder tafel weg in my slaapkamer. Dis maar nie lekker vir die ore nie. Ons McDonalds het vandag afgebrand! Wat n opwinding vir so n klein stadjie!

          Like

  2. Ons tuisdorp gaan mos nou liederlik afsteek teen jou poskaartdorp 😦 Maar skryf die sal ons 😆

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Beth Anderson, Children's Writer

Reader, Writer, Miner of Moments

Daisy op die stoep

Daisy deel haar gedagtes oor die lewe en al sy kwessies

SA Vryskutskrywer se BLOK

Vir Afrikaanse vryskutskrywers en -joernaliste

The life of B

Mainly through the lens of a Nikon

Picture Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Holladriehoe

Skryf en kuier, pure lekkerte!

Gildenhuys'e se Reise

Stap saam en beleef die reis... kom deel saam in ons herhinderinge.

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

MEDICINE MOMMY

Ouerskap is nie 'n kompetisie nie. - Alyssa Loftus

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Susanna Leonard Hill

Children's Author

www.justkidslit.com/

The Hub for Just Kids' Lit

HorseAddict

The world is best viewed through the ears of a horse.

Coetzeeblog 2

Welkom by my nuwe "Ons lewe in Paraguay" Blog. Aangesien my vorige blog se spasie my nie toegelaat het om verder daar te blog nie, moes ek noodwendig ‘n ander blog oopmaak.

bushboys world

Photos of my world and other stuff I hope you will enjoy too. Photos taken with Canon PowershotSX70HS Photos can be purchased.

One day I decided to go for a walk...

Preparation for & Walking the Camino de Santiago

Christa se Joernaal

Opvoedkundige, navorser, blogger en skrywer

A Home by the Sea

My Journey Towards Retirement by the Sea

Kreukels en plooie

Skryfsels oor en uit eie ondervindings

My Ongevraagde Opinie

Alle daagse lewe, Reis / Travel, ZAR

Pajamas met sokkies

Flikvlakke deur die woestyn

Lekkervurigeaffêre

Vlammetjies vreugde en verdriet en so aan, en nee dis nie oor jou nie!

Positief

Griffelbord vir gedagtes en dinge

Trommeltjie

Lewenspaaie.

Christastories

"You are never too old to set another goal or to dream a new dream" - C.S Lewis

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

WoordNoot

Waar ek woorde en note kombineer om my storie te vertel

penpunt

Waar die hart van vol is …

silkannthreades

about the little things in life

A Writer's Path

Sharing writing tips, information, and advice.

Writers Plot Readers Read

Bookshop, online bookseller, NZ authors

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

Lewies Mymer

This WordPress.com site is the bee's knees

Millie Thom

Bringing history to life

OLGA SE OKSELTJIES

Want die lewe ruik nie na laventel nie

Herriemerrie

Ietsie van alles

Kruger History

Kruger 4 all 4 ever

Net Ek

Ek herhaal jou...sonder begin of einde

Easy Blog

All about our truly best friend...

Angelswhisper2011

Me and my Granny

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

coetzeeblog

My skryfseltjies en foto´s, meesal, oor ons lewe, in Paraguay.

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

%d bloggers like this: