Weer n week verby! n Nuwe onderwerp om lekker mee te speel.

Geniet Afrikaans want dis heerlik om dit te kan praat en skryf. Almal is welkom.

Vir meer inligting kliek die volgende skakel asseblief. Dankie vir jou belangstelling!

Toeka-Tokkel 2016: Welkom

MY TUISDORP

Op hierdie stadium is ek hopelik in die laaste tuisdorp van my lewe.
Ongelukkig weet n mens nie wat die toekoms inhou nie. Ek het al drie tuisdorpe in my lewe gehad. Pretoria, Potgietersrus en Secunda.
Nou woon ek in my vierde tuisdorp. Dit nogal geheel en al aan die teenoorgestelde kan van die aarde van waar ek gebly het.
My tuisdorp is deesdae Upper Hutt in New Zealand. Dit is naby Wellington die hoofstad van NZ.
Upper Hutt is n klein dorpie wat stadstatus het! Die ouens hier besef nie rerig wat die woord stad beteken nie!
Die midde dorp bestaan uit n Mall wat maar eers in 2009 rerig oopgemaak het. Die hoofstraat het winkeltjies wat amper nie n bestaan kan maak nie. Daar is ook baie leë winkels wat rerig n seer oog is. Die basiese winkels moet hard baklei om mense te trek. Die meeste mense gaan na Lower Hutt waar daar meer en beter winkels is.
Dit is beslis n mooi rustige dorpie. Daar heers n regte landelike atmosfeer.
Bus en trein vervoer is uitstekend. Busse ry deur woonbuurt en stop almal by die stasie wat weer naby die winkels is.
Daar is groot koper kunswerke wat die dorp versier. Die leë mure word ook deur studente beskilder en versier om te voorkom dat die graffitie skilders die wereld bemors.

Ek bly lekker hier en dit is wat belangrik is in die lewe.

Ons volgende onderwerp is “groente”.

Toeka-Tokkel no 7: GROENTE

Dankie aan my getroue skrywers vir jul lekker vertellings oor storkperdjies of troeteldiere.

Die volgende is die moeite werd om te besoek en te lees wat hul sê:

Die uwe met bokke kinders

Toeka-Tokkel no 5: Eerste troeteldier/stokperdjie

Olga was eerste met haar groen vingers wat haar baie plesier verskaf

Vlytige vingers toeka tokkel 5.

Kameel wat eintlik baie kunstig is het weer lus gekry vir teken

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/08/n-stokperdjie-se-vroee-dood/

Toorts het heelwat stokperdjies. Haar liefde vir haar poppe is steeds daar.

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/09/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-eerste-stokperdjie/

Herriemerrie Leesperdjie en opleesperdjie is twee van haar stokperdjies!

Stokperdjies en koeitjies

Nogmaals baie dankie aan jul alger.


39 responses to “Toeka-Tokkel no 6: Tuisdorp”

  1. Om my ma se kombuistafel - Dis Ekke Avatar

    […] In opdrag van Scrapydo Toeka-Tokkel 6: Tuisdorp […]

    Like

  2. […] In opdrag van Toeka-tokkel no 6: tuisdorp […]

    Like

  3. Toeka tokkel 6 | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy het gevra vir skrabbel oor tuisdorpe. Beslis laat, maar huiswerk in elk geval gedoen. Ek het al in baie dorpe en self ‘n stad gewoon. Maar my huidige tuisdorp, al vir meer as ‘n dekade, is Graskop in Oos Transvaal. Wat mos nou Mpumalanga is. Maar ai, ek sou graag die Graskop in die Oos Transvaal wou beleef het. […]

    Like

  4. Tuisdorp | Herriemerrie Avatar

    […] Scrapy neus die week oor ons Tuisdorpe. […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jong. Het jy toe my blyplek gesien op satellietfoto?

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        In jou straat rondgestap….. maar dit wys my 51 en 49, neem dan aan jy is oorkant die pad maar as ek hom draai gee hy nie nommers nie. 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis woon eenhede en oorkant 49. Ek bly in n agter eenheid erwe is almaal opgebreek in klein stukkies. Bly jy het bietjie gekuier. Het gevoel dat iemand my dophou toe ek met Trompie geloop het! 🙂

          Like

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Nou verstaan ek hoekom 48 uit die lug aan die agterkant wys. Gedog die gebou (jou huis) is in ‘n ander straat. Wat is daardie groot gebou agter jou dan? Yep, ek het jou van agter die buurman oorkant die pad se boom dopgehou 😆

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Lekker man! Dis n industriële gebied agter my. Reg agter my is “Mother Hubbart’s Cupboard. Hul maak ingeboude kaste. Ook Westview Alluminium wat vensterrame maak en dubbel glas vensters insit. Nogal n lawaaierige klomp as hul die dag rerig werk!

              Liked by 1 person

              1. Kameel Avatar
                Kameel

                Dankie 🙂 Het nou deur jou straat gestap, en Toortsie se Bredasdorp. Ek doen dit met boeke ook…. wanneer ek ‘n plek se naam lees gaan kyk ek waar in die wêreld is dit, en hoe lyk dit daar. Wanneer jy ‘n dikke boek soos Mark Twain se wêreldreis lees, kan jy dink hoe lank vat dit my want ek gaan soek eers die katedrale en plekke wat hy noem op. So reis ek kosteloos saam 😆

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dis n uitstekende idee. Gaan dit ook doen, lekker gratis reise.

                  Liked by 1 person

  5. Hier woon ons | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Tuisdorp […]

    Like

  6. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek het nou jou tuisdorp vanuit die lug bekyk. Gesien waar is die Pizza Hut 🙂 Daar is baie huise… konnie jou huis vind nie 😉

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      48 Cruickshank Road, Clouston Park Sal jou daar bring!

      Liked by 1 person

  7. perdebytjie Avatar

    Lyk lekker om daar te bly!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis rustig. Daar is nogal heelwat vandie landelike plekke wat heerlik is om the bly.

      Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Rustig is dit beslis

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat, alles gaan stadiger hier. Daar is wel elke nou en dan n moord of inbraak maar dis die verloop van die lewe.

      Liked by 1 person

  9. nowathome Avatar

    Jy bly rerig in n mooi stad!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis baie lekker en rustg bietjie oud en vervalle op plekke maar dis nie steurend nie.

      Liked by 1 person

  10. Om my ma se kombuistafel | Dis Ekke Avatar

    […] In opdrag van Scrapydo Toeka-Tokkel 6: Tuisdorp […]

    Like

  11. HesterLeyNel Avatar

    Jy woon in ‘n mooi stad! ‘n Rustige dorp is net wat die dokter voorskryf vir ons oudag.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis, mens moet eintlik maar na die dr luister. Dit kan nogal remoerig raak so met ou jaar en halloween.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Daai klappers. Ek onthou, ons het ‘n BAIE groot boerboel gehad wat altyd so angstig geword het dat hy op jou skoot wil sit. Ek verpes sulke geraas, maar gelukkig is dit stil hier by ons.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Daar was nou vanaand weer ouens wat hul vergete klappers geskiet het. Trompie kruip diep onder tafel weg in my slaapkamer. Dis maar nie lekker vir die ore nie. Ons McDonalds het vandag afgebrand! Wat n opwinding vir so n klein stadjie!

          Like

          1. HesterLeyNel Avatar

            Haai, ek het nou amper gesê dis nou ‘n lekker dorps-belewenis – haha, sekerlik nie vir die eienaar of personeel nie

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              As sulke dinge gebeur word die hele dorp afgekordon. Geen verkeer kan in of uit nie. Dis dieselfde McDonalds waar hul verlede jaar n “dief/inbreker met n geweer” dood geskiet het. Heel opwindend elke nou en dan!

              Liked by 1 person

  12. Olga Avatar

    Dit lyk inderdaad rustig en alles is so HEEL en SKOON. Ape wei beslis nie in daardie dorp nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons het gelukkig nie rerig wilde ape nie, net moedswillige jeugdiges. Dis beslis skoon en netjies hier.

      Like

  13. Kameel Avatar
    Kameel

    Ons tuisdorp gaan mos nou liederlik afsteek teen jou poskaartdorp 😦 Maar skryf die sal ons 😆

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek verstaan die “omstandighede”. Dis hoekom ek maar nie oor my SA tuisdorp geskryf het nie.

      Liked by 1 person

  14. Toortsie Avatar

    Pragtige foto’s van jou dorpie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dit is winter fotos, ek kry toe nie so vinnig my fotos van die beeldhouwerke nie!

      Like

  15. de Wets Wild Avatar

    Jou dorpie lyk na die rustigste plekkie op aarde, Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis rustig. Soms gebeur daar darem n polisie jaagtog ofroof hier.

      Liked by 1 person

  16. Christina B Avatar

    Dit lyk mooi daar. Ek was nog nie op die noord-eiland van Nieu Seeland nie, net die suid-eiland en het die klein deel wat ek gesien het baie geniet.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is baie mooi hier. Die fotos is in die winter geneem dis hoekom dit so mistig is.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.