Toeka-Tokkel 8:Bespreek of beskryf iemand( besonders) wat in jou lewe gekom het.


Besoek asseblief die eerste Toeka-Tokkel vir aanwysings om deel te neem:Kliek

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/

Hierdie week is dit n beskrywing of vertelling van n besonderse persoon wat in jou lewe gekom het.

Image result for best friends drawings

Dame in my straat.

Elke oggend as ek met Trompie loop ontmoet ek n liewe  dame wat n ent laer af in my straat bly.

Haar naam is Bettie. Ek dink sy moet in haar vroeë  tagtigs wees. Sy is kort, maar steeds skraal. Sy het grys hare en groen oë wat lyk of hul nie so goed meer  kan sien nie. Daar is altyd n glimlag op haar gesig. Altyd gereed om  met almal wat daar verby kom te praat.

Vroegoggend kom sy uit om haar koerant op te tel. Sy neem die koerant na binne na haar man wat altyd binne sit en wag.

As sy my sien het sy ‘n spring in haar stappie. Sy groet my en vra altyd hoe dit gaan. Sy groet altyd vir Trompie ook met n ekstra kloppie op sy rug. Dan sal sy haar planne vir die dag vertel. Sy waai pk altyd as ek al verder in die straat af is. Bettie, is beslis iemand om te ken. Ek het al by haar n koppie tee gedrink. Sy is n liewe mens. Haar man het Parkenson se siekte en sy kon nie langer alleen na hom kyk nie. Hul het verlede jaar na n aftree oord getrek. Dit was n groot besluit vir haar omdat hul al 40 jaar in die huis gebly het.

Nou het ek nie meer n vroëe oggend geselsie. Ek en Trompie mis vir Bettie en haar huppel stappie en glimlaggie.

Ek hoop elkeen kan n persoon beskryf wat spesiaal is.

Die volgende persone het oor groente geskryf. Ek het nie gedink dat groente so interessant kan wees nie.

Baie dankie aan jul alger.

Kameel het verskoning gemaak. Sy voel nie te lekker en ek hoop sy is gou weer beter.

Toorts het heerlik vertel oor haar lekker groente resepte.

https://toortsie.wordpress.com/2016/02/23/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-groente/

Herriemerrie skryf oor spinasie en pampoen in restaurante…

https://herriemerrie.wordpress.com/2016/02/24/spinasie-en-pampoen/

Olga geniet dit om steeds haar eie groente te kan plant

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/02/24/toeka-tokkel-7-groente-wat-n-gedoente/

My eie groente storie

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/02/21/vegetablesgroente/

Ons volgende gaan wees:

  1. Verbeelding

Maart se onderwerpe

10. Oefening

11. Vuurwerk

12. My slaapkamer

13. Oor n koppie tee/koffie/wyntjie

14. Oggendmis?mistigheid

15. Braaivleis/spitbraai/balke toe.

 

 

 

 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

20 thoughts on “Toeka-Tokkel 8:Bespreek of beskryf iemand( besonders) wat in jou lewe gekom het.”

    1. Ons het meestal lekker gesels so in die straat oor die ou oom wat so veeleisend is. Hy het fout gevind met alles. Van politiek tot waaraan mens ookal kan dink. Ek dink dit kom maar as mens n aktiewe lewe gehad het en nou dit nie meer kan doen nie.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s