Ek het gedink dat ek geen verbeelding het nie. Gelukkig het ek myself verkeerd bewys.
Die rekenaar is ‘n baie goeie ontvlugting van die werklikheid. Verlede jaar het ek begin om “Flits Fiksie” te skryf. Vir die uitdaging bied hulle ‘n foto aan en dan moet jy ‘n eie storie daaroor vertel. Dit gee my die geleentheid om my verbeelding te gebruik omdat dit denkbeeldig is.
Die idee is om vinnig en kort stukkies van 150-250 woorde te skryf.
Die volgende is een van die kort stukkies. Kan jy die prentjie in jou gedagte sien?
Delikaat in vlug
Oë gevul met hartseer, staar hy na sy leë wiskie glas. Trane rol oor sy verweerde wange. Hy voel so ellendig. Alles was so gelukkig en goed die afgelope dertien jaar. Hy staar na die twee smeltende ysblokkies in sy glas. Die somer hitte skroei alles weg.
In sy gedagtes sien hy steeds sy pragtige vrou. Sy was sy alles, tot twee jaar gelede. Sy het net begin om weg te kwyn. Haar siekte het haar broos en tingerig gelaat. Die laaste ding wat sy van hom gevra was om haar na die ys beeldhouwerk uitstalling te neem. Daardie dag was haar gelukkigste dag. Een van die kunstenaars het gevra of hy ‘n ys standbeeld van haar kan maak, soos hy haar sien. Die delikaatste swaan wat begin om weg te vlieg het uit die ysblok verreis.
Sy was in ekstase omdat die voltooide kunswerk so pragtig was. Sy het net daar haar arms om haar man geslaan – op vlerke van die ysswaan het haar gees na die ewigheid gevlieg.
Daar was net twee inskrywings vir spesiale persoon. Hopelik gaan daar nog n paar by kom.
Baie dankie aan Kameel en Toorts wat so getrou deelneem. Ek sal iets spesiaals vir julle moet reël!
Kameel het besonderse twee persone in haar lewe gehad….
https://toortsie.wordpress.com/2016/02/29/skoonpa-en-die-dokter/
Toorts het net een uitsonderlike persoon wat alles weet en reël.
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/03/toortsie-se-toeke-tokkel-oor-besonderse-mense/
Ons volgende gaan wees
10. OEFENING
Lekker skryf. Afrikaans is n mooi taal, laat ons hom hoog hou deur dit te gebruik.