Ek het gedink dat ek geen verbeelding het nie. Gelukkig het ek myself verkeerd bewys.
Die rekenaar is ‘n baie goeie ontvlugting van die werklikheid. Verlede jaar het ek begin om “Flits Fiksie” te skryf. Vir die uitdaging bied hulle ‘n foto aan en dan moet jy ‘n eie storie daaroor vertel. Dit gee my die geleentheid om my verbeelding te gebruik omdat dit denkbeeldig is.
Die idee is om vinnig en kort stukkies van 150-250 woorde te skryf.
Die volgende is een van die kort stukkies. Kan jy die prentjie in jou gedagte sien?
Delikaat in vlug
Oë gevul met hartseer, staar hy na sy leë wiskie glas. Trane rol oor sy verweerde wange. Hy voel so ellendig. Alles was so gelukkig en goed die afgelope dertien jaar. Hy staar na die twee smeltende ysblokkies in sy glas. Die somer hitte skroei alles weg.
In sy gedagtes sien hy steeds sy pragtige vrou. Sy was sy alles, tot twee jaar gelede. Sy het net begin om weg te kwyn. Haar siekte het haar broos en tingerig gelaat. Die laaste ding wat sy van hom gevra was om haar na die ys beeldhouwerk uitstalling te neem. Daardie dag was haar gelukkigste dag. Een van die kunstenaars het gevra of hy ‘n ys standbeeld van haar kan maak, soos hy haar sien. Die delikaatste swaan wat begin om weg te vlieg het uit die ysblok verreis.
Sy was in ekstase omdat die voltooide kunswerk so pragtig was. Sy het net daar haar arms om haar man geslaan – op vlerke van die ysswaan het haar gees na die ewigheid gevlieg.
Daar was net twee inskrywings vir spesiale persoon. Hopelik gaan daar nog n paar by kom.
Baie dankie aan Kameel en Toorts wat so getrou deelneem. Ek sal iets spesiaals vir julle moet reël!
Kameel het besonderse twee persone in haar lewe gehad….
https://toortsie.wordpress.com/2016/02/29/skoonpa-en-die-dokter/
Toorts het net een uitsonderlike persoon wat alles weet en reël.
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/03/toortsie-se-toeke-tokkel-oor-besonderse-mense/
Ons volgende gaan wees
10. OEFENING
Lekker skryf. Afrikaans is n mooi taal, laat ons hom hoog hou deur dit te gebruik.
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/07/verbeeldingsvlugte/
LikeLike
Dankie man. Dit was darem maar storie om so te luister na al die verbeeldingsvlugte van die kind.
LikeLike
pragtig geskryf Ineke!!
LikeLike
Baie dankie vir jou mooi woorde, waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
Mooi! Ek het ‘n wonderlike verbeelding maar dis nie in woorde nie
LikeLike
Het jy al probeer om dit neer teskryf? Jy sal nogal verbaas wees hoe lekker dit is om die verbeeldig in woorde oor te sit of te vertel.
LikeLiked by 1 person
Nee dankie Dis regtig nie my belangstelling nie. Ek het ‘n storietjie geskryf vir een van die handboeke wat ek geskryf het en hulle het dit nie eers gebruik nie.
LikeLike
Ai toggie juffrou, hoe het ek dit met jou. Jy het die verbeelding, pen dit vas jong, ha ha!
LikeLike
Nee waty as mens aftree moet mens mos niks meer doen nie … dis te lekker
LikeLike
Ha ha, wens party dae dat dit so maklik is om niks te doen nie.
LikeLiked by 1 person
Sjoe,pragtig geskryf!
LikeLike
Baie dankie. Bly jy het dit geniet. Ek vertaal my engelse skrywe in Afrikaans! Dis nogal vreemd want sekere dele vertaal die ou rekenaar ook maar deurmekaar en agterstevoor ook! Die basiese is darem daar.
LikeLiked by 1 person
Mooi geskryf scrapy, maar my verbeelding laat veel te wense oor.
Ek en Toorts kom ons iets spesiaals haal!!!
LikeLike
Ha ha, julle sal n plan moet maak om hier in die poskaart te kom inklim. Ek is bly jy het my storietjie geniet. Jy gebruik dan nou jou verbeelding om by my te kom kuier!
LikeLiked by 1 person
Kameel! Dit lyk my ons sal moet gaan kuier in New Zeeland!
LikeLike
Ja jong, jul sal moet plan maak. Hier is genoeg plek om te bly en baie om te sien ook.
LikeLike
Ek sien uit na daardie spesiale iets spesiaal vir ons! 🙂
Sê hierdie stukkie: Gee my verbeelding vrye teuels? Nes jy glo ek ook nog altyd ek kan nie!
Ja, ek kon jou prentjie presies in my kop sien. Mooi geskryf.
LikeLike
Lekker man ek sal bietjie plan maak sodra die vakansie begin(einde April eers!)
Jy kanbeslis vrye teuels gee aan jou eie of enige verbeelding! Dis so sleg vir mens se gestel om te sê ek kannie! Sodra mens n kans vat en net eers probeer is dit meestal n ander storie.
Ek is bly my prentjie is duidelik. Dit voel soms of ek nie die regte woorde het om my uit te druk nie(veral natuurlik in Engels! My skryf “tutor” sê gereeld ek moet ophou om myself te “down talk”)
LikeLiked by 1 person
Onsself is baie keer ons grootste vyand.
LikeLike
Veral as jy n perfeksionis in murg en been wil wees.
LikeLike
Ek dink elke mens is op een of ander manier perfeksionisties. Ek mag dalk deurmekaar voorkom, maar in sekere goed wat ek doen laat ek nie een foutjie toe nie.
LikeLike
Dis nogal waar of eintlik menslik. Mens wil tog maar die beste lewer al is dit ook hoe moeilik met tye.
LikeLiked by 1 person