Almal wat Afrikaans skryf word weekliks uitgenooi om n stukkie te skryf oor die onderwerp wat elke Donderdag verskaf word. Besoek die volgende skakel vir meer riglyne.
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/
OEFENING
Sonder oefening kan mens nie sommer dinge perfek doen nie. Alles het oefening nodig om te ontwikkel.
Die naskool- en voorskoolsorg bewys dat oefening baie belangrik is in die lewe.
Hier het van die begin van die week n 5-jarige dogtertjie soggens by ons aangesluit. Daar is steeds die beginnertjie wat al vandat skool begin het soggens by my wag.
Daar is vier trappies wat op en af geklim moet word om in klas te kom. Daar is n reëling aan beide kante. Die opklim is nie n probleem nie. Dis die afklim wat vir die tweetjies n kopseer is. Die eenetjie gaan sit plat en wil so, sit, sit so afklim. Die ander een moet my hand vashou en die anderhand gebruik om reëling vas te hou. Die een wat sittende dit wou doen was bang om af te klim. Ek het op die einde n kindjie aan elke hand gehad en hul af gehelp. Die probleem is egter ek moet self ook aan reëling vashou anders kan my rug nie my bene hou nie. Hou nou gemaak?
Ek sal maar ekstra moet oefen om my balans te hou en ook die tweetjies se hande vas te hou. Gelukkig gaan die twee vinnig leer om self af te klim. So, met oefening van hulle kant gaan hul ook op hul eie kan afklim.
Die groter kinders oefen elke dag om n formasie te bou. Drie op hande en knieë langs mekaar. Twee bo-op hulle en een bo-op die twee. Dit sukkel en kos oefening om dit reg te kry.
Daar is gedurig iets wat oefening verg, is dit nie waar nie?
Lekker skryf.
Dankie aan die volgende persone wat geskryf het oor verbeelding:
Kameel het iemand wat Elvis as familie gehad het..
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/07/verbeeldingsvlugte/
ekmyself was die beste aktrise bo-op die drinkwater tenk.
https://ekmyselff.wordpress.com/2016/03/07/verbeeldings-wereld/
Toorts het Ursula wat haar baie plesier verskaf(nie altyd nie!)
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/08/toortsie-se-toeka-tokkel-ursula-op-n-misie/
ook gaan Toorts verder met kreatiewe verbeelding wat baie belangrik is.
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/08/toortsie-se-toeka-tokkel-ursula-op-n-misie/
Tulana bring n paar ekstra gedagtes om aan te lees
https://thulana.wordpress.com/2016/03/09/n-nes-of-holte/
DIE VOLGENDE PERSONE HET OOK NOG DIE VOLGENDE GESKRYF OOR VORIGE ONDEWERPE. Baie dankie julle ook.
Olga het n besonder spesiale mens in oom Ridder
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/03/08/toeka-tokkel-8-spesiale-mense/
Tulana het tuisdorpe en beste een is Pretoria
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/03/08/toeka-tokkel-8-spesiale-mense/
Volgende week gaan ek weer huis en honde vir die week oppas. Ongelukkig het ek nie toegang tot internet en sal nie volgende week n nuwe onderwerp opsit nie.
Volgende week gaan
VUURWERK wees.
Ek sal dit die volgende week opsit so werk maar daaraan as dit is.
Mooi week vir almal en lekker skryf.
My taak is in 🙂
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/14/laat-ons-hardloop/
LikeLike
Baie dankie. Ek kan eers na die naweek my nuwe pos opsit so dit sal bietjie laat wees.
LikeLike
I am good in balancing, Trompie, but Granny still needs practice 😀 Take care of your mommie, will you :)Pawkisses for a Happy Week 🙂 ❤
LikeLike
I will! She has ideas of her own you know! She just has to keep her eyes open where she goes! High paws and licks. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek moet ook aan die reeling vashou by trappe, het ‘n slegte knie en die wil soms nie saamspeel nie!
LikeLike
Op die onmootlikste tye wil mens se ledemate nie op jou brein reageer nie!
LikeLiked by 1 person
Is net so!
LikeLiked by 1 person
Daar is niks wat jou so aan die beweeg hou soos klein kinders nie. Sterkte met die rug en bene. Het jy ook ‘n balansprobleem?
LikeLike
Hul hou my beslis op my voete(tone). My balans is nog goed maar dis of ek met tye n “sleep”voet het en dan wil ek val maar gelukkig hou ek my balans(“touch wood” dit gebeur nie te veel nie)
LikeLiked by 1 person
My man speel gedurig met woorde. Hy sou nou vir jou gesê het jy doen dus jou werk met sleepvoete. Niemand kan hom ernstig opneem nie, jy sal jou gedurig vir hom wip. 😆
LikeLike
Ha ha, goeie beskrywing.
LikeLiked by 1 person
Hehehehehe … mens moet maat kop en balans hou met sulke kinders. Sterkte
Hoe ver is die oppas huis van die skool?
Sterkte Veilig bly
LikeLike
Huis is bietjie verder as waar ek bly. Moet steeds 6 uur opstaan om 7 uur te kan ry. My bene en kop kan nie dit hou nie. My balans is nogal n probleem en my swak rug wat my bene sommer laat knak! Aanhou en uithou is al manier.
LikeLiked by 1 person
Jy moet jouself oppas. Jy sal dit nie vir altyd kan doen nie
LikeLike
Ek doen my bes! Hoop ek kan dit darem vir n jaar doen.
LikeLiked by 1 person
Daar is darem bietjie vakansie ook tussen in. Julle het ook aan die einde van Maart vakansie
LikeLike
Helfte April eers. Ons het ook n ekstra dag aan Paasnaweek die Dinsdag
LikeLiked by 1 person
Dis darem beter as niks. Sterkte Hou de moed daar maar in sou Mamma gesê het!
LikeLike
Moedhou, aanhou en uithou! Sal daar uitkom. Net baie dankbaar vir die werk en ook die honde oppas. Alles deel om vooruit te gaan! Moet dringend n kar kry. Myne is darem nou rerig gedaan! Alles alles werk darem nog.
LikeLiked by 1 person
Ai Ek weet nie wat om te sê nie Die wisselkoers is so treurig dat ek ook nie regtig kan help nie … as hulle ons nog afgradeer na rommelstatus gaan dit nog erger wees. Pas jouself op!
LikeLiked by 1 person
Jy moet nie bekommer nie. Ek sal n plan kan maak helfte van jaar! My posisie hier is beslis beter as daar. Ek hou van woord rommelstatus! Wat behels dit?
LikeLiked by 1 person
Dit gaan beleggers afskrik om geld te belê want hulle weet nie of hulle ‘n wins kan maak nie. Ek bekommer maar oor jou
LikeLike
Selfde hier ook ek is maar bekommerd oor waar alles gaan eindig daar ook.
LikeLiked by 1 person
Ons hou de moed daar maar in!
LikeLike
Beslis, al wat mens kan doen. Dag vir dag is die beste.
LikeLiked by 1 person
I can’t comment much but I am sure it is great!!
LikeLike
It is about practice or exercise which is very important in everyday life.
LikeLiked by 1 person
Absolutely. Move it or lose it!
LikeLike
That’s exactly how it is!
LikeLiked by 1 person