Baie laat maar hier kom hy tog uiteindelik.
Almal is welkom om deel te neem. Skryf Afrikaans en geniet dit.
Vir meer inligting loer asb in by my welkom bladsy.
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/01/07/toeka-tokkel-2016-welkom/
VUURWERK
Ter inleiding:
My rekenaar is so stadig. Ek wil sommer vuurwerke onder hom sit om hom n bietjie lewe te gee. Selfde met my TV hy maak sommer sy eie vuurwerk kleur strepe sodat ek niks kan sien nie.
Die lewe self het ook sy menigte vuurwerke. Wat as jy n afspraak het en die persoon wat jou moet vergesel is gladnie geinteresseerd om klaar te maak nie. Mens kan sommer vuur onder hul maak. Die vonke kan lekker spat deur middel van woordewisseling ook.
Die week wat ek weg was, het ek weer my vriendin se honde en katte opgepas.
Vuurwerke het met tye gespat tussen die nuwe klein katjie en Trompie. Trompie is nogal heel versigtig as dit by katte kom. Alles het goed gegaan as net hy en Sally saam is. Laat Coco net op die toneel kom dan spat die vuurwerke. Sally blaas, spoeg, krap en hol na veiligheid. Drie honde teen n kleine kat is net te veel. Coco is egter die geweldadige een. Sy wil net gryp en byt.
Ek moes gedurig op uitkyk bly vir moeilikheid.
Links kyk Trompie hoe Munro eet. Regs is klein Sally en Trompie wat vir haar kyk.
Ek hoop jy het n lekker vuurwerk-storie om te vertel.
Volgende storie is:
no 12: MY SLAAPKAMER
Baie dankie aan die volgende persone wat oor oefening geskryf het
Kameel oefen gedurig saam met Christus
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/14/laat-ons-hardloop/
Toorts gebruik stap as oefening
https://toortsie.wordpress.com/2016/03/16/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-oefening/
Thulana het veral as kind hard moes oefen om toetse te slaag
https://thulana.wordpress.com/2016/03/16/oefening/
Ook skryf Thulana die volgende oor verbeelding
https://thulana.wordpress.com/2016/03/15/hulle-eet-muskiete/
Olga se bydrae oor verbeelding
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/03/14/toeka-tokkel-9-verbeelding/
Klink vir my jy het jou hande vol gehad met die diere! 😀
LikeLike
Was nogal n storie, dit het darem als goed afgeloop op einde.
LikeLiked by 1 person
Ek het hierdie vuurwerk skrywe van jou gemis. Geweet jy pas huis op en gedog ons skiep ‘n week. Ek sal ook jou vriendin se huis gaan oppas…. dit lyk so mooi daar. Geseënde paasfees vir jou.
LikeLike
Jy kan steeds vuurwerke doen as jy so voel. Ja die huis en omgewing is rerig pragtig. Hoop jou Paasfees is ook geseënd daar in SA
LikeLiked by 1 person
Dis interressant hoe diere mooi kan saamleef tot een bykom wat miskien jaloers is en dan spat die vonke, jy’s reg! Dis oulik hoe Trompie vir die katte sit en kyk, ons Tessa maak ook so.
LikeLike
Trompie is regtig n geduldige hond. Hy is volger , Coco is die jaloerse en onseker een dis hoekom sy so mislik is teenoor die katte en selfs Trompie ook.
LikeLiked by 1 person
Mooi foto’s
LikeLike
Dankie, ek het mooies van Sally kon neem. Sy was maar heel skrikkerig vir die kamera.
LikeLiked by 1 person
Ja en in ‘n week het mens darem meer tyd ook
LikeLike
Tyd? Nie juis nie. Die paar uur in oggend het ek genoeg om te doen sonder om the blog of fotos te neem.
LikeLiked by 1 person