Toeka-Tokkel no 13: Hele April”Blogging from A -Z”


Welkom by Toeka-Tokkel no 13.

April word  gebruik om vir ses en twintig dae te blog. Die 26 letters van die alfabet word vanaf 1 April gebruik om elke dag n stukkie te blog.

1 April is A (Vrydag)

2 April B (Saterdag)

Sondag 3 April af

4 April C       5 April D    6 April  E     7 April  F  8 April G   9 April   H

10 April Sondag   rus/af

11 April  I   12 April  J    13 April  K    14 April  L   15 April  M   16 April  N

17 April   Sondag  rus/af

18 April  O    19 April  P   20 April  Q   21 April  R   22 April  S   23 April  T

24 April   Sondag  rus/af

25  April   U   26 April  V   27 April  W   28 April  X    29 April  Y    30 April  Z

Ek nooi almal uit om saam te speel. Al slaan jy letters oor gaan nie saak maak nie, solank jy dit geniet.

Toorts het bv al begin en ek gaan haar dele byvoeg soos wat ons vorder.

Ek gaan elke letter eers in Engels doen en dan onder dit n Afrikaanse voorstelling byvoeg.

Baie dankie aan die volgende interessante tokkel-werk oor slaapkamer en ook nog oefening en vuurwerk.

Eers “My slaapkamer”

Kameel se pragtige slaapkamer

https://toortsie.wordpress.com/2016/03/28/slaaptydstories-2/

Toorts se slaapkamer kom nog… Toorts het opgedaag met koshuiskamer.

https://toortsie.wordpress.com/2016/04/01/toortsie-se-toeka-tokkel-oor-slaapkamers/

ekmyselff het ook n bydrae oor haar heerlike slaapkamer van haar ouers.

Slaapkamer

Dan het Olga ingehaal

Oefening wat afgewater het na n bietjie stap so nou en dan…

Toeka tokkek 10

Vuurwerk wat beslis verwoesting saai

Toeka tokkel 11

Thulana skryf oor bedkassies in die slaapkamer

Wat is op jou kassie?

Tot weer siens in Mei wanneer Toeka-Tokkel verder elke Donderdag voortgaan.


26 responses to “Toeka-Tokkel no 13: Hele April”Blogging from A -Z””

  1. nowathome Avatar

    Geniet die uitdaging!!

    Like

  2. Toortsie Avatar

    Dankie vir die bysit. Ek trek nou by G. 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hoe opwindend. Dis lekker om te weet ek kan jou goedjies opsit.

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Klaar met G. Nou is dit H

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Tien uit tien vir jou harde werk. Het jy dit geskeduleer dat dit outomaties verskyn?(Het nog nie uitgewerk hoe mens dit doen nie!)

          Like

          1. Toortsie Avatar

            O dis so maklik. Ek skryf omtrent al my stories so. Die ding is, ek kry ‘n skryflus en skryf dan maklik 3 of 4 goed gelyk. Dan gaan daar dae om wat ek aan niks kan dink nie.
            Wanneer jy besig is in ‘edit post’, kyk onderaan. Onder die hofie ‘publiseer’. Dan staan daar ‘publiseer dadelik’ of so iets. Dan kies jy die ‘wysig’ langs dit. Ek dink joune sal in Engels wees. Daar tik jy die datum en tyd. Dit gee my soms tyd om nog weer te gaan verander aan iets, sommige posts skryf ek nou maar besef ek kan dit nie nou publiseer nie om persoonlike redes, dan skeduleer ek dit vir September of selfs Desember. Ek publiseer wanneer ek voel dis die regte tyd. 🙂 Veral as dit om hartsake gaan.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Sal dit bietjie doen met die A-Z skrywe. Ek doen my goed in google doks en copy en paste dit elke keer as ek dit wil opsit. Die skeduleer ding sal help om my vooruit te kan werk gedurende die naweek. Dankie vir inligting

              Liked by 1 person

              1. Toortsie Avatar

                Dit werk beslis vir my. 🙂 soms maak ‘n mens groot foute, jy dink jy skeduleer dan publiseer jy, maar dis nie die ergste nie.

                Liked by 1 person

      2. Toortsie Avatar

        Op ‘n stadium, sodra jy my verby gesteek het, kan ek weer jou goedjies tag!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja dit klink na besigheid! Lyk egter of jy goed aan die gang is.

          Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel Avatar

    Ek het besluit om ook in te skryf en gaan jou idee gebruik van tweetalige blogs.Nou gaan ek sommer ook probeer om terselfdertyd minder woorde te gebruik, want deesdae trek ek weer die sluise oop as ek praat.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man. Ek gebruik hoofsaaklik fotos sodat ek nie baie hoef te sê nie.
      Mag ek maar jou bydrae ook op my blog sit soos wat ek gaan?

      Like

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ja natuurlik, jy’s welkom 😀

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek kry nie jou A : Antjie Somers nie. Bly sê dit bestaan nie.

          Like

          1. HesterLeyNel Avatar

            Ek sal later vir jou die skakel stuur. Ek het per ongeluk gepubliseer voordat dit klaar geskryf was.

            Like

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Sterkte Ek sal kom lees

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, jy’s altyd welkom.

      Liked by 1 person

  5. Pixie Avatar

    Dis nogal ‘n oulike challenge!! Ek het aan die begin elke dag geblog – en as ek dit nie gedoen het nie, het ek amper angstig geraak, want dit sou beteken ek faal!! Maar miskien sal ek tog probeer. ‘n Blog hoef mos nou nie ‘n 1000 woord opstel te wees nie….

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is ook so dat ek voel ek bereik nie my eie doel nie. Hierdie gee mens egter n letter om te gebruik en mens kan dit so kort of lank maak soos mens wil. Dis hoekom ek eerder n foto gebruik met min woorde!

      Like

  6. Toortsie Avatar

    Hierdie is OMTRENT ‘n uitdaging!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek sê mos. Sal maar sien hoe vêr ek kom. Mens is nog veronderstel om dit op te sit op die blog sodat ander ook dit kan sien en volg en kommentaar lewer. Nie dat ek rerig tyd het om al die ouens te besoek nie. Op oomblik is hul/ons 17007 wat gaan deelneem!

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        My heel eerste so ‘n tipe uitdaging wat ek aan myself gestel het was 40 dae van positiwiteit. Dit was seker in een van die besigste tye in my lewe. Ek het vooruit geskryf en geskeduleer en elke dag net kom loer of dit daar is.
        Daarna het ek besef: Ek HOEF dit nie binne die bepaalde tyd te doen nie. My 100 goedvoeldae het oor baie langer gestrek en nou ook hierdie A=Z van Blogging. Dis vir my makliker as ek dit maar doen op my eie spoedjie. 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek verstaan duidelik wat jy sê. Mens moet dit geniet en stelselmatig werk aan die opdragte. Ek jaag jou nie aan nie. Dis steeds volgens jou eie speod en keuse. As daar letters is wat nie werklik woorde het nie slaan dit sommer oor. Ek wil eintlik met die A-Z my fotos gebruik om te wys by letters. Min as moontlik skryf en meer net wys!

          Like

          1. Toortsie Avatar

            Ek weet jy jaag my nie aan nie. 🙂 Ek sê dit eintlik sommer om die druk van jou ook af te haal. 🙂 Sterkte.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Sjoe dankie jong! Ek kan myself so opwen oor kleinigheidjies dat ek rerig maar net moet kalm bly. Dis vrywillige werk. Ek sien egter nogal uit daarna. Nou moet ek gaan slaap anders staan ek nie betyds op vir werk nie. Van Sondag skuif ons weer n uur terug. “Day light safing” is dan weer verby tot na winter.

              Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.