Blogging from A-Z: Letter S


SUNFLOWER/SONNEBLOM

 

 

 

 

 

Nog ’n somerson kersfees
Want die koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde
En sal die posduif vra
Sal hy gaan draai in die suide
By die berg en die see
En daar waar my liefde
Kaalvoet loop
Die nota vir jou gee

Refrein:
Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Nog ’n somerson kersfees
Want die koningskind verjaar
Die suiderkruis my kompas
En ‘n eng’le koor ry saam
En my hart gesels langsaam
Oor die liefde, en ek weet
Die herberg lê om die draai
Jy wag vir my by die see

Refrein x 2

Woorde en Musiek: Lize Beekman
Uitgewer: Sarral

http://www.laurikarauch.com/?song=n-sonneblom-uit-bethlehem

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

12 thoughts on “Blogging from A-Z: Letter S”

  1. Dis mooi foto’s. Ek is net so lief vir vrolike sonneblomme, en ook die liedjie wat Laurika Rauch sing. Een van die kere wat ek ‘n konsert van haar bygewoon het was by die opelug amfiteater buite Stellenbosch – dit was onvergeetlik.

    Like

  2. Dis vir my jou heel, heel mooiste alfabet-inskrywing! Het al die liedjie gehoor, maar nooit geweet wie die komponis is en wat die liedjie se naam is nie. Watter aangename ontdekking – baie dankie.

    Like

  3. Pragtig – die woorde en die fotos. Ek het vir die eerste keer so ‘n land sonneblomme gesien toe ek daar in Hennenman se wêreld rondgery het. Dit was so mooi. Geel. Dis nog een van my kleure, maar dit moet sommer so ‘n uitspattige geel wees, soos ‘n sonneblom.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s