SUNFLOWER/SONNEBLOM

 

 

 

 

 

Nog ’n somerson kersfees
Want die koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde
En sal die posduif vra
Sal hy gaan draai in die suide
By die berg en die see
En daar waar my liefde
Kaalvoet loop
Die nota vir jou gee

Refrein:
Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Nog ’n somerson kersfees
Want die koningskind verjaar
Die suiderkruis my kompas
En ‘n eng’le koor ry saam
En my hart gesels langsaam
Oor die liefde, en ek weet
Die herberg lê om die draai
Jy wag vir my by die see

Refrein x 2

Woorde en Musiek: Lize Beekman
Uitgewer: Sarral

Tuis


12 responses to “Blogging from A-Z: Letter S”

  1. angelswhisper2011 Avatar

    Lovely song and the sunflowers look so beautiful… and Sunny 😀 Pawkiss 🙂 ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sunny indeed. The weather is changing quickly from cool to frosty cold in the mornings here. Winter is starting to show its face now. Enjoy your warmer weather. 🙂

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Besonderse liedjie – mooi foto’s

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis beslis. Die liedjie het bly opkom toe ek aan sonneblom vir S gedink het.

      Liked by 1 person

  3. Christina B Avatar

    Dis mooi foto’s. Ek is net so lief vir vrolike sonneblomme, en ook die liedjie wat Laurika Rauch sing. Een van die kere wat ek ‘n konsert van haar bygewoon het was by die opelug amfiteater buite Stellenbosch – dit was onvergeetlik.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is ook mal oor Laurika. Het haar saam met Lukas Maree gesien wat self ook n belewenis was.

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie Avatar

    Dis vir my jou heel, heel mooiste alfabet-inskrywing! Het al die liedjie gehoor, maar nooit geweet wie die komponis is en wat die liedjie se naam is nie. Watter aangename ontdekking – baie dankie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie vir jou mooi woorde. Toe gaan sit om S te doen het ek geweet ek wil sonneblom gebruik. Ek onthou toe van Sonneblom uit Betlehem. Toe ek die liedjie speel het ek sommer heel nostalgies gevoel. Die woorde is so mooi.

      Liked by 1 person

  5. kimberleycooperblog Avatar

    Sunflowers always mean summer for me. My little niece, who’s nearly seven, has just planted hers for this year, and she’ll be caring for it religiously until it blooms.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sunflowers are happy flowers. In South Africa were fields on fields with sunflowers. Undescribable beautiful. Good on your niece!

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Pragtig – die woorde en die fotos. Ek het vir die eerste keer so ‘n land sonneblomme gesien toe ek daar in Hennenman se wêreld rondgery het. Dit was so mooi. Geel. Dis nog een van my kleure, maar dit moet sommer so ‘n uitspattige geel wees, soos ‘n sonneblom.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daardie plate en lande op lande sonneblomme is onbeskryflik mooi. Daar was altyd myle en myle se lande vol tussen Potgietersrus en Pretoria.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.