Na n hele maand van geen Toeka-Tokkel hoop ek almal is weer reg vir die weeklikse skrywery. Ek het 26 poste gepos gedurende April. Die uitdaging was “Blogging from A-Z” Elke dag behalwe Sondae moes mens die letters gebruik om iets te vertel. Daar was n paar vriende wat lekker saam gespeel het.
Nou terug by TOEKA-TOKKEL
Almal is welkom.
Almal wat Afrikaans is word genooi om deel te neem aan die skrywery.
Belangrikste van alles is -GENIET DIT en skryf AFRIKAANS
Die hoe, wat, waar van TOEKA-TOKKEL:
*Elke Donderdag gee ek n woord of beeld wat jy, die skrywer, gebruik om jou gedagtes los te maak. Vertel waaraan jy dink as jy die ‘prompt’ sien.
*Jy mag skryf en ook fotos gebruik om die opdrag besonders te maak.
*Noem asb Toeka-Tokkel en gee n skakel na my blog. Ander kan dan ook lees en dalk deelneem.
*Plak jou skakel na jou geskryfde bladsy in my kommentaar. Ander lesers stel ook belang om te lees wat jy sê. (as jy verdere aanwysings nodig het, hoe om dit te doen, vra net en ek sal help en verduidelik.)
*Voordat ek Donderdae n nuwe onderwerp gee maak ek n opsomming van al die ouens wat oor die vorige aflewering geskryf het.
Neem asseblief deel en vertel jou eie ervarings of sommer enige interessante idees wat in jou gedagtes opkom.
Hier is die lysie van onderwerpe/temas vir Mei
- Byname/troetelname
- Legkaart/e
- Speletjies
- Mens in elke blom of n blom in elke mens
- Straf
Hierdie week is
BYNAME/TROETELNAME
Toorts het die tema ingelei met haar
https://toortsie.wordpress.com/2016/04/27/byname/
Gaan lees gerus wat sy vertel.
Ek het nooit regtig deelgeneem aan naamgee-ery nie. Ek het nie gehoor wat my bynaam was nie terwyl ek skoolgehou het nie.
My man het wel van troetelnaampies gehou. Die eerste keer wat hy my Pa ontmoet het, het hy my as Poplap aangespreek. My Pa het hom bloedig vererg vir hierdie man wat my so genoem het. Hy het my toekomstige man aangespreek en gesê ek het n naam, vir wat noem hy my so? My man het hom nie veel daaraan gesteur nie en as hy gevoelvol met my gepraat het het hy my Poplap genoem.
As ek werklik gevoelvol met my seun praat sal ek hom Boeta noem.
Ek hou daarvan om die honde-kinders as volg aan te spreek of te noem:
Trompie = Trompie-Pompie
Millie= Millie-Pillie, Coco= Cocie-Pokie, Mollie= Molla-Polla en Luigie= Luigi-Poegie.
Dit dan ons veertiende Toeka-Tokkel.
Olga het nog n stuk oor slaapkamers geskryf
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/05/02/toeka-tokkel-12-my-slaapkamer/
Vir verdere slapkamer bydraes besoek gerus my Toeka-Tokkel 13
https://scrapydo2.wordpress.com/category/toeka-tokkel/
Volgende keer doen ons : LEGKAART/E