Na n hele maand van geen Toeka-Tokkel hoop ek almal is weer reg vir die weeklikse skrywery. Ek het 26 poste gepos gedurende April. Die uitdaging was “Blogging from A-Z” Elke dag behalwe Sondae moes mens die letters gebruik om iets te vertel. Daar was n paar vriende wat lekker saam gespeel het.
Nou terug by TOEKA-TOKKEL
Almal is welkom.
Almal wat Afrikaans is word genooi om deel te neem aan die skrywery.
Belangrikste van alles is -GENIET DIT en skryf AFRIKAANS
Die hoe, wat, waar van TOEKA-TOKKEL:
*Elke Donderdag gee ek n woord of beeld wat jy, die skrywer, gebruik om jou gedagtes los te maak. Vertel waaraan jy dink as jy die ‘prompt’ sien.
*Jy mag skryf en ook fotos gebruik om die opdrag besonders te maak.
*Noem asb Toeka-Tokkel en gee n skakel na my blog. Ander kan dan ook lees en dalk deelneem.
*Plak jou skakel na jou geskryfde bladsy in my kommentaar. Ander lesers stel ook belang om te lees wat jy sê. (as jy verdere aanwysings nodig het, hoe om dit te doen, vra net en ek sal help en verduidelik.)
*Voordat ek Donderdae n nuwe onderwerp gee maak ek n opsomming van al die ouens wat oor die vorige aflewering geskryf het.
Neem asseblief deel en vertel jou eie ervarings of sommer enige interessante idees wat in jou gedagtes opkom.
Hier is die lysie van onderwerpe/temas vir Mei
- Byname/troetelname
- Legkaart/e
- Speletjies
- Mens in elke blom of n blom in elke mens
- Straf
Hierdie week is
BYNAME/TROETELNAME
Toorts het die tema ingelei met haar
https://toortsie.wordpress.com/2016/04/27/byname/
Gaan lees gerus wat sy vertel.
Ek het nooit regtig deelgeneem aan naamgee-ery nie. Ek het nie gehoor wat my bynaam was nie terwyl ek skoolgehou het nie.
My man het wel van troetelnaampies gehou. Die eerste keer wat hy my Pa ontmoet het, het hy my as Poplap aangespreek. My Pa het hom bloedig vererg vir hierdie man wat my so genoem het. Hy het my toekomstige man aangespreek en gesê ek het n naam, vir wat noem hy my so? My man het hom nie veel daaraan gesteur nie en as hy gevoelvol met my gepraat het het hy my Poplap genoem.
As ek werklik gevoelvol met my seun praat sal ek hom Boeta noem.
Ek hou daarvan om die honde-kinders as volg aan te spreek of te noem:
Trompie = Trompie-Pompie
Millie= Millie-Pillie, Coco= Cocie-Pokie, Mollie= Molla-Polla en Luigie= Luigi-Poegie.
Dit dan ons veertiende Toeka-Tokkel.
Olga het nog n stuk oor slaapkamers geskryf
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/05/02/toeka-tokkel-12-my-slaapkamer/
Vir verdere slapkamer bydraes besoek gerus my Toeka-Tokkel 13
https://scrapydo2.wordpress.com/category/toeka-tokkel/
Volgende keer doen ons : LEGKAART/E
Ek dink altyd name vir my kinders uit,sommer elke dag iets anders…gewoonlik dierename soos jakkalsie,dassie,beertjie,mofskapie ens.
LikeLike
Dis lekker om so n troetelnaampie te sê
LikeLiked by 1 person
*fluister* Foutjie – speletjies
Lekker – sal elke Donderdag kom lees
LikeLike
Die twee ees het my gepla maar toe dog ek nee wat lyk maar reg so. Sal hom bietjie regmaak.
bly jy sal Donderdae kom lees!
LikeLiked by 1 person
Ek lees alles van jou
LikeLike
Mooi man en dankie hoor!
LikeLiked by 1 person
Poplap klink baie liefdevol. My man noem my Battle-axe, maar net as hy seker is ek is in ‘n goeie bui. Ek sien in jou Goodreads blok dat jy ook Girl on the train gelees het – ek het dit vreeslik geniet. Ek hou van sommige van Wilbur Smith se boeke, maar die Courtney-reeks is nie my koppie tee nie. Karretjiemense was goed (die eerste Afrikaanse boek wat ek in ‘n lang tyd gelees het). Oeps, dis Toeka-Tokkel hierdie, nie die boekwinkel nie, maar ek kan enige plek oor boeke gesels.
LikeLike
Ja dit was meestal liefdevol gebruik! Girl on the train was eers nogal vreemd maar hoe verder mens lees hoe meer wil mens te wete kom. Wilbur Smith se Courtney boeke was vir my nogal die moeite werd om te lees omdat ek van daardie tydperk en lewensstyl hou.Die lateres het ek op einde nie gelees nie. Karretjiemense was vir my baie gevoelvol. Het nou Anne Holt se 1222 klaar gelees. Was nogal iets anders. Ek sal seker nog van haar boeke lees. 🙂 Dis Afrikaans wat jy skryf en dis die doel met Toeka-Tokkel 😀
LikeLike
Het jy Wilbur se “Egiptiese” sages gelees – River God, The Seventh Scroll, Quest? Dit het ook later ietwat diep in die misterieuse toorkunste inbeweeg, maar was nogtans groot pret. Hy is ‘n uitstekende skrywer.
LikeLike
Nee ek het nie, dis juis hulle wat my nie getrek het nie. Ek is stadige leser en as die boek so vol inligting en dik is verloor ek nogal belangstelling. Toe ek in bib gewerk het, het die een dame eers boeke gelees en dan het sy my vinning bietjie vertel sodoende kon ek kies wat om te lees en wat nie. Ek het ook meer jeugboeke gelees omdat dit my afdeling was.
LikeLiked by 1 person
A, jy lees soos my dogter – sy kyk eers hoe eindig die boek en dan lees sy so elke tweede of derde bladsy. Ek hou van ‘n dik boek, want ek haat dit wanneer ‘n goeie storie eindig.
LikeLike
Nee,nee, ek sal die laaste bladsy lees maar as ek n boek lees, lees ek alles. Slaan niks oor nie en ek sal nie n boek halfpad lees en dan los nie. Lees sal ek hom klaar lees.
LikeLiked by 1 person
Nee heng, daar is darem party boeke … moet dit nou nie oorvertel nie, maar ek het nooit Moby Dick klaar gelees nie en ook nie Treasure Island nie. Die walvisse en die skatte sal my vir ewig ontduik.
LikeLike
Ha ha! Dis nou n grap. Moby Dick nooit eers probeer nie!
LikeLiked by 1 person
O dankie tog, ek dog dis net ek wat nie ‘n goeie “klassieke” smaak ontwikkel het nie (volgens wie se oordeel?).
LikeLike
Ek moes maar die goed lees toe ek Engels I en II gedoen het- nie juis in my lyn nie dis te klassiek na my smaak
LikeLike
Ek het Orwell en Steinbeck gehad. Heeltemal aanvaarbaar.
LikeLiked by 1 person
Trompie-Pompie, I like that 😀 Granny has a lot of bijnamen for me, one of my favorites is Wolle…because I am wollig als een klein schaap 😀 Pawkisses 🙂 ❤
LikeLike
Wollig klink knus! My Mum did not write the real name she calls me when I do something I can’t help because of my short tail, ha ha! Hope you have a lovely weekend. We had heavy rain yesterday but the weather people say the weekend is going to be fine. Licks and high paws.
LikeLiked by 1 person
Tog is Poplap besonders.:)
So ek is KLAAR met hierdie week se opdrag? 🙂
LikeLike
Ook die manier waarop hy dit gesê het. Dit was werklik gevoelvol. Ja jou flukse mens jy is eerste!
LikeLike