Na n hele maand van geen Toeka-Tokkel hoop ek almal is weer reg vir die weeklikse skrywery. Ek het 26 poste gepos gedurende April. Die uitdaging was “Blogging from A-Z” Elke dag behalwe Sondae moes mens die letters gebruik om iets te vertel. Daar was n paar vriende wat lekker saam gespeel het.

Nou terug by TOEKA-TOKKEL

Almal is welkom.
Almal wat Afrikaans is word genooi om deel te neem aan die skrywery.
Belangrikste van alles is -GENIET DIT en skryf AFRIKAANS
Die hoe, wat, waar van TOEKA-TOKKEL:
*Elke Donderdag gee ek n woord of beeld wat jy, die skrywer, gebruik om jou gedagtes los te maak. Vertel waaraan jy dink as jy die ‘prompt’ sien.
*Jy mag skryf en ook fotos gebruik om die opdrag besonders te maak.
*Noem asb Toeka-Tokkel en gee n skakel na my blog. Ander kan dan ook lees en dalk deelneem.
*Plak jou skakel na jou geskryfde bladsy in my kommentaar. Ander lesers stel ook belang om te lees wat jy sê. (as jy verdere aanwysings nodig het, hoe om dit te doen, vra net en ek sal help en verduidelik.)
*Voordat ek Donderdae n nuwe onderwerp gee maak ek n opsomming van al die ouens wat oor die vorige aflewering geskryf het.

Neem asseblief deel en vertel jou eie ervarings of sommer enige interessante idees wat in jou gedagtes opkom.

Hier is die lysie van onderwerpe/temas vir Mei

  1. Byname/troetelname
  2. Legkaart/e
  3. Speletjies
  4.  Mens in elke blom of n blom in elke mens
  5. Straf

Hierdie week is

BYNAME/TROETELNAME

Toorts het die tema ingelei met haar

https://toortsie.wordpress.com/2016/04/27/byname/

Gaan lees gerus wat sy vertel.

Ek het nooit regtig deelgeneem aan naamgee-ery nie. Ek het nie gehoor wat my bynaam was nie terwyl ek skoolgehou het nie.

My man het wel van troetelnaampies gehou. Die eerste keer wat hy my Pa ontmoet het, het hy my as Poplap aangespreek. My Pa het hom bloedig vererg vir hierdie man wat my so genoem het. Hy het my toekomstige man aangespreek en gesê ek het n naam, vir wat noem hy my so? My man het hom nie veel daaraan gesteur nie en as hy gevoelvol met my gepraat het het hy my Poplap genoem.

As ek werklik gevoelvol met my seun praat sal ek hom Boeta noem.

Ek hou daarvan om die honde-kinders as volg aan te spreek of te noem:

Trompie = Trompie-Pompie

Millie= Millie-Pillie,   Coco= Cocie-Pokie, Mollie= Molla-Polla en Luigie= Luigi-Poegie.

Dit dan ons veertiende Toeka-Tokkel.

Olga het nog n stuk oor slaapkamers geskryf

Toeka tokkel 12, My slaapkamer

Vir verdere slapkamer bydraes besoek gerus my Toeka-Tokkel 13

https://scrapydo2.wordpress.com/category/toeka-tokkel/

Volgende keer doen ons : LEGKAART/E

 


37 responses to “Toeka-Tokkel no 14: Byname”

  1. Toeka-Tokkel no 24 : Winter/verkoue/ griep/gesondheid. – I scrap 2 Avatar

    […] veral nog in n toe warm kamer ook. Kliek op volgende skakel as jy wil weet hoe Toek-Tokkel werk: https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/ Die volgende persone het oor STAD/DORP gesels. Baie dankie vir jul getroue ondersteuning. Ek […]

    Like

  2. Byname | ekmyselff Avatar

    […] Scrapy se nuutste uitdaging gaan oor byname, […]

    Like

  3. perdebytjie Avatar

    Ek dink altyd name vir my kinders uit,sommer elke dag iets anders…gewoonlik dierename soos jakkalsie,dassie,beertjie,mofskapie ens.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis lekker om so n troetelnaampie te sê

      Liked by 1 person

  4. Whats in a name? toekatokkel 14. Byname | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scrapy se nuutste uitdaging gaan oor byname, troetelname. Ek oorweeg huidiglik nog om nommer 13 by te werk. Maar ek sal maar aangaan met no 14. Byname? Spotname! As kind kon ek gerus n hoender doodskop elke keer as my broer my ‘n spotnaam genoem het. Daarom is ek ook nie lief om spotname te gee nie. Ek was ‘n vreeslike lang maer kind. Het ek vir jou name gehad? Ek het mos al gese ek wou ‘n toeval gekry het elke keer as iemand my ‘n naam genoem het. […]

    Like

  5. rondomtaliedraai Avatar

    *fluister* Foutjie – speletjies
    Lekker – sal elke Donderdag kom lees

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die twee ees het my gepla maar toe dog ek nee wat lyk maar reg so. Sal hom bietjie regmaak.
      bly jy sal Donderdae kom lees!

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ek lees alles van jou

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Mooi man en dankie hoor!

          Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Poplap klink baie liefdevol. My man noem my Battle-axe, maar net as hy seker is ek is in ‘n goeie bui. Ek sien in jou Goodreads blok dat jy ook Girl on the train gelees het – ek het dit vreeslik geniet. Ek hou van sommige van Wilbur Smith se boeke, maar die Courtney-reeks is nie my koppie tee nie. Karretjiemense was goed (die eerste Afrikaanse boek wat ek in ‘n lang tyd gelees het). Oeps, dis Toeka-Tokkel hierdie, nie die boekwinkel nie, maar ek kan enige plek oor boeke gesels.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja dit was meestal liefdevol gebruik! Girl on the train was eers nogal vreemd maar hoe verder mens lees hoe meer wil mens te wete kom. Wilbur Smith se Courtney boeke was vir my nogal die moeite werd om te lees omdat ek van daardie tydperk en lewensstyl hou.Die lateres het ek op einde nie gelees nie. Karretjiemense was vir my baie gevoelvol. Het nou Anne Holt se 1222 klaar gelees. Was nogal iets anders. Ek sal seker nog van haar boeke lees. 🙂 Dis Afrikaans wat jy skryf en dis die doel met Toeka-Tokkel 😀

      Like

      1. HesterLeyNel Avatar

        Het jy Wilbur se “Egiptiese” sages gelees – River God, The Seventh Scroll, Quest? Dit het ook later ietwat diep in die misterieuse toorkunste inbeweeg, maar was nogtans groot pret. Hy is ‘n uitstekende skrywer.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Nee ek het nie, dis juis hulle wat my nie getrek het nie. Ek is stadige leser en as die boek so vol inligting en dik is verloor ek nogal belangstelling. Toe ek in bib gewerk het, het die een dame eers boeke gelees en dan het sy my vinning bietjie vertel sodoende kon ek kies wat om te lees en wat nie. Ek het ook meer jeugboeke gelees omdat dit my afdeling was.

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            A, jy lees soos my dogter – sy kyk eers hoe eindig die boek en dan lees sy so elke tweede of derde bladsy. Ek hou van ‘n dik boek, want ek haat dit wanneer ‘n goeie storie eindig.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Nee,nee, ek sal die laaste bladsy lees maar as ek n boek lees, lees ek alles. Slaan niks oor nie en ek sal nie n boek halfpad lees en dan los nie. Lees sal ek hom klaar lees.

              Liked by 1 person

              1. HesterLeyNel Avatar

                Nee heng, daar is darem party boeke … moet dit nou nie oorvertel nie, maar ek het nooit Moby Dick klaar gelees nie en ook nie Treasure Island nie. Die walvisse en die skatte sal my vir ewig ontduik.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ha ha! Dis nou n grap. Moby Dick nooit eers probeer nie!

                  Liked by 1 person

                  1. HesterLeyNel Avatar

                    O dankie tog, ek dog dis net ek wat nie ‘n goeie “klassieke” smaak ontwikkel het nie (volgens wie se oordeel?).

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Ek moes maar die goed lees toe ek Engels I en II gedoen het- nie juis in my lyn nie dis te klassiek na my smaak

                      Like

                    2. HesterLeyNel Avatar

                      Ek het Orwell en Steinbeck gehad. Heeltemal aanvaarbaar.

                      Liked by 1 person

  7. angelswhisper2011 Avatar

    Trompie-Pompie, I like that 😀 Granny has a lot of bijnamen for me, one of my favorites is Wolle…because I am wollig als een klein schaap 😀 Pawkisses 🙂 ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Wollig klink knus! My Mum did not write the real name she calls me when I do something I can’t help because of my short tail, ha ha! Hope you have a lovely weekend. We had heavy rain yesterday but the weather people say the weekend is going to be fine. Licks and high paws.

      Liked by 1 person

  8. Toortsie Avatar

    Tog is Poplap besonders.:)
    So ek is KLAAR met hierdie week se opdrag? 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ook die manier waarop hy dit gesê het. Dit was werklik gevoelvol. Ja jou flukse mens jy is eerste!

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.