KNou is ons weer terug in die weeklikse ritme van Toeka-Tokkel.
Indien jy wil weet hoe dit werk kliek op die skakel en siedaar, daar is alles geskryf:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Hierdie week is die onderwerp/woord/tema
LEGKAART/E
Om legkaarte te bou is baie kalmerend. Dis my opinie!
Ek is mal daaroor om legkaarte te bou. Omdat ek n alleenloper van geaardheid is gee legkaarte my ure se plesier. As ek begin kan ek nie ophou voordat my oë soms oormekaar kyk nie.
Die gewildstes is Holdson legkaarte van 1000 stukke of meer.
Die bestes is: Funny world legkaarte. Hul kom meestal uit in groepe van vier verskillende prente. Natuurlik rus ek nie voordat ek al vier in die hande gekry het nie. Ek kan hul oor en oor bou. Daar is elke keer weer iets anders wat grappig is wat mens raaksien.
Dan is daar:
Wasgij? Is: Het jy oë agter jou kop?Die geheimsinnige legkaarte gee jou die prentjie van wat agter jou gebeur, of waarom kyk almal in daardie rigting?
Op die oomblik is ek besig om Star Wars te bou
Daar is dan ook die lewenslegkaarte.
Ons bou gedurig aan ons eie legkaarte. Elke keer plaas ons nog n stukkie in sy vasgestelde plek.
Vanoggend het ek juis weer n stukkie in my legkaart ingebou. Net voor agt uur was daar n hewige aardskok, terwyl ek by die skool was om na die voorskool kinders te kyk. Daar was twaalf kinders. Drietjies is maar 5 jaar oud. Hul het nog nie die gevoel van gevaar nie en is afhanklik van my voorbeeld.
Toe ek sê:”aardbewing”, het al die groter kinders dadelik onder tafels ingekruip. Die drie keintjies het my met groot oë aangekyk en gevra wat dit is. Hul het stokstyf op hul stoetjies gesit. Gelukkig was dit net een werklike ruk gewees en gou verby. Voordat ek self onder tafel kon inklim was dit oor. Dit wys jou hoe vinnig iets gebeur.
Die legkaart stuk wat ek vandag invoeg, is dat my voorbeeld belangrik is om die kleintjies kalm en veilig te kan hou.Dit het my meer as vyf minute geneem om weer normaal asem te haal.
Bou jy ook graag legkaarte? Van watter hou jy?
Vertel asseblief iets van jou lewens-legkaart. Geniet die skryf in Afrikaans.
Volgende tema of beskrywing : SPELETJIES
Daar was n paar “byname” gewees. Gaan besoek die ouens en geniet hul vertellings.
Toorts het die baan geopen
Toorts is ook besig om die A-Z te doen. Hier is haar V
Kameel se A-Z bydrae van M, N, O Vroue uit die Bybel
Olga was eerste met haar byname:
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/05/05/whats-in-a-name-toekatokkel-14-byname/
Tannie Frannie het ook vertel van haar name
https://frandr.wordpress.com/2016/05/11/oor-byname-vir-toeka-tokkel/
ekmyselff het te lekker oor haar byname geskryf
https://ekmyselff.wordpress.com/2016/05/10/byname/
I scrap 2-Dis die uwe se byname
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Dis Ekke – daar vergeet ek toe joune- wou al sê ek mis een
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/05/10/se-groete-aan-die-knopbekke/
Dankie aan almal wat so lekker saam geskryf het.
Ek hoop om weer van alger en nog meer te hoor.
Volgende keer: Speletjie/s
Ag ek hou van daardie legkaarte van jou…. hulle nog nooit gesien nie. Het nie plek vir legkaartbou meer nie, maar was baie lief daarvoor. Ons het as gesin op vakansie altyd ‘n groot een saamgevat, en so deur die vakansie het elkeen gebou soos hy lus was. Ek vertel dit maar hier want skryf gaan ek nog lank nie kan doen nie. Ek nog besig met A-Z en op oomblik doen ek dit meer vir myself as vir publiek. Die bybelgeskiedenis het my gehook!!!
LikeLike
Geen probleem nie. dis goed dat jy gehook is deur die A-Z van Bybelfigure al is dit meer vir jouself! So bly dat jy die uitdaging so geniet.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek het een keer vertel van die preek wat ons dominee gehad het oor ons lewenslegkaarte. Sal bietjie loer.
LikeLike
Mooi man. Hoop jy kry dit sodat ons kan lees!
LikeLike
Jou stokperdjies getuig daarvan dat jy n baie geduldige mens is, Ineke!
LikeLike
Ek weet nie so mooi van geduld nie, maar deursettingvermoë het ek beslis.
LikeLiked by 1 person
Ek is nie ‘n legkaartbouer nie, maar ek kan verstaan hoe mens daaraan gehoek kan raak-elke stukkie way pas is’n klein sukses.
LikeLike
Dis nogal goed gesê. Die een wat ek mee besig is het net swart stukkies oor. Dis nou net pas en pas en nogmaals pas.
LikeLiked by 1 person
Oooo ja maar jy het meer geduld as ek
LikeLike
Ek is mos maar n dromer dis hoekom ek so lank kan “konsentreer” op een ding.
LikeLiked by 1 person
Ek dink weer ek is aandagafleibaar… Alles moet vinnig gebeur
LikeLike
So het elkeen maar sy dinge. Dis egter n goeie afleiding. My een waarmee ek besig is gaan nou al vir sy derde week sonder dat dit klaar is. Daar is net swart sukkies oor en is nou net pas en pas. Ek het egter nie veel lus en tyd nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou meer van getekende prente Nou het ek ook nie baie plek nie Moes my eetkamerttafel wegdoen want dit was te groot
LikeLike
My tafel is net groot genoeg om 1000 stukke op te bou. Ek lê die stkkies uit op my kombuis se tafel deel. Moet opstaan om stukkies te soek.
LikeLiked by 1 person
Ook goed want dis oefening
LikeLiked by 1 person
Haai nee man, ek het nou vreeslik in die moeilikeid beland met WASGIJ. Ek wou net vinnig loer hoe speel ‘n mens dit aanlyn terwyl my dogter ons kos by die hotel gaan haal en toe raak ek so verlore dat ek skoon vergeet om te werk. Uitstekende bydrae van jou, veral die lewenslegkaarte, maar ek moet nou eers gou gaan inhaal voordat ek raas kry. haha bye for now!
LikeLiked by 1 person
Ja jong die legkaart storie is iets wat mens nie sommer kan los nie. Ek behoort aan Grownups(aanlyn groep).Elke week gee hul verskillende “games” onder andere drie legkaarte ook. Ek doen hul meestal eerste en dan kom seduko of woordsoek aan die beurt as daar tyd is.
LikeLike
Ek sou vroeër heeldag op die rekenaar sit en speel as jy my ‘n kans gegee het (Sudoku was lank ‘n gunsteling) maar deesdae sal ek liewer gaan stap of agter die visvangers in die gesin aanloop. Dis seker die verskil tussen die stadslewe en die bestaan in die bos!
LikeLike
Gelukkig was ek nooit so rekenaar gebonde nie. Ek hou steeds meer van buite wees en loop daagliks myle. so eenkeer in die week sal ek bietjie speletjies speel of bou as dit is. Ek doen dit liewers met pen en gedrukte uitdagings
LikeLiked by 1 person
Jy is fluks…my pa en suster het altyd die eetkamertafel beset met hul legkaarte.Ek is nie lief daarvoor nie,maar bewonder mense wat die geduld het.Dis pragtige vrolike prente.
Sjoe vir die aardskok!Dis ‘n vreesaanjaende iets vir my.
LikeLike
Ek kan nie rerig onthou hoekom ek so lief geraak het vir legkaarte nie. My ma het bv toe sy alleen was baie kaarte gebou. Tina het gereeld vir haar n nuwe legkaart gekoop. Sy het later maar die kleineres gebou. Ek hou spesifiek van daardie twee soorte omdat dit n lekker prentjie ook gee.
Die aardbewing is amper so erg as wanneer n mens n rower in jou huis kry. Die aardbewing kan jy oorleef maar die rower het die moontlikheid om jou te dood.(verskoon ek is nou sommer negatief oor die moord en doodslag in SA)
LikeLiked by 1 person