Bietjie laat, maar eerder laat as nooit.
Vir inliting om deel te neem aan Toeka-Tokkel kliek asb die skakel en alles word so helder soos daglig!
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Geniet dit om Afrikaans te skryf.
Speletjies/speel/spel
As kinders het ons gereeld bordspeletjies gespeel.
Slangetjies en leertjies
Dambord
Dominoes
Ons het natuurlik ook baie inkleurboeke gehad wat speletjies in gehad het soos volg die nommer om prentjie te voltooi(Weet nie of inkleur as speletjie kan tel nie)
Gedurende my laerskool jare het die hele skool meestal saam gespeel. Die skool was n vier-man-skool. Toe ek in standerd vyf was was ons net drie meisies en vier seuns. Die standerd viers was ook in dieselfde klas.
Pouses het ons altyd seisoens gebonde speletjies gespeel.
Cowboys en crooks
Wegkruipertjie
Blik-as-paai
Blikaspaai is ‘n speletjie, soortgelyk aan wegkruipertjie, wat deur kinders gespeel word.
https://af.wikipedia.org/wiki/Blikaspaai
Touches(rakertjie?)
Bok in die hok
Springtou spring
Kennetjie
In die hoërskool het ons elke middag terwyl ons vir bus moes wag kennetjie gespeel totdat een seer gekry het en ons nie meer dit mag gespeel het nie.
Kennetjie is ‘n kinderspel wat gewoonlik deur seuns gespeel word. Aangesien die spel redelik gevaarlik is, is dit gereeld deur skoolhoofde van die speelgrond verban. Dit is ‘n ingewikkelde spel met baie reëls.
https://af.wikipedia.org/wiki/Kennetjie
Watter speletjies onthou jy nog? Of vertel van n lewensspel wat gespeel word deur mense om jou.
Almal is welkom om deel te neem. Kom laat ons bou aan ons geliefde verwaarloosde moedertaal.
Ons volgende Tokkel gaan oor
n Mens in elke blom of n blom in elke blom
Baie dankie aan die volgende ouens wat oor legkaarte geskryf het
Toorts
Olga
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/05/16/toekatokkel-15-legkaarte/
Toorts
Toortsie se Toeka Tokkel oor Legkaarte
Tannie Frannie het n pragtige legkaart en lewenslegkaart bespreek
https://frandr.wordpress.com/2016/05/17/oor-legkaarte-vir-toeka-tokkel/
Hesterleynel-besonderse lewenslegkaart
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/05/18/drie-verjaardag-geskenke/
HOOR WEER VOLGENDE WEEK VAN ALMAL
n Mens in elke blom of n blom in elke mens is volgende.
Granny loved to play all those spelletjes, elastieken was one of her favorites,Trompie, but nowadays the children hardly play outside anymore. They all hang on the computer and playing real world games, while they are far to young. Pawkisses for a Playful Day 🙂 ❤
LikeLike
Oh Angel, so true the young children of today are in a way to “grown-up.” We call elastieken rekspring! We have lots of rain so the days are very wet and I don’t like wearing my rain coat. I have to stay indoors more than I would like. Anyway, we need the rain! Hope you enjoy a lovely spring day. High paws and a wet lick. 😀
LikeLiked by 1 person
Ag al daardie speletjies was darem die lekkerste lekkerte. Wat is die naam van daardie speletjie waar almal in ‘n kring sit en dan gooi iemand ‘n sakdoek agter ‘n ander ou se rug, en diè probeer die kind vang voordat hy kan gaan sit? Wolf-wolf hoe laat is dit was ook lekker. Kietsie-kietsie…… ai dit bring lekker herinneringe terug.
LikeLike
Was dit nie “vrot” nie want die een wat met sakdoek gevang is was vrot en moes in middel v kring sit. Het skoon vergeet van Wolf-wolf hoe laat is dit! Dis so lekker om te sien as kinders nog die ou speletjies speel. Dankie dat jy gelees en kommentaar gelewer het. Jy is steeds my een top leser(saam met Toorts en Tina, voordat hul dalk ongelukkig raak as ek hul nie ook noem nie!)
LikeLiked by 1 person
Ha– dit was vrot-eier!!!!
LikeLike
Ja, iets soos vrot pampoen of iets. Word so vies as ek dinge wat so algemeen deur die jare was vergeet 😦 Dankie, lees nie elke dag blogs nie maar dan gaan sit ek een dag maak laptop oop en lees al die blogs en haal in op agterstalliges. Lekker om te sien wat vang die mense aan. Mooi dag vir jou 🙂
LikeLiked by 1 person
What a tiny class! I’ve never experienced less than about 30! 🙂 Interesting to get a peek at your background. Happy weekend to you! We have sunny rain here. 🙂
LikeLike
This was a tiny class indeed. Usually, we have up to 40 in one class. Here in NZ the classes are not big at all. I would have loved to teach here because it is very casual – learn as you go!
LikeLiked by 1 person
Kyk gerus na my blog http://www.saartjiez.wordpress.com
LikeLike
In ons plaasskool het ons so lekker gespeel. 🙂
LikeLike
Dit was darem lekker tye gewees. In 1995 het ek by n regte plaasskool(vir swartes) skool gehou graad 2 en 3 in selfde klas en ons het elke dag n buite-speletjies periode gehad. Kindertjies het te lekker groepspeletjies gespeel.
LikeLiked by 1 person
Ons was ook net 7 kinders in standard 5, wat vandag graad 7 is. Ai ek sukkel steeds as ek vinnig moet dink. Die grade vs die standerds. Ons het ook al jou speletjies gespeel en bok in die hok. Dit was lekker tye. Ons moes tuis gewees het teen die tyd as die straatligte aangaan…
LikeLike
Dit was beslis heerlike tye. Toemaar daardie tyd was dit std 5 en nie graad sewe nie. Dis hoekom ons bietjie terug beweeg uit vandag se tye na hoe dit was toe ons nog kinders was. Dankie vir die lees en kommentaar
LikeLiked by 1 person