Toeka-Tokkel no 17: n Mens in elke blom…


Welkom by volgende Toeka-Tokkel uitdaging!

Hoe dit werk? Kliek asb skakel vir verdere inligting.

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

Ons skryf Afrikaans en geniet dit gate uit!

Ons tema die week is:

n Mens in elke blom

of

n Blom in elke mens.

Image result for pansies images

GESIGGIES

n Gesiggie herinner my aan my ma wat in 2006 oorlede is. Dit is sommer ook n huldeblykie aan haar. Sy het altyd 6de Junie verjaar.
My Ma het altyd gesiggies geplant wanneer dit tyd was. Sy het hul getrou met n gietertjie water gegee terwyl daar waterbeperkings was.Dit was ook haar daaglikse loop-oefening gewees. Wanneer ek die kleurvolle gesiggies sien dink ek met liefde en ook hartseer aan haar. Sy was saggeaard en n liefdevolle moeder, asook eggenoot vir my pa.

Gesiggies word ook beskryf as”heart’s-ease” (Griekse benamimg vir gesiggies)

Gaan lees gerus wat die verduideliking van gesiggies in die volgende skakel is.

https://en.wikipedia.org/wiki/Pansy  Historical back ground

Die volgende mense het lekker oor speletjies gesels.

Baie dankie aan die ywerige deelnemers. Sonder julle sou Toeka-Tokkel al dood geloop het.

Eerste was weer

OLGA – Jy is n ou doring hoor. Monopoly is te langdradig (ek stem saam!)

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/05/23/toekatokkel-16-the-mulberrybush/

Kameel het nie deelgeneem omdat sy nog hard besig is met haar Bybel vroue A-Z Sy het wel vertel van speletjies in kommentaar

Toorts het sommer n hele hoop speletjies onthou

Toortsie se Toeka Tokkel oor speletjies

Tannie Frannie moe meisie speletjies speel…

https://frandr.wordpress.com/2016/05/25/oor-speletjies-vir-toeka-tokkel/

Junie opdragte

18. Eetgoed – toe en/of nou
19. Grot
20. Die see
21. Verandering

Ons volgende opdrag is

EETGOED – toe en/of nou

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

20 thoughts on “Toeka-Tokkel no 17: n Mens in elke blom…”

  1. Pingback: Rose | Dis Ekke
    1. Lekker man. Mens moet so nou en dan bietjie ander afleiding aan die ou brein gee. Ek n boek begin lees oor die tyd toe ek om Kollege was en sommer my eie storie ook geskryf omdat more of oormore weer uit my kop uit is. Bly jy het so ietsie geskryf.

      Liked by 1 person

  2. Pronkertjies en kosmosse laat my dink aan my Oupa en Ouma. Hulle het groen vingers gehad soos ek nog nie beleef het nie. Hulle pronkertjies het hoog opgegroei teen die “pre-cast” muur in hulle voortuin. Wanneer ek ruik aan pronkertjies dink ek aan hulle en die vakansies wat ons daar gebly het. Wat kosmosse betref, ons het uitgery van Vereeniging na Parys toe om te gaan kyk na die kosmos velde. Daar het my ouma ‘n foto geneem van my, my ma en sussie waar die kosmosse bo ons koppe uitsteek. Dit moes ‘n goeie dag gewees het, want as ek kosmosse sien is dit my eerste gedagte.

    Like

    1. Ooo ja, pronkertjies is ook spesiaal en kosmosse ook. Ek het n tyd lank in Secunda gebly en elke jaar se lappe en lappe kosmas was altyd ook spesiaal. Ek heg my skoon-ma aan kosmosse. Het jy nie die foto om te wys waar jy tussen kosmosse is nie?

      Liked by 1 person

  3. Ek is ook lief vir gesiggies, maar het hulle lanklaas in my tuin geplant. Dit is mooi dat jy ‘n blom het wat jou aan jou ma laat dink.

    Like

      1. Ag dis mooi. Ek lê netnou in bad en prbeer ‘n blom vir elk van my vier dogters kry. Behalwe vir oudste waaroor ek al geblog het… sukkel ek met die ander. Miskien ken ek blomme nie so goed nie.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s