Toeka-Tokkel no 17: n Mens in elke blom…


Welkom by volgende Toeka-Tokkel uitdaging!

Hoe dit werk? Kliek asb skakel vir verdere inligting.

Toeka-Tokkel no 14: Byname

Ons skryf Afrikaans en geniet dit gate uit!

Ons tema die week is:

n Mens in elke blom

of

n Blom in elke mens.

Image result for pansies images

GESIGGIES

n Gesiggie herinner my aan my ma wat in 2006 oorlede is. Dit is sommer ook n huldeblykie aan haar. Sy het altyd 6de Junie verjaar.
My Ma het altyd gesiggies geplant wanneer dit tyd was. Sy het hul getrou met n gietertjie water gegee terwyl daar waterbeperkings was.Dit was ook haar daaglikse loop-oefening gewees. Wanneer ek die kleurvolle gesiggies sien dink ek met liefde en ook hartseer aan haar. Sy was saggeaard en n liefdevolle moeder, asook eggenoot vir my pa.

Gesiggies word ook beskryf as”heart’s-ease” (Griekse benamimg vir gesiggies)

Gaan lees gerus wat die verduideliking van gesiggies in die volgende skakel is.

https://en.wikipedia.org/wiki/Pansy  Historical back ground

Die volgende mense het lekker oor speletjies gesels.

Baie dankie aan die ywerige deelnemers. Sonder julle sou Toeka-Tokkel al dood geloop het.

Eerste was weer

OLGA – Jy is n ou doring hoor. Monopoly is te langdradig (ek stem saam!)

Toekatokkel 16 The mulberrybush

Kameel het nie deelgeneem omdat sy nog hard besig is met haar Bybel vroue A-Z Sy het wel vertel van speletjies in kommentaar

Toorts het sommer n hele hoop speletjies onthou

Toortsie se Toeka Tokkel oor speletjies

Tannie Frannie moe meisie speletjies speel…

Oor speletjies, vir Toeka-Tokkel

Junie opdragte

18. Eetgoed – toe en/of nou
19. Grot
20. Die see
21. Verandering

Ons volgende opdrag is

EETGOED – toe en/of nou


20 responses to “Toeka-Tokkel no 17: n Mens in elke blom…”

  1. toekatokkel 17. ‘n Mens in elke blom | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] het alweer vir my Amy gaan kuier en so lekker met haar gekuier dat ek nie by enige van Scrapie se huiswerk uitgekom het nie. Laat ek probeer inhaal. Hoe kry mens ‘n mens in elke blom? Deur fyn kyk. So het Ousus my toe […]

    Like

  2. Rose | Dis Ekke Avatar

    […] Toeka-Tokkel: ‘n Mens in elke blom […]

    Like

  3. Kameel Avatar
    Kameel

    Was sommer op hierdie Sondagmiddag lus vir ietsie anders…. toe skryf ek oor die blomme. Was te besig om met bybelkarakters aan te gaan, maar wil kyk of ek hierdie week dit weer kan vasvat. https://toortsie.com/2016/05/29/elke-vrou-n-blom/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man. Mens moet so nou en dan bietjie ander afleiding aan die ou brein gee. Ek n boek begin lees oor die tyd toe ek om Kollege was en sommer my eie storie ook geskryf omdat more of oormore weer uit my kop uit is. Bly jy het so ietsie geskryf.

      Liked by 1 person

  4. Elke vrou ‘n blom | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokke: ‘n Mens in elke blom […]

    Like

  5. Toortsie Avatar

    Gesiggies. Ek was altyd mal oor hulle. Is steeds.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, ek is ook steeds mal oor hulle. Hoe meer mens dink aan mense en blomme hoe meer kom in mens se gedagtes op.

      Like

  6. Pixie Avatar

    Pronkertjies en kosmosse laat my dink aan my Oupa en Ouma. Hulle het groen vingers gehad soos ek nog nie beleef het nie. Hulle pronkertjies het hoog opgegroei teen die “pre-cast” muur in hulle voortuin. Wanneer ek ruik aan pronkertjies dink ek aan hulle en die vakansies wat ons daar gebly het. Wat kosmosse betref, ons het uitgery van Vereeniging na Parys toe om te gaan kyk na die kosmos velde. Daar het my ouma ‘n foto geneem van my, my ma en sussie waar die kosmosse bo ons koppe uitsteek. Dit moes ‘n goeie dag gewees het, want as ek kosmosse sien is dit my eerste gedagte.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ooo ja, pronkertjies is ook spesiaal en kosmosse ook. Ek het n tyd lank in Secunda gebly en elke jaar se lappe en lappe kosmas was altyd ook spesiaal. Ek heg my skoon-ma aan kosmosse. Het jy nie die foto om te wys waar jy tussen kosmosse is nie?

      Liked by 1 person

      1. Pixie Avatar

        Jammer, lanklaas geblog! Dit was in die Vaaldriehoek, oppad Deneysville toe. (Naby die Vaaldam) Ons het langs die pad gestop en vinnig twee foto’s geneem

        Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Ek is ook lief vir gesiggies, maar het hulle lanklaas in my tuin geplant. Dit is mooi dat jy ‘n blom het wat jou aan jou ma laat dink.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sy was ook n petunia mens. My man herinner my aan n konings Protea(Mooi, sterk en tog stekelrig!)

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Ag dis mooi. Ek lê netnou in bad en prbeer ‘n blom vir elk van my vier dogters kry. Behalwe vir oudste waaroor ek al geblog het… sukkel ek met die ander. Miskien ken ek blomme nie so goed nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Eintlik moet dit spontaan net opkom. My Oudste suster was lang n orgidee persoon en ek gee haar die slipper orgidee as blom mens(mens kry a groot een wat Winston Churchill genoem word. Dis die een wat sy my aan herinner!)

          Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Oooooo ja en sy was dol oor ptonkertjies Ek verlang ook baie Sous so lekker gewees het as sy saam met my hier kon bly Sy sou dit vreeslik geniet het

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sy sou beslis want sy was n mense mens.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Op 97 sy die oudste gewees het Ons het ‘n 96 jarige oom

        Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie Avatar

    Kort voor sy dood het my pa nog weer gesiggies geplant – hulle het geblom toe hy begrawe is.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Gesiggies is sulke gewillige blommetjies net soos die mense wat hul plant!

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.