Hiers ek weer, hiers ek weer, met my Toeka-Tokkel voor jou deur.
Ons skryf Afrikaans en geniet dit!
Besoek my vorige pos met hoe dit werk deur op skakel te kliek:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Vandag en die week se stories gaan oor
EETGOED -toe of nou
Eetgoed toe
Ek het in n mate Hollands groot geword.
Daar is heelwat eetgoed wat eg Hollands is.
My ouers het soms na n Hollandse winkel gegaan om spesiale eetgoed te koop.
Meestal het ons dit ook net op Sondae gekry omdat dit die enigste dag was dat ons almal tuis was.
My Pa het meestal Sondae n bietjie laat geslaap. Ons as kinders het beurte gemaak om vir hom en soms my Ma ook as dit winter is n koppie tee in die bed te bring.
By die tee kon ons dan n eg Hollandse beskuit met bietjie botter op saam met die tee gee. Ons as kinders kon een beskuit kry terwyl my ouers elk twee gekry het.
Beskuit


Bokke-pootjes
Dit is n delikate koekie met sjokolade op beide punte. Slegs vir spesiale geleenthede gekoop.
Daar was ook “hagelslag” wat ons in n dun lagie op ons botter gesmeerde broodjie kon kry op Sondae.
Ek het gereeld ons bokmelk gekarring om botter te maak. Tussendeur het ek van die room geklits en dan n dik laag op my vars sny brood gesit en gesmul daaraan.
Nog iets heerliks was biesmelk wat gekook is. Sodra dit dik en gestol is met kokery gooi mens die water af. Mmmmmm, heerlik met bietjie suiker en kaneel. My mond water sommer noudat ek daaraan dink.
Hier in NZ kry mens darem
Bakers Marie beskuitjies + tennis beskuitjies kry mens hier te koop by Internasionale afdelings in kettingwinkels.
Asook
Mrs Balls Perske Blatjang(ek verkies appelkoos maar mens kry dit nie.)
Sjoe, nou moet ek eers vir my n warm sjokolade gaan maak om te drink- dis koud en bewolk en ek soek bietjie warmte.
Baie groot dankie aan al die ouens wat oor n mens in elke blom geskryf het.
Dit het nogal my en ander lesers se hartsnare geraak.
Toorts met Madeliefies
Toortsie se Toekatokkel oor ‘n persoon in elke blom
Kameel het elke kind in n blom gesien
Dis Ekke met Rose
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/05/31/rose/
Tannie Frannie met Hibiskusse
https://frandr.wordpress.com/2016/05/31/vir-toeka-tokkel-n-mens-in-elke-blom/
Tannie Frannie en Proteas
https://frandr.wordpress.com/2016/05/31/vir-toeka-tokkel-dag-van-die-proteas/
Dit is dan die opdrag en lekker lees vir die week.
Die volgende is 19. GROT