Toeka-Tokkel no 18:Eetgoed toe/en/of nou


Hiers ek weer, hiers ek weer, met my Toeka-Tokkel voor jou deur.

Ons skryf Afrikaans en geniet dit!

Besoek my vorige pos met hoe dit werk deur op skakel te kliek:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

Vandag en die week se stories gaan oor

EETGOED -toe of nou

Eetgoed toe
Ek het in n mate Hollands groot geword.
Daar is heelwat eetgoed wat eg Hollands is.
My ouers het soms na n Hollandse winkel gegaan om spesiale eetgoed te koop.
Meestal het ons dit ook net op Sondae gekry omdat dit die enigste dag was dat ons almal tuis was.
My Pa het meestal Sondae n bietjie laat geslaap. Ons as kinders het beurte gemaak om vir hom en soms my Ma ook as dit winter is n koppie tee in die bed te bring.
By die tee kon ons dan n eg Hollandse beskuit met bietjie botter op saam met die tee gee. Ons as kinders kon een beskuit kry terwyl my ouers elk twee gekry het.

Beskuit

DSCF0548
Beskuit
DSCF0561
Beskuit en Bokkepootjes

Bokke-pootjes

Dit is n delikate koekie met sjokolade op beide punte. Slegs vir spesiale geleenthede gekoop.

Daar was ook “hagelslag” wat ons in n dun lagie op ons botter gesmeerde broodjie kon kry op Sondae.

Ek het gereeld ons bokmelk gekarring om botter te maak. Tussendeur het ek van die room geklits en dan n dik laag op my vars sny brood gesit en gesmul daaraan.

Nog iets heerliks was biesmelk wat gekook is. Sodra dit dik en gestol is met kokery gooi mens die water af. Mmmmmm, heerlik met bietjie suiker en kaneel. My mond water sommer noudat ek daaraan dink.

Hier in NZ kry mens darem
Bakers Marie beskuitjies + tennis beskuitjies kry mens hier te koop by Internasionale afdelings in kettingwinkels.

Asook

Mrs Balls Perske Blatjang(ek verkies appelkoos maar mens kry dit nie.)

Sjoe, nou moet ek eers vir my n warm sjokolade gaan maak om te drink- dis koud en bewolk en ek soek bietjie warmte.

Baie groot dankie aan al die ouens wat oor n mens in elke blom geskryf het.

Dit het nogal my en ander lesers se hartsnare geraak.

Toorts met Madeliefies

Toortsie se Toekatokkel oor ‘n persoon in elke blom

Kameel het elke kind in n blom gesien

Elke vrou ‘n blom

Dis Ekke met Rose

https://hesterleynel.wordpress.com/2016/05/31/rose/

Tannie Frannie met Hibiskusse

https://frandr.wordpress.com/2016/05/31/vir-toeka-tokkel-n-mens-in-elke-blom/

Tannie Frannie en Proteas

https://frandr.wordpress.com/2016/05/31/vir-toeka-tokkel-dag-van-die-proteas/

Dit is dan die opdrag en lekker lees vir die week.

Die volgende is  19. GROT

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

17 thoughts on “Toeka-Tokkel no 18:Eetgoed toe/en/of nou”

  1. My vriendin en haar gesin het pas van Holland af Suid Afrika toe geimmigreer toe ons mekaar ontmoet het. Aan die begin was dit moeilik om haar te verstaan maar sy het vining leer Afrikaans praat – met die Hollandse aksent natuurlik 🙂 Sy het haar eie kaas gemaak, en vir ons swiets gegee met ‘n soutsmaak. Maar nou het jy my aan die dink want op ‘n dag het sy ons genooit vir ‘n eg Hollandse ete…. nou kan ek glad nie dink wat sy vir ons voorgesit het nie. Ek praat nou natuurlik van oor die twintig jaar gelede.

    Like

    1. Die lekkergoed is “drop” Kry oog “Haagse hopjes”! Jong ons is mos maar gewoond daaraan om hoofsaaklik aartappels en een groente met dan een of ander vleisigheid voor te berei. Ons het “hutspot” wat wortels, uie, aartappels, in een pot gekook en dan fyn gedruk soos kapokaartappels. My ouers self het nooit voluit afrikaans gepraat nie hul het steeds die Hollandse aksent behou. My Afrikaans was of is skool-Afrikaans. dws aangeleerde Afr. terwyl Tina suiwer Afrikaans is omdat sy 3 jaar geword het toe ons ge-emigreer het. Oudste suster slaan natuurlik nogal meer oor na Nederlands as sy werklik op dreef kom met praat. Nou sit ek hier in nog n vreemde taal land. Wat mens tog nie alles belewe nie nê!

      Liked by 1 person

  2. Jy laat my nou ver terugdink aan ‘n jong vrou uit Nederland wat met haar eersteling se doop vir ons “beschuit met muisjes” voorgesit het – ‘n vreemde, dog heerlike versnapering. Die muisjes het baie soos die hagelslag hierbo gelyk.

    Like

    1. Die hagelslag het ons ook muisjes genoem- ek dink die sjokolade hagelslag word dalk muisjes genoem of andersom. Ek het juis uiteindeli besluit om n pakkie hagetjes te koop. Dreig lankal omdit te doen. Ek dink ek het maklik 35 jaar rêrig laas dit geëet.

      Liked by 1 person

Leave a Reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s