Hiers ek weer, hiers ek weer, met my Toeka-Tokkel voor jou deur.
Ons skryf Afrikaans en geniet dit!
Besoek my vorige pos met hoe dit werk deur op skakel te kliek:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Vandag en die week se stories gaan oor
EETGOED -toe of nou
Eetgoed toe
Ek het in n mate Hollands groot geword.
Daar is heelwat eetgoed wat eg Hollands is.
My ouers het soms na n Hollandse winkel gegaan om spesiale eetgoed te koop.
Meestal het ons dit ook net op Sondae gekry omdat dit die enigste dag was dat ons almal tuis was.
My Pa het meestal Sondae n bietjie laat geslaap. Ons as kinders het beurte gemaak om vir hom en soms my Ma ook as dit winter is n koppie tee in die bed te bring.
By die tee kon ons dan n eg Hollandse beskuit met bietjie botter op saam met die tee gee. Ons as kinders kon een beskuit kry terwyl my ouers elk twee gekry het.
Beskuit


Bokke-pootjes
Dit is n delikate koekie met sjokolade op beide punte. Slegs vir spesiale geleenthede gekoop.
Daar was ook “hagelslag” wat ons in n dun lagie op ons botter gesmeerde broodjie kon kry op Sondae.
Ek het gereeld ons bokmelk gekarring om botter te maak. Tussendeur het ek van die room geklits en dan n dik laag op my vars sny brood gesit en gesmul daaraan.
Nog iets heerliks was biesmelk wat gekook is. Sodra dit dik en gestol is met kokery gooi mens die water af. Mmmmmm, heerlik met bietjie suiker en kaneel. My mond water sommer noudat ek daaraan dink.
Hier in NZ kry mens darem
Bakers Marie beskuitjies + tennis beskuitjies kry mens hier te koop by Internasionale afdelings in kettingwinkels.
Asook
Mrs Balls Perske Blatjang(ek verkies appelkoos maar mens kry dit nie.)
Sjoe, nou moet ek eers vir my n warm sjokolade gaan maak om te drink- dis koud en bewolk en ek soek bietjie warmte.
Baie groot dankie aan al die ouens wat oor n mens in elke blom geskryf het.
Dit het nogal my en ander lesers se hartsnare geraak.
Toorts met Madeliefies
Toortsie se Toekatokkel oor ‘n persoon in elke blom
Kameel het elke kind in n blom gesien
Dis Ekke met Rose
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/05/31/rose/
Tannie Frannie met Hibiskusse
https://frandr.wordpress.com/2016/05/31/vir-toeka-tokkel-n-mens-in-elke-blom/
Tannie Frannie en Proteas
https://frandr.wordpress.com/2016/05/31/vir-toeka-tokkel-dag-van-die-proteas/
Dit is dan die opdrag en lekker lees vir die week.
Die volgende is 19. GROT
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/06/07/something-for-the-old-mans-tea/
LikeLike
Lekker man! Jy is eerste! Sal vanaand bietjie gaan lees.
LikeLike
My vriendin en haar gesin het pas van Holland af Suid Afrika toe geimmigreer toe ons mekaar ontmoet het. Aan die begin was dit moeilik om haar te verstaan maar sy het vining leer Afrikaans praat – met die Hollandse aksent natuurlik 🙂 Sy het haar eie kaas gemaak, en vir ons swiets gegee met ‘n soutsmaak. Maar nou het jy my aan die dink want op ‘n dag het sy ons genooit vir ‘n eg Hollandse ete…. nou kan ek glad nie dink wat sy vir ons voorgesit het nie. Ek praat nou natuurlik van oor die twintig jaar gelede.
LikeLike
Die lekkergoed is “drop” Kry oog “Haagse hopjes”! Jong ons is mos maar gewoond daaraan om hoofsaaklik aartappels en een groente met dan een of ander vleisigheid voor te berei. Ons het “hutspot” wat wortels, uie, aartappels, in een pot gekook en dan fyn gedruk soos kapokaartappels. My ouers self het nooit voluit afrikaans gepraat nie hul het steeds die Hollandse aksent behou. My Afrikaans was of is skool-Afrikaans. dws aangeleerde Afr. terwyl Tina suiwer Afrikaans is omdat sy 3 jaar geword het toe ons ge-emigreer het. Oudste suster slaan natuurlik nogal meer oor na Nederlands as sy werklik op dreef kom met praat. Nou sit ek hier in nog n vreemde taal land. Wat mens tog nie alles belewe nie nê!
LikeLiked by 1 person
Aha dis baie lekker Onthou jy die winkel in Sunnyside ‘n Vriendin het nou die dag vir my ‘n pakkie soute drop gekoop.
LikeLike
Kannie die winkel onthou nie want ek het nie juis geweet waar die winkels is nie.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Die bokkepootjes is vreeslik lekker vir my…oulike inskrywing,Ineke!
LikeLike
Ja die bokkepootjes is beslis baie spesiaal. Bly jy het inskrywing geniet.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my nou ver terugdink aan ‘n jong vrou uit Nederland wat met haar eersteling se doop vir ons “beschuit met muisjes” voorgesit het – ‘n vreemde, dog heerlike versnapering. Die muisjes het baie soos die hagelslag hierbo gelyk.
LikeLike
Die hagelslag het ons ook muisjes genoem- ek dink die sjokolade hagelslag word dalk muisjes genoem of andersom. Ek het juis uiteindeli besluit om n pakkie hagetjes te koop. Dreig lankal omdit te doen. Ek dink ek het maklik 35 jaar rêrig laas dit geëet.
LikeLiked by 1 person
Geniet dit!!
LikeLike
Ek doen beslis! 😀
LikeLiked by 1 person
Mrs Balls. My skoonsus in Aussieland was uitbundig opgewonde toe sy dit raakloop.
LikeLike
Ja dit was nogal n lekker ontdekking.. Hier is darem n Suid-Afrikaanse winkel in Petone net buite Wellington.
LikeLiked by 1 person