Goeie dag al my Toeka-Tokkelaars, dis weer n nuwe onderwerp. Almalis welkom om te skryf en te deel. Vir verdere inligting kliek gerus op die skakel en laat ons hoor wat jy te sê het:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
GROT
Ongelooflik! Woorde kan nie beskryf hoe ek gevoel het toe ek die grot ingegaan het nie!
Ons was ‘n groep van sowat 20 mense. Oumas en oupas, ouers met kinders, selfs ‘n kleuter en dan die drie van ons: Ek, Kiki my student en my vriendin . Die gids wat ons gehad het was uiters bekwaam.
Voordat ons ingegaan het, het die gids eers n paar interessante stukkies vertel oor die ontdekking en bestaan van die grot. Hy het ook gesê om geen fotos binne te neem nie. Hy het ook gewaarsku teen smal gangetjies en dan die trappe ook.
Ons was alger opgewonde om in te gaan. Dit was donker en nat. Ons het stadig ‘n paar treë in ‘n groot opening wat dof verlig was gegee. Hier kon ons die miljoene stalaktiete, gevorm deur reënwater viltrasie deur die kalksteen, sien. Elke hoek van die dak en mure was bedek met ‘n ligte bruin, pienk en wit glinsterende gevormde uitsteeksels wat oor die jare deur die druppende water gevorm het en steeds nog vorm. Ongelooflik mooi!
Ons is toe dieper die grot in en moes die wonder van akoestiek toets in die opera saal. My vriendin, met n pragtige stem, sing toe ‘n Maori liedjie. Die volgende was toe die gloeiwurms.
Terwyl ons deur die openinge in die omheining kyk, vertel die gids hoe die gloeiwurms lewe en lig maak:
Dit is Nieu-Seeland gloeiwurms! Die wurm is die larwe van ‘n twee-vlerkige insek, hul groei tot so lank as n vuurhouthjie. Die Nieu-Seelandse een is n “spin-agtige” gloeiwurm: arachnocampaluminosa.’Arachno’ beteken spin-agtige, wat verwys na die manier hoe wurms vlieënde insekte vang soos spinnekoppe met drade. ‘Campa’ beteken larwe en ‘luminosa’ beteken lig-produserende.
Hoe gloei hulle?
‘n Gloeiwurm gebruik sy gloed om kos te lok en sy afval te verbrand. Die stert gloei as gevolg van “bioluminescentie”, wat ‘n reaksie tussen die chemikalieë wat afgegee word deur wurm en die suurstof in die lug is. Dit chemiese reaksie produseer lig, wat deur die gloeiwurm beheer word deur die vermindering van die suurstof toevoer. Insekte vlieg na die lig en klou dan vas in die taai lyne waaraan wurms hang, om kos mee te vang.
Na die asemrowende vertoning moes ons terug beweeg in n donker grot. Ons klim toe in ‘n oop boot. Ons dryf toe, saam met die rivier, die duisternis van die gloeiwurmgrot binne. Dit was ongelooflik!
Ongelooflik!
Miljoene klein glinsterende liggies skyn van die dak af. Dit was stil soos die graf. Slegs die sagte geruis van die water. Ons was veronderstel om stil te bly, maar as jy ‘n kleuter, wat nie verstaan waarom dit so donker was, saam in die boot het was dit nogal heel steurend. Tog het ons dit geniet, al was dit nie so stil as wat ons dit sou wou hê nie. Die boot het ons na n ander opening in die grot geneem waar ons aan wal gegaan het
Dit was ‘n ware, ongelooflike avontuur.
Waitomo gloeiwurmgrot is beslis n moet om te besoek as jy ooit in hierdie deel van die wêreld kom kuier.
Die volgende persone het heerlik oor al die lekker eetgoed geskryf.
n Groot dankie aan julle almal.
Besoek gerus die volgende poste:
Kameel met haar yummy teetyd eetgoed was eerste
Something for the old man’s tea
Toorts het fudge en menigte lekker eetgoed onthou
Toortsie se Toeka Tokkel oor eetgoed, toe en nou
Tannie Frannie netso lekker- soet worteltjies, pampoensop…
https://frandr.wordpress.com/2016/06/08/vir-toeka-tokkel-eetgoed-toe-en-nou/
Die volgende opdrag is : DIE SEE
Sien en hoor weer van julle almal!
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/06/14/grotte/
LikeLike
Dankie no 1!
LikeLike
Gaan nou gou google en sien of ek nie images daarvan kan sien nie. Dis nou een plek wat Earth my nie gaan invat nie. 😦
LikeLike
Hul het mooi fotos op google. Dis n belewenis. Mens weet nie wat om te verwag nie. Selfs die dootrit wordnie vooraf gesê dat dit is hoe dit gaan wees nie. Die boot word nie geroei nie. Hy is aan n kabel vas en vaar rustig saam met die stroom. Sodra die boot egestoot is van die wal is dit net stilte en geruis van die vloeiende water.
LikeLiked by 1 person
Eerste keer wat jy dit vertel Klink besonders Hoe gaan dit met Kiki?
LikeLike
Ek het dit vir my engelse skryfsessie geskryf net na die troue toe vertal en verander ek dit bietjie. Niks v Kiki gehoor nie.
LikeLiked by 1 person
Jammer
LikeLiked by 1 person
Sjoe,dis nou interessant!Ek gaan ook gou verder oplees.Verstommend hoe lewe aangepas het om in die duisternis te oorleef!
LikeLike
Dis amper onwerklik as mens daar binne is. Selfs die deel wat mens deur die afskorting kon sien. Dit was effens belig sodat mens die duisende fyn draadjies kon sien.
LikeLiked by 1 person
Verstommend. Ek het ook gou gaan kyk na die webtuiste. Dankie vir die deel.
LikeLike
Ek is bly jy’t gaan loer ek wou nie die inligting alles vertaal nie. Dis rerig iets unieks en so oud amper so oud so die weg na Rome!
LikeLiked by 1 person
Dis darem een ding wat lekker is van die internet – ek kan saamreis na plekke toe waar ek andersins nooit sal kom nie.
LikeLike
Beslis ja, selfs die straatkaarte en lugfotos van waar mens bly s netso goed!
LikeLiked by 1 person
Wow dit klink ongelooflik – ek gaan nou dadelik bietjie Google….
LikeLike
Dit is beslis iets onvergeetliks!
LikeLike
Baie interessant, Ineke! Was jy al in die Kango grotte?
LikeLike
Ek was ja maar dit was Desember 1969!!! Dis nou beslis niemeer dieselfde nie. Was ook jare terug in Sudwala grotte wat beslis ook verander het. Elk het hul eie bekoring. Ek wou eintlik met Kango en Sudwala begin maar toehaal tyd my in met al die interessante inligting oor gloeiwurms.
LikeLiked by 1 person
Dit was nou interessant! My broer-hulle het vertel van die wonderlike gloeiwurms.
LikeLike
Dis rerig iets besonders. Ek is so bly ons het soontoe gegaan terwyl ons n tydjie gehad het(Was die naweek met my seun se troue gewees!)
LikeLiked by 1 person