Toeka-Tokkel no 20: Die see (vervolg)


Toeka-Tokkel gaan oor Afrikaans en lekker kuier. Almal is welkom.

Vir verdere inligting kliek asseblief die skakel:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

#….#….#

Donderdag het ek nie genoeg tyd gehad om my bydrae te voltooi soos wat ek graag wou nie.

Ek wou my seestorie anders begin. So, hier kom my inleiding nou!

Die See

Op sesjarige ouderdom het ek en my familie met n boot na Suid-Afrika verhuis. Ek onthou nie baie van die hele reis nie. My ma was die hele tyd seesiek. Ek en Ousus, het met tye, op ons eie op die boot rond beweeg. Ek onthou dat ons op n stadium verby ons suster skip gevaar het wat oppad terug was. Ons het een dag ook na die kaptein se stuurkajuit gaan kyk.

Wat wel n groot ervaring was, was toe ons die ewenaar gekruis het. Neptunis ( https://en.wikipedia.org/wiki/Neptune_(mythology)  het uit die see gekom en mense welkom geheet deur hul in water te gooi. Die water was in groot opgestapelde buitebande(vir my was dit baie groot). Die helpers het Ousus gegryp en ook in die water gedompel. Ek het weggehardloop, en onthou dat my pa baie gesoek het. Vreemde mense het my gekry en teruggebring na my ouers toe.

Die see van die skip af het n blywende indruk op my gelaat

Ek is in die middel.

IMG_1845

Toeka-Tokkel no 19: Grot –

het nogal heelwat interessante vertellings opgelewer.

Baie dankie aan die volgende deelnemers:

Scrapydo of te wel die uwe het grot geopen

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/06/08/toeka-tokkel-no-19-grot/

Kameel is nie n grotbewoner nie en dan nog vlermuise wat rondvlieg….

Grotte

Tannie Frannie en haar seun-grot..

https://frandr.wordpress.com/2016/06/13/vir-toeka-tokkel-grot/

Toorts- ook gladnie n grotbewoner nie

Toortsie se Toeka Tokkel oor grotte

Abrie dink hardop het ook n pragtige vertelling oor Kango-grotte

https://abriejoubert.wordpress.com/2016/06/17/die-mooi-jong-amerikaanse-dokter-die-rugbesering-en-die-kangogrotte/

Olga is besig om inte haal!

Hier is haar n Mens in elke blom,

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/06/13/toekatokkel-17-n-mens-in-elke-blom/

Ook Olga se eetgoed

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/06/15/toekatokkel-18-eetgoed/

Volgende keer doen ons VERANDERING

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

34 thoughts on “Toeka-Tokkel no 20: Die see (vervolg)”

  1. Although I don’t speak Afrikaans, Ineke, I think this post is about your journey form South Africa to New Zealand (or perhaps just a family holiday?)I can guess that the phrase immediately above the photo says that you are in the middle. You were a very pretty little girl. The old photo is wonderful, and certainly one to cherish.

    Like

        1. Yes, so days I hated it because you know how children can hurt with words! Now I’m again in a situation where I feel an out cast(or foreigner which I am) when they say SA-cans are so and so. Thing is some people don’t understand that each nation has good and bad ways. Why always hammer on the bad.

          Like

          1. People can be very cruel, even adults, when they generalise like that. Often the remarks are thoughtless, or just repeats of what odd stupid people have said. You’ve been in NZ for so many years, I’m sure no one sees you as an outcast. I do agree that there are good and bad in all nations – and it’s only idiots who just harp on about the bad. They’re just ill-informed or ignorant people. Hold your head high, Ineke.

            Like

            1. I am a survivor and usually don’t take these things personal but at times it hurts. Those who talk like that usually don’t like it when you give them a piece of your mind. I anyway love to be friends with different people no matter how rich or poor, intelligent or not so. Teaching is a good place to learn how to handle all the differences. Oh and it usually are those with a low self image that make those accusations. Thanks for listening(reading) and answering my comments. You are a dear friend on line. 🙂

              Like

  2. My pa het in 1936 hierheen gekom,dus is ek ook ‘n halwe Nederlander.Ek was nog nooit eers in Nederland nie…is trots Suid-Afrikaans!Baie interessant om van jou ervaring te lees.

    Like

    1. Ja dis interessant! Soos ek gesê het was ek 6 jaar toe ek oorgekom het(1952). So ek is n gebore Hollandse Suid Afrikaner as mens dit so kan noem. Soms dink ek dat ek nogal meer omgee vir my vaderland as wat sommige egte Afrikaners doen.

      Liked by 1 person

  3. Baie interessant scrapy. En toe doen jy dit weer ‘n keer om na ‘n nuwe land toe te verhuis!!! Wonder hoekom die mense daardie jare na ‘n nuwe land toe geimmigreer het? Vandag is dit niks nuuts nie.

    Like

    1. Dit was net na die oorlog en my pa n oupa het n eie besigheid gehad wat dink ek tot niet gegaan het. My ouers moes van vooraf weer opbou. My ma se niggie in SA het n mooi prentjie voorgehou van n goeie lewe in SA. As die niggie nie gesterf het nie dink ek sou dit dalk beter gegaan het. Eintlik meer makliker gegaan het. My pa was n gekwalifiseerde tegnikus en moes n fabriekwerker wees vir die tydperk wat hy kon werk. Omdat hy nie Engels kon praat of skryf nie het hul hom nooit n geleentheid gebied om sy tegniese kwalifikasies te gebruik nie

      Like

      1. Ag dis jammer. Was hulle spyt hulle het geimmigreer? ‘n Goeie vriendin van my en haar gesin het sowat 35 jaar gelede uit Nederland hierheen gekom. Het hulle leer ken toe sy ‘n klein bietjie Afrikaans magtig was. Haar man het meer gesukkel met die taal. Hulle het geimmigreer omrede die sedelike verval in Nederland. Sy het gesê dat sy nie kans gesien het om haar kinders onder dit groot te maak nie.

        Like

  4. Helaas is my enigste blootstelling (tot dusver) aan vaar op die see, toe ek op my wittebrood om Rob-eiland by Mosselbaai gevaar het. Maar ek het nog nie aanvaar dat dit my enigste blootstelling sal wees nie. Maar nou dat ek daaraan dimk daar was 2 ander kort vaarte ook by Houtbaai en uit Tafelbaai toe ons werk ‘n yachting regatta geborg het. Vreemd dat ek vir ‘n oomblik van die laaste een vergeet het, maar nee nog nie geslaap op see soos Scapydo nie
    Jy is mooi blondine Scrapydo 🙂 !

    Like

  5. Beide my oupa en ouma aan moederskant het ook so per boot van Nederland na Suid-Afrika geïmigreer saam met hulle onderskeie families. My oupa was 7 toe hulle dit gedoen het (ek is nie seker wanneer dit was nie) en my ouma was 19 (in 1937). Dit het my altyd gefassineer. Dit was sulke ander tye as vandag – hulle het (soos julle ook seker) nie geweet of hulle ooit weer hulle familie sou sien nie. In 1984 het sy en my ma Europa toe gegaan en al die plekke in Nederland weer besoek waar sy grootgeword het en steeds familie gehad het.

    Like

    1. Ons het as kinders vir my ma betaal om haar broer te besoek toe sy al 78, dit was in 1996. Sy het dit baie geniet om weer die plekke waar sy groot geword het te sien. Ook haar familie wat nog gelewe het toentertyd.. Ons huis(van moederskant) het nog steeds gestaan en my oom het daar gebly tot sy dood. Hul het nie kiders gehad en toe my tante dood is moes die huis verkoop en geld verdeel word. Jammer dat mens so n ou familiehuis nie kon behou nie. My pa het bv moes werk hê om SA toe te gaan. n Tante het werk gereël en is oorlede terwyl on s oorgekom het. Daar was toe nie werk gereël soos beplan. Baie stresvolle tyd gewees.

      Liked by 1 person

      1. Sjoe, ek kan my indink dit moes baie stresvol gewees het. Ek is bly julle kon jou ma die geleentheid gee om weer Nederland te gaan besoek, ek is seker dit sou vir haar baie beteken het.

        Like

            1. Dit is so. My ouma van moeders kant is kort voor ons vertrek oorlede en my ouma van vaders kant is oorlede terwyl ons op see was. My oupa van vaderskant en tante (pa se suster) het n paar jaar na ons in SA was kom kuier. My ma het egter nooit weer haar pa gesien nie terwyl hy, ek dink 96 jaar oud geword het. Dis hoekom ek bly was om my ma die geeentheid te gee om haar broer weer te sien. Ek het n jaar na ek weg is NZ toe teruggegaan en vir oulaas my susters en hul kinders kon sien. Daar sal hopelik in die toekoms nog n geleentheid wees om hul te sien. Tina het darem vir n maand hier gekuier toe ek gekom het.

              Liked by 1 person

  6. Nou toe en ek het gedink jy’s ‘n gebore en getoë Suid-Afrikaner. Dis die een ding wat ek nog nooit aangepak het nie – ‘n lang seereis. Ons het dit al soveel keer bespreek, maar dan kom ons ook maar nie daarby uit nie.

    Like

    1. Ek het darem my lewe lank in SA gewoon en is ingeburger ook. Gelukkig was my ouers nie die “grand” mense om ons engels groot te gemaak het nie. Ek is trots om n Suid Afrikaner te wees en sal dit seker altyd bly. Ek wil ook dalk nog eendag n seereis doen.

      Liked by 3 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s