Toeka-Tokkel gaan oor Afrikaans en lekker kuier. Almal is welkom.
Vir verdere inligting kliek asseblief die skakel:
#….#….#
Donderdag het ek nie genoeg tyd gehad om my bydrae te voltooi soos wat ek graag wou nie.
Ek wou my seestorie anders begin. So, hier kom my inleiding nou!
Die See
Op sesjarige ouderdom het ek en my familie met n boot na Suid-Afrika verhuis. Ek onthou nie baie van die hele reis nie. My ma was die hele tyd seesiek. Ek en Ousus, het met tye, op ons eie op die boot rond beweeg. Ek onthou dat ons op n stadium verby ons suster skip gevaar het wat oppad terug was. Ons het een dag ook na die kaptein se stuurkajuit gaan kyk.
Wat wel n groot ervaring was, was toe ons die ewenaar gekruis het. Neptunis ( https://en.wikipedia.org/wiki/Neptune_(mythology) het uit die see gekom en mense welkom geheet deur hul in water te gooi. Die water was in groot opgestapelde buitebande(vir my was dit baie groot). Die helpers het Ousus gegryp en ook in die water gedompel. Ek het weggehardloop, en onthou dat my pa baie gesoek het. Vreemde mense het my gekry en teruggebring na my ouers toe.
Die see van die skip af het n blywende indruk op my gelaat
Ek is in die middel.
Toeka-Tokkel no 19: Grot –
het nogal heelwat interessante vertellings opgelewer.
Baie dankie aan die volgende deelnemers:
Scrapydo of te wel die uwe het grot geopen
Kameel is nie n grotbewoner nie en dan nog vlermuise wat rondvlieg….
Tannie Frannie en haar seun-grot..
Toorts- ook gladnie n grotbewoner nie
Abrie dink hardop het ook n pragtige vertelling oor Kango-grotte
Die mooi jong Amerikaanse dokter, die rugbesering en die Kangogrotte
Olga is besig om inte haal!
Hier is haar n Mens in elke blom,
Ook Olga se eetgoed
Volgende keer doen ons VERANDERING