Toeka-Tokkel no 20: Die see (vervolg)


Toeka-Tokkel gaan oor Afrikaans en lekker kuier. Almal is welkom.

Vir verdere inligting kliek asseblief die skakel:

Toeka-Tokkel no 14: Byname

#….#….#

Donderdag het ek nie genoeg tyd gehad om my bydrae te voltooi soos wat ek graag wou nie.

Ek wou my seestorie anders begin. So, hier kom my inleiding nou!

Die See

Op sesjarige ouderdom het ek en my familie met n boot na Suid-Afrika verhuis. Ek onthou nie baie van die hele reis nie. My ma was die hele tyd seesiek. Ek en Ousus, het met tye, op ons eie op die boot rond beweeg. Ek onthou dat ons op n stadium verby ons suster skip gevaar het wat oppad terug was. Ons het een dag ook na die kaptein se stuurkajuit gaan kyk.

Wat wel n groot ervaring was, was toe ons die ewenaar gekruis het. Neptunis ( https://en.wikipedia.org/wiki/Neptune_(mythology)  het uit die see gekom en mense welkom geheet deur hul in water te gooi. Die water was in groot opgestapelde buitebande(vir my was dit baie groot). Die helpers het Ousus gegryp en ook in die water gedompel. Ek het weggehardloop, en onthou dat my pa baie gesoek het. Vreemde mense het my gekry en teruggebring na my ouers toe.

Die see van die skip af het n blywende indruk op my gelaat

Ek is in die middel.

IMG_1845

Toeka-Tokkel no 19: Grot –

het nogal heelwat interessante vertellings opgelewer.

Baie dankie aan die volgende deelnemers:

Scrapydo of te wel die uwe het grot geopen

Toeka-Tokkel no 19: Grot

Kameel is nie n grotbewoner nie en dan nog vlermuise wat rondvlieg….

Grotte

Tannie Frannie en haar seun-grot..

Vir Toeka-Tokkel: Grot

Toorts- ook gladnie n grotbewoner nie

Toortsie se Toeka Tokkel oor grotte

Abrie dink hardop het ook n pragtige vertelling oor Kango-grotte

Die mooi jong Amerikaanse dokter, die rugbesering en die Kangogrotte

Olga is besig om inte haal!

Hier is haar n Mens in elke blom,

toekatokkel 17. ‘n Mens in elke blom

Ook Olga se eetgoed

Toekatokkel 18 EETGOED.

Volgende keer doen ons VERANDERING


34 responses to “Toeka-Tokkel no 20: Die see (vervolg)”

  1. milliethom Avatar

    Although I don’t speak Afrikaans, Ineke, I think this post is about your journey form South Africa to New Zealand (or perhaps just a family holiday?)I can guess that the phrase immediately above the photo says that you are in the middle. You were a very pretty little girl. The old photo is wonderful, and certainly one to cherish.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      This was about the trip from Holland to South Africa. We migrated in 1952. I had my 6th birthday on the ship!

      Like

      1. milliethom Avatar

        Oh, thank you for explaining. I always thought you’d been born in South Africa. So, you were a little blonde Dutch girl. You were certainly cute.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Yes, so days I hated it because you know how children can hurt with words! Now I’m again in a situation where I feel an out cast(or foreigner which I am) when they say SA-cans are so and so. Thing is some people don’t understand that each nation has good and bad ways. Why always hammer on the bad.

          Like

          1. milliethom Avatar

            People can be very cruel, even adults, when they generalise like that. Often the remarks are thoughtless, or just repeats of what odd stupid people have said. You’ve been in NZ for so many years, I’m sure no one sees you as an outcast. I do agree that there are good and bad in all nations – and it’s only idiots who just harp on about the bad. They’re just ill-informed or ignorant people. Hold your head high, Ineke.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              I am a survivor and usually don’t take these things personal but at times it hurts. Those who talk like that usually don’t like it when you give them a piece of your mind. I anyway love to be friends with different people no matter how rich or poor, intelligent or not so. Teaching is a good place to learn how to handle all the differences. Oh and it usually are those with a low self image that make those accusations. Thanks for listening(reading) and answering my comments. You are a dear friend on line. 🙂

              Like

  2. Toeka tokkel 20 Die see. | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] paar dae en neurie “Come with me, to the sea” sodat ek tog net nie moet vergeet nie. Ook om bietjie inspirasie te kry vir Scraps se opdrag om oor die see te skryf. Sien , David Kramer sing “Biscuits en biltong, ek is ‘n weskus […]

    Like

  3. Kameel Avatar
    Kameel

    My taak is in 🙂

    Waar is die see?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man, dankie vir jou!

      Like

  4. Waar is die see? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se Toeka-tokkel: Die See […]

    Like

  5. angelswhisper2011 Avatar

    That picture is purriceless, Trompie. That was quite an adventure, wasn’t it? Pawkisses for a wonderful day 🙂 ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Awesome adventure, remember the Neptune scene clearly. Enjoy your day!

      Like

  6. perdebytjie Avatar

    My pa het in 1936 hierheen gekom,dus is ek ook ‘n halwe Nederlander.Ek was nog nooit eers in Nederland nie…is trots Suid-Afrikaans!Baie interessant om van jou ervaring te lees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja dis interessant! Soos ek gesê het was ek 6 jaar toe ek oorgekom het(1952). So ek is n gebore Hollandse Suid Afrikaner as mens dit so kan noem. Soms dink ek dat ek nogal meer omgee vir my vaderland as wat sommige egte Afrikaners doen.

      Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Baie interessant scrapy. En toe doen jy dit weer ‘n keer om na ‘n nuwe land toe te verhuis!!! Wonder hoekom die mense daardie jare na ‘n nuwe land toe geimmigreer het? Vandag is dit niks nuuts nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit was net na die oorlog en my pa n oupa het n eie besigheid gehad wat dink ek tot niet gegaan het. My ouers moes van vooraf weer opbou. My ma se niggie in SA het n mooi prentjie voorgehou van n goeie lewe in SA. As die niggie nie gesterf het nie dink ek sou dit dalk beter gegaan het. Eintlik meer makliker gegaan het. My pa was n gekwalifiseerde tegnikus en moes n fabriekwerker wees vir die tydperk wat hy kon werk. Omdat hy nie Engels kon praat of skryf nie het hul hom nooit n geleentheid gebied om sy tegniese kwalifikasies te gebruik nie

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Ag dis jammer. Was hulle spyt hulle het geimmigreer? ‘n Goeie vriendin van my en haar gesin het sowat 35 jaar gelede uit Nederland hierheen gekom. Het hulle leer ken toe sy ‘n klein bietjie Afrikaans magtig was. Haar man het meer gesukkel met die taal. Hulle het geimmigreer omrede die sedelike verval in Nederland. Sy het gesê dat sy nie kans gesien het om haar kinders onder dit groot te maak nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek glo nie hul was spyt nie. Ons het bv soos konings in SA gelewe volgens familie wat wel in SA kom kuier het. Die ruimte was wonderlik gewees.

          Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai Avatar

    Dis darem ‘n storie en ‘n half … ek is nie regtig ‘n oomblik spyt nie Die is my land en hier sal ek vir altyd bly!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek stry nie met jou nie. Ek is ook maar n “gebore” SuidAfrikaner en kan nie daarvan wegkom nie! Trots om een te wees in elke geval.

      Liked by 1 person

  9. Abrie Joubert Avatar

    Helaas is my enigste blootstelling (tot dusver) aan vaar op die see, toe ek op my wittebrood om Rob-eiland by Mosselbaai gevaar het. Maar ek het nog nie aanvaar dat dit my enigste blootstelling sal wees nie. Maar nou dat ek daaraan dimk daar was 2 ander kort vaarte ook by Houtbaai en uit Tafelbaai toe ons werk ‘n yachting regatta geborg het. Vreemd dat ek vir ‘n oomblik van die laaste een vergeet het, maar nee nog nie geslaap op see soos Scapydo nie
    Jy is mooi blondine Scrapydo 🙂 !

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons het darem in Durban hawe en Kaapstad ook bootvaartjies gehad.

      Like

  10. Christina B Avatar

    Beide my oupa en ouma aan moederskant het ook so per boot van Nederland na Suid-Afrika geïmigreer saam met hulle onderskeie families. My oupa was 7 toe hulle dit gedoen het (ek is nie seker wanneer dit was nie) en my ouma was 19 (in 1937). Dit het my altyd gefassineer. Dit was sulke ander tye as vandag – hulle het (soos julle ook seker) nie geweet of hulle ooit weer hulle familie sou sien nie. In 1984 het sy en my ma Europa toe gegaan en al die plekke in Nederland weer besoek waar sy grootgeword het en steeds familie gehad het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons het as kinders vir my ma betaal om haar broer te besoek toe sy al 78, dit was in 1996. Sy het dit baie geniet om weer die plekke waar sy groot geword het te sien. Ook haar familie wat nog gelewe het toentertyd.. Ons huis(van moederskant) het nog steeds gestaan en my oom het daar gebly tot sy dood. Hul het nie kiders gehad en toe my tante dood is moes die huis verkoop en geld verdeel word. Jammer dat mens so n ou familiehuis nie kon behou nie. My pa het bv moes werk hê om SA toe te gaan. n Tante het werk gereël en is oorlede terwyl on s oorgekom het. Daar was toe nie werk gereël soos beplan. Baie stresvolle tyd gewees.

      Liked by 1 person

      1. Christina B Avatar

        Sjoe, ek kan my indink dit moes baie stresvol gewees het. Ek is bly julle kon jou ma die geleentheid gee om weer Nederland te gaan besoek, ek is seker dit sou vir haar baie beteken het.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          My ma het net die een broer gehad en hulle het die 4 weke wat sy daar was gate uit geniet. Daar was geen oorlewendes van my vader se kant nie.

          Liked by 1 person

          1. Christina B Avatar

            Dis baie spesiaal. Dit moes darem swaar gewees het om familie te groet en sommige nooit weer te sien nie. Ek het baie om voor dankbaar te wees wat dit betref.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Dit is so. My ouma van moeders kant is kort voor ons vertrek oorlede en my ouma van vaders kant is oorlede terwyl ons op see was. My oupa van vaderskant en tante (pa se suster) het n paar jaar na ons in SA was kom kuier. My ma het egter nooit weer haar pa gesien nie terwyl hy, ek dink 96 jaar oud geword het. Dis hoekom ek bly was om my ma die geeentheid te gee om haar broer weer te sien. Ek het n jaar na ek weg is NZ toe teruggegaan en vir oulaas my susters en hul kinders kon sien. Daar sal hopelik in die toekoms nog n geleentheid wees om hul te sien. Tina het darem vir n maand hier gekuier toe ek gekom het.

              Liked by 1 person

  11. HesterLeyNel Avatar

    Nou toe en ek het gedink jy’s ‘n gebore en getoë Suid-Afrikaner. Dis die een ding wat ek nog nooit aangepak het nie – ‘n lang seereis. Ons het dit al soveel keer bespreek, maar dan kom ons ook maar nie daarby uit nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het darem my lewe lank in SA gewoon en is ingeburger ook. Gelukkig was my ouers nie die “grand” mense om ons engels groot te gemaak het nie. Ek is trots om n Suid Afrikaner te wees en sal dit seker altyd bly. Ek wil ook dalk nog eendag n seereis doen.

      Liked by 3 people

  12. Toortsie Avatar

    Sjoe! Dis interessant. Waarvandaan het julle gekom?

    Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.