Die jaar is halfpad verby nou is dit net afdraende tot einde van die jaar. Ek kan nie glo dat Junie amper verby is nie. Toe daar gesê word vanaand is die langste nag (dit was 20 oor 21 Junie) het ek besef ons is alwer halfpad.
Almal is welkom om n skryfseltjie hier in te gooi.
Vir verdere riglyne oor Toeka-Tokkel kliek asb op die skakel:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Hierdie week kuier ons oor
VERANDERING
Ongelukkig kan ek nie meer onthou hoekom ek die woord verandering op die lysie gesit het nie. Ek dink ek moet tog in vervolg n aantekening maak van wat in my gedagtes opkom. Dit gebeur egter meestal as ek nie n skryfding het, of besig is om te bestuur.
Verandering kan baie beteken. Ten goede of/en ten kwade.
Toe ek hier in Nieu Zeealand geland het, het ek eintlik nie veel gehad nie. Ek kon vir n kort rukkie Stella, my liewe skoondogter, se motor gebruik totdat sy dit verkoop het. Van toe af was dit bus ry. Eers die tydtabel memoriseer sodat ek betyds op plekke kon kom.
Skielik kom die geleentheid verby:
Stella se pa het n ou Nissan Pulsar wat hy aan my sou verkoop. Dadelik die geldjie oorbetaal en die motortjie word vanaf Cambridge na Upper Hutt gebring.
Heerlik, heerlik! Nou kon ek darem weer op my eie rondbeweeg. Ongelukkig kos die ryery geld en petrol. Toe ry ek net die nodigste.
Die ou Nissantjie het hom uitstekend gedra.Die karretjie is van 1988.Ongelukkig het die ou enjin telkens regmaak begin kos. Hy het darem toe al 223000km gery.
Noudat ek werk het, waar ek n motor nodig het wat betroubaar is, het dit tyd geword vir verandering. Die winter breek aan.Die voorste ruit ryp toe. Ek krap af maar sodra ek ry ys die water weer. My ou motortjie het nie meer n werkende waterspuit om ruitveëers te help skoonmaak nie. Die wasem in die motor word nie opgelos nie want die waaier wat warm lug moet inblaas werk nie.
Nou moet jul mooi verstaan… Ek kannie sonder motor nie, maar ek kan ook nie met die motor so ry nie. Dis ook snags donker as ek huistoe gaan,ek kan nie behoorlik sien nie. Ek het vir n tydperk met my vensters waewyd oop gery. Yskoud, met my windbreker en mus op. Ai toggie, toggie ysig koud.
My ou Nissantjie op n koue oggend!
Ek kon dit net nie so meer doen nie. Het my bietjie spaargeldjies gebruik en by my seun die res geleen om n nuwe motor te koop. My seun het nog probeer dat ek tot vakansie moet uithou. Wat wou! Ek het my voet neersgesit.
Wat n verligting! Ek het nou vir n hele week heerlik warm, knus en veilig met my nuwe motortjie gery. Dis n Toyota Vitz(Made in Japan!)
https://en.wikipedia.org/wiki/Toyota_Vitz
Die VERANDERING was beslis baie belangrik, hoog nodig en ook die moeite werd gewees.
……………..
Die see he die afgelope week weer n heerlike bespreking uitgelok.
Gaan kyk gerus wat die volgende persone oor see te vertelle het.
Toorts is mal oor die see..
Toortsie se Toeka Tokkel oor die see
HesterleyNel dink dat die see n mens moeg kan maak- moenie glo nie!
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/06/22/in-die-rotspoele-by-mtwalume/
Kameel.. wat as daar geen see is nie?
Olga het amper met ons opgevang hier is haar grot-storie
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/06/20/toeka-tokkel-19-grotkoors/
Volgende onderwerp is STRAF
(VERSOEK: Gee my asb so n paar idees waaroor jul skryf asb. My fonteintjie is bietjie droog op oomblik-dink dis seker die verkoue en winter saam!)
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/06/28/verandering
LikeLike
Dankie man. My telefoon was van Saterdag af dood so ek het heelwat leeswerk om in te haal. Was nie te lekker so vir 5 dae sonder internet nie. Was skoon verveeld op einde.
LikeLiked by 1 person
Nogal gedink hoe sal dit wees om van internet te vas vir paar dae. Toe besef ek sal voorwaar nie weet wat om met myself aan te vang nie.
LikeLike
Ek was skoon dwalende gedurende die ure wanneer ek gewoond was om gou my pos te lees!
LikeLike
Kan dink. Ek sal my Kindle kan lees maar ook vir net so lank. Die blogs laat mens mos voel jy gesels met ‘n vriendekring. Ek lees tot my bybel op internet… en my studies. O weë ek loop tot oor die aarde rond op Earth!!! 😯
LikeLike
Ha ha, ja jong mens is nogal in n mate afhanklik. Ek kon ook darem my kindle lees. Gelukkig is dit nou oor en kan ek weer voort stoom!
LikeLiked by 1 person
VEels geluk met die nuwe kar. Mag alle reise veilige reise wees.
LikeLike
Baie dankie ek geniet my gate uit elke dag met die werk toe ry. Hoef nie meer te bekommer of ek die huis gaan haal nie.
LikeLike
Baie geluk met die nuwe motor…soms is mens bang vir die verandering,maar as jy dit eers gedoen het,is jy nooit spyt nie!Baie veilige myle vir jou,Ineke.
LikeLike
Baie dankie, die probleem lê by die geld wat dit kos. Het nou al my spaargeld gebruik en moes nog leen. Nou het ek geen agterdeurtjie om te gebruik as ek siek word of iets anders opduik. Hou maar duime vas dat alles goed sal afloop. Ek kon rerig nie meer met die ou kar ry nie.
LikeLiked by 1 person
Alles sal uitwerk!
LikeLike
Dit het in verlede alles op sy tyd reggekom dus sal dit nou ook gebeur. Mens moet maar vertroue ook hê.
LikeLiked by 1 person
In SA is dit ‘n Yaris.
Ek het eendag iewers gehoor dat die Toyotas Corollas in Australië in Suid-Afrika gemaak word. Die slegte deel was dat jy in Australië vir jou ‘n Corolla (wat in SA gemaak is kon koop), invoer SA toe, ‘n plaas betaal vir die invoerbelasting en dit sou jou nogsteeds minder gekos het as om een in Suid-Afrika te koop. Helaas, dit is teen die wet om jou Corolla daar te gaan koop.
LikeLike
Ai ja ja, dis maar n gedoente die invoerbelasting storie. Ek verstaan dit party dae gladnie. Mens kry hier ook die Yaris as hy van ek weet nie waar kom en as hy uit Japan kom is hy n Vitz. Vir my ook maar belaglik in elke geval.
LikeLike
Klink baie lekker mens kan altyd so Toyota vertrou al kom hy uit Japan
LikeLike
Ek het gister kar laat diens by Toyota en werklik goeie diens ook gekry al het dit heelwat gekos. Nou is ek by hul ingeboek en hul sal my op hoogte hou van lisensie, diens en padwaardigheidstoets.
LikeLiked by 1 person
Ag ek is baie bly en ook meer gerus
LikeLike
Baie geluk met die nuwe moustertjie. Hierdie storie van die “seisoene wat draai” (soos my man dit noem), veroorsaak grook bekgevegte in my gesin. Ek is vas oortuig dat die winter aanhou tot einde Oktober, wat beteken dat ek nog baie lang nagte moet deurleef voordat die son weer op ‘n behoorlike tyd opkom. Temas: ek kan skryf oor slapelose nagte en oor bekgevegte!
LikeLike
Baie dankie dit was werklik nodig! Slaaplose nagte en bekgevegte gaan ook sommer lysie toe. Baie dankie daarvoor.
LikeLiked by 1 person
Mag daardie motor vir jou tot groot seën wees, en vir kilos se plesier sorg.
Jammer Scrapy maar ek moes glimlag vir jou vertelling oor die oop venster en mussie op die kop… die prentjie is kosbaar!!! Ek gaan maar nie weer ‘n onderwerp gee nie… laas was ‘My eerste soen’ ‘n skok op jou gestel. 😆
LikeLike
Ha ha, lag maar gerus. Ek het ook vir myself gelag as ek so oopvenster koes vir ouens wat verby ry ook. Was nou nie die plesierigste om te doen maar tog het ek dit ook geniet, regte avontuur. Nou glimlag ek weer vir die soenery ook. Dit was op einde tog ook n lekker onderwerp gewees. Geniet jou dag en naweek ook. Hope liefde van hier.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly vir jou vir hierdie verandering. So in die koue met oop vensters kan nie werk nie, plus dis gevaarlik.
LikeLike
Ha ha, wat kan mens maak. Ek moet by die huis kom. Ouens het natuurlik nogal gelag vir die situasie. Nie een het egter aangebied om te help met n bietjie water om ys te breek nie!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy kon ‘n nuwe ryding kry, Ineke!!
LikeLike
Baie dankie, dit was hoog nodig. Het ou motor 6 jaar gery!
LikeLiked by 1 person
Geniet dit!!
LikeLiked by 2 people
WordPress se “daily prompt” nou-die-dag was “city” – ek het nogal gedink ek sou graag in Afrikaans oor “stad” wou blog.
Geluk met jou motortjie! Nou het jy vlerke!
LikeLike
Baie dankie, ek moet net keer of die dingetjie hol met my weg. Sal moet oppas vir spoedlokvalle. Ek het jou voorstel van stad ook sommer op my lysie geskryf. Dit behoort nogal n goeie beskrywing op te lewer.
LikeLiked by 1 person
Hartlik geluk! Die verandering was duidelik nodig!
Jy het twee onderwerpe in jou laaste sin gebruik: winter en verkoue. Wat van my eerste ryding?
LikeLike
Baie dankie dis n belewenis om weer n ryding te hê wat mens nie oor bekommerd hoef tewees wanneer iets gaan breek nie. Ha, dankie vir jou temas. Gaan sommer dadelik my lysie bietjie aanvul. Tannie Frannie het ook n lekker een gegee.
LikeLiked by 1 person
Vrouens moet maar in betroubare rygoed ry. Hoef nie grand te wees, maar betroubaar.
LikeLike
Dis hoe ek ook voel. My pa het altyd klem gelê op vrou alleen oppad kannie met n swak ryding ry nie. Hy het altyd gesorg dat voertuie goed werk. Hier moet mens elke 6 maande gaan vir “Warrent of Fitness” wat my Nissan meestal eerste keer gedruip het. Hy moes dan eers reggemaak word voordat dit weer padwaardig was. Ek het dit gehaat om te ry met wete dat enige iets langs pad kan gebeu( gelukkig het dit te darem nie gebeur nie) Ek het net nie feilig gevoel nie.
LikeLiked by 1 person
Veels geluk met die nuwe ryding Ineke! Hoop jou Toyota gee jou baie, baie jare van betroubare diens en veilige reise!
En ek vir een is BAIE bly dat die son nou terugdraai suide se kant toe, hierdie lang nagte is nie vir my nie 😀
LikeLike
Baie dankie dit voel amper of ek in die hemel is met my ryding. Ek is netso bly oor die draai van die arde na die lig en warmer tyd. n Mens se beurt is egter n mens se beurt. Noordelike deel geniet nou eers hul langer daglig.
LikeLike