Die jaar is halfpad verby nou is dit net afdraende tot einde van die jaar. Ek kan nie glo dat Junie amper verby is nie. Toe daar gesê word vanaand is die langste nag (dit was 20 oor 21 Junie) het ek besef ons is alwer halfpad.
Almal is welkom om n skryfseltjie hier in te gooi.
Vir verdere riglyne oor Toeka-Tokkel kliek asb op die skakel:
Hierdie week kuier ons oor
VERANDERING
Ongelukkig kan ek nie meer onthou hoekom ek die woord verandering op die lysie gesit het nie. Ek dink ek moet tog in vervolg n aantekening maak van wat in my gedagtes opkom. Dit gebeur egter meestal as ek nie n skryfding het, of besig is om te bestuur.
Verandering kan baie beteken. Ten goede of/en ten kwade.
Toe ek hier in Nieu Zeealand geland het, het ek eintlik nie veel gehad nie. Ek kon vir n kort rukkie Stella, my liewe skoondogter, se motor gebruik totdat sy dit verkoop het. Van toe af was dit bus ry. Eers die tydtabel memoriseer sodat ek betyds op plekke kon kom.
Skielik kom die geleentheid verby:
Stella se pa het n ou Nissan Pulsar wat hy aan my sou verkoop. Dadelik die geldjie oorbetaal en die motortjie word vanaf Cambridge na Upper Hutt gebring.
Heerlik, heerlik! Nou kon ek darem weer op my eie rondbeweeg. Ongelukkig kos die ryery geld en petrol. Toe ry ek net die nodigste.
Die ou Nissantjie het hom uitstekend gedra.Die karretjie is van 1988.Ongelukkig het die ou enjin telkens regmaak begin kos. Hy het darem toe al 223000km gery.
Noudat ek werk het, waar ek n motor nodig het wat betroubaar is, het dit tyd geword vir verandering. Die winter breek aan.Die voorste ruit ryp toe. Ek krap af maar sodra ek ry ys die water weer. My ou motortjie het nie meer n werkende waterspuit om ruitveëers te help skoonmaak nie. Die wasem in die motor word nie opgelos nie want die waaier wat warm lug moet inblaas werk nie.
Nou moet jul mooi verstaan… Ek kannie sonder motor nie, maar ek kan ook nie met die motor so ry nie. Dis ook snags donker as ek huistoe gaan,ek kan nie behoorlik sien nie. Ek het vir n tydperk met my vensters waewyd oop gery. Yskoud, met my windbreker en mus op. Ai toggie, toggie ysig koud.
My ou Nissantjie op n koue oggend!
Ek kon dit net nie so meer doen nie. Het my bietjie spaargeldjies gebruik en by my seun die res geleen om n nuwe motor te koop. My seun het nog probeer dat ek tot vakansie moet uithou. Wat wou! Ek het my voet neersgesit.
Wat n verligting! Ek het nou vir n hele week heerlik warm, knus en veilig met my nuwe motortjie gery. Dis n Toyota Vitz(Made in Japan!)
https://en.wikipedia.org/wiki/Toyota_Vitz
Die VERANDERING was beslis baie belangrik, hoog nodig en ook die moeite werd gewees.
……………..
Die see he die afgelope week weer n heerlike bespreking uitgelok.
Gaan kyk gerus wat die volgende persone oor see te vertelle het.
Toorts is mal oor die see..
HesterleyNel dink dat die see n mens moeg kan maak- moenie glo nie!
Kameel.. wat as daar geen see is nie?
Olga het amper met ons opgevang hier is haar grot-storie
Volgende onderwerp is STRAF
(VERSOEK: Gee my asb so n paar idees waaroor jul skryf asb. My fonteintjie is bietjie droog op oomblik-dink dis seker die verkoue en winter saam!)