Vir hoe Toeka-Tokkel werk kan jy net op skakel kliek en sien wat en hoe dit werk:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
%xxx%xxx%xxx%
Hierdie komende week kuier ons in stede of dorpe wat jy onthou of sommer net oor wil gesels.
Ek het groot geword in en om Pretoria, daarna het ek lank in Ptogietersrus gebly en ook n tydperk in Secunda. Ek gaan nie rerig oor die Suid Afrikaanse dorpe of stede gesels nie.
Op die oomblik bly ek in Upper Hutt wat in 1966 as stad verklaar is. Hierdie jaar vier Upper Hutt hul 50 jarige bestaan as stad. Daar is sowat 39,700 inwoners(Junie 2015)
Vir my, wat gewoond is aan n stad soos Pretoria en Johannesburg is Upper Hutt maar n klein plattelandse dorpie.
Daar is n hoofstraat(Main Street) waar meeste winkeltjies is. Dan, bygesê, is baie winkels leeg. Die stadsraad beweer die stad bloei en gaan vooruit. Die huur van die winkels is egter so hoog dat die winkels nie rerig n bestaan maak nie.
Daar is drie super-markte. n Mall,wat in 2010 in werking gekom het, hou ook nie mense om hul winkeltjies te huur nie. Daar is bv klerewinkels te kus en te keur. Die mense koop egter nie rerig in Upper Hutt nie. Hul gaan Lower Hutt toe wat tweemaal so groot is as UH. Dis beslis n onbegonne stryd vir oorlewing in Upper Hutt.
Die dorpie self is baie mooi. Dit lê langs die Hutt rivier. Die rivier is vernoem na Sir William Hutt wat n groot rol in Engelse kolonisasie gespeel het.Die grond waarop Upper Hutt gebou is was voor 1840 in Maori besit gewees
.In 1841 land eerste Europese(Engelse) settelaars hier. Die eerste ontwikkeling was n saagmeul wat inheemse bome opgesaag het. Daarna het die stad stelselmatig gegroei en ontwikkel.
https://en.wikipedia.org/wiki/Upper_Hutt
Daar was nie veel reaksie op vorige onderwerp “Straf” nie.
Dankie aan Toorts wat presies gesê het hoe dit in werklikheid is.
Toortsie se Toeka Tokkel oor Straf
Amper het ek Olga se straf gemis! Hier is haar straf en verandering bydraes
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/06/toekatokkel-22-straf/
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/05/toeka-tokkel-21-verandering/
Dankie aan almal wat gelees en ook kommentaar gelewer het.
Volgende keer se skrywe gaan oor
24. Winter,verkoue/griep/gesondheid
Ek het eintlik gedink om oor ‘n dorpie in Oos Australië te skryf, Timbertown, maar sou baie ‘navorsing’ moes doen omdat dit baie jare gelede is wat ons daar was. Kameel het my egter nou lus gemaak vir ‘n ander storie.
New Zeeland is een van die plekker wat ek nog wens om te besoek. Dalk kry ek tog eenkeer my man oorreed!
LikeLike
Lekker man. As jul sou oorkom kan jul beslis n stop hier by my kom maak. Het vir Herriemerie ook gesê sy is welkom. So blyplek is daar alreeds.
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/07/11/die-stad/
LikeLike
Mooi man. Jy en Tannie Frannie wikkel die skryfwerk.
LikeLike
Dit lyk mooi en rustig daar.
LikeLike
Dis nie altemit nie. Ek verlustig my elke dag in my pragtige omgewing.
LikeLiked by 1 person
So bly jy het verduidelik waar die naam vandaan kom – ek wonder al lank daaroor!
LikeLike
Groot plesier. Ek het self nie geweet waar naam vandaan kom nie. Dit wys ook dat die omgewing nog maar jonk is in vergelyking met die Kaap se 1652 toe die onderhandelinge begin het.
LikeLiked by 1 person
Ek wil Nieu Zeeland toe gaan!!!! (Net om te kuier – wel, toer)
LikeLike
Jy is beslis welkom om hier oor te kom staan en van hier af staptoere ens te doen.
LikeLike
Hoe weet jy ek is nie ‘n reeksmoordenaar of ‘n uitbuiter nie? 😉
LikeLike
Oh no, sal dat beslis n polisie verslag moet opvra voordat jy kan inkom. Ver elke ding wat mens hier wil doen moet daar eers n polisie verslag opgevra word om te kyk of jy enige oortredings het voordat jy gehelp of aangestel kan word in n pos of posisie!
LikeLike
Lekker
LikeLike
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Ek lief daardie Welcome to Upper Hut…. dit lyk soos vakansie!!! watwou ‘n stad.
LikeLike
Hier is beslis mooi aanwysings. Onlangs het hul n hele despuut oor nuutste kunswerk gehad. Dit was veronderstel om juis die klein Fantail se stert te wees wat gewys het met dorp se naam. Dit lyk beslis nie baie goed nie- mens kan nie rerig sien wat dit voorstel nie!. Ja-nee beslis nie n stad soos ek dit ook ken nie.
LikeLike
Dit is voorwaar ‘n pragtige dorp en ‘n stad teen my dorp. Wat so opvallend is, is dat dit SKOON is.
LikeLike
Dankie, mense hier is darem geneig om hul papiere in die vuilgoedmandjies te gooi(by elke busstop is n asdrom. Daar is ook n lorrietjie wat die strate vee en blare, takke en sand optel. Tog bly daar mense wat steeds hul botteltjies of omhulsels van eetgoed sommer van hul af smyt!(Hoop nie dis Suid-Afrikaners nie! Tong in die kies)
LikeLike
Dit is pragtig daar!
LikeLike
Dit is beslis heel anders. Net die netheid is al n groot pluspunt.
LikeLike
Jy bly regtig in ‘n pragtige dorp in ‘n pragtige land!
LikeLike
Baie dankie. Dit is n voorreg om hier te kan wees en die skoonheid elke dag te kan beleef.
LikeLiked by 1 person