Toeka-Tokkel no 24 : Winter/verkoue/ griep/gesondheid.


Ek is sommer nostalgies!

 

 

Winternag

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
le die velde in sterlig en skade
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

“Ou” Afrikaans is tog so mooi!
‘so wyd soos die Heer se genade’
‘…grassaad aan roere
soos winkende hande.’
Ai,ja,ja so pragtig.
Hierdie week gesels ons oor winter en alles wat daarmee gepaard gaan.
Ek het vir die sewe jaar wat ek hier in NZ is, nooit verkoue of griep gehad nie. Ek het wel elke jaar my griep inspuiting gekry omdat die verkoue meestal in my longe intrek.
Gelukkig het ek die paar jaar nie met kinders gewerk nie.
Wraggies hierdie jaar toe vang die verkoue my op die einde. Daar is so baie lopende neuse en hoestende kele dat my lyf besluit het hy gaan nou maar saamdoen.
Ek moes vir twee dae tuis bly om oor die hond se stert te kom. Gelukkig was die rus net wat ek nodig gehad het en kon ek die verkoue afskud.
Dit wys n mens, daar is tog altyd maar verkoue-kieme wat oral rondvlieg en veral nog in n toe warm kamer ook.
Kliek op volgende skakel as jy wil weet hoe Toek-Tokkel werk:
Die volgende persone het oor STAD/DORP gesels.
Baie dankie vir jul getroue ondersteuning. Ek waardeer dit baie.
Scrapydo(ekke) het baan geopen met Upper Hutt New Zealand
Tannie Frannie se bly in Pretoria
Kameel in vroeë Johannesburg
Toorts gaan Kaapstad toe
Interessant dat elkeen n ander stad belewenis vertel het.
Ons volgnde Tokkel gaan oor DROME
Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

35 thoughts on “Toeka-Tokkel no 24 : Winter/verkoue/ griep/gesondheid.”

  1. Ek hou nie van winter nie, dis is nie sag op my kniee nie. Heng daardie teelwerk het my kniee opgeeet. 👿 Maar nou ja, winter gaan verby. Dan sal my kniee steeds opgebruik wees.

    Like

  2. Daardie gedig is so pragtig…. het my nou teruggeneem skool toe.
    Vertrou jy is nou oor die verkoue, en hy het nog nie weer sy kop uitgesteek nie.
    Dit is goed koud hier vandag :(,

    Like

          1. As jy nou praat van nagdrome stem ek saam. Wens so ek is van dié wat nie droom nie… of as hulle wel droom onthou hulle dit nie.

            Like

  3. Stupid ek het nie geweet jy bly in NZ nie! ek hou van stories oor Suid-Afrikaners se lewens in ander lande. Eugene Marais – sjoe, vat dit my terug na my laerskool dae

    Like

  4. Ek is bly jy voel nou weer beter. Tot dusver het ek darem die griep en verkoues vrygespring, maar gelukkig kom ek nie baie in aanraking met ander mense nie – behalwe wanneer my man die hospitaal besoek en ons heeldag daar in die rye sit!

    Like

    1. Ek het nou 2 weke vakansie en kan nou ietsie doen wat ek graag wil doen. Wil my poppie kwilt klaarmaak om op my eie bed te gebruik. Die winter het van gister af hier met krag toegeslaan. Het woeste wind en reën laasnag gehad. Sneeu is op hoë pieke hier. Geniet jy nog jou vakansie in die woesteny?

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s