Toeka-Tokkel no 24 : Winter/verkoue/ griep/gesondheid.


Ek is sommer nostalgies!

 

 

Winternag

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
le die velde in sterlig en skade
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

“Ou” Afrikaans is tog so mooi!
‘so wyd soos die Heer se genade’
‘…grassaad aan roere
soos winkende hande.’
Ai,ja,ja so pragtig.
Hierdie week gesels ons oor winter en alles wat daarmee gepaard gaan.
Ek het vir die sewe jaar wat ek hier in NZ is, nooit verkoue of griep gehad nie. Ek het wel elke jaar my griep inspuiting gekry omdat die verkoue meestal in my longe intrek.
Gelukkig het ek die paar jaar nie met kinders gewerk nie.
Wraggies hierdie jaar toe vang die verkoue my op die einde. Daar is so baie lopende neuse en hoestende kele dat my lyf besluit het hy gaan nou maar saamdoen.
Ek moes vir twee dae tuis bly om oor die hond se stert te kom. Gelukkig was die rus net wat ek nodig gehad het en kon ek die verkoue afskud.
Dit wys n mens, daar is tog altyd maar verkoue-kieme wat oral rondvlieg en veral nog in n toe warm kamer ook.
Kliek op volgende skakel as jy wil weet hoe Toek-Tokkel werk:
Die volgende persone het oor STAD/DORP gesels.
Baie dankie vir jul getroue ondersteuning. Ek waardeer dit baie.
Scrapydo(ekke) het baan geopen met Upper Hutt New Zealand
Tannie Frannie se bly in Pretoria
Kameel in vroeë Johannesburg
Toorts gaan Kaapstad toe
Interessant dat elkeen n ander stad belewenis vertel het.
Ons volgnde Tokkel gaan oor DROME

36 responses to “Toeka-Tokkel no 24 : Winter/verkoue/ griep/gesondheid.”

  1. Vir Frannie: Hibberdene - Dis Ekke Avatar

    […] Toeka Tokkel 24: Winter […]

    Like

  2. Toeka tokkel 24 Winter se kwinte en kwale | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Verlede week was Scraps se opdrag oor winter se peste en plae. Nou ja, aangesien die internet nou so op ‘n plan werk, laat ek sien hoe ver ek kom. […]

    Like

  3. Olga Avatar

    Ek hou nie van winter nie, dis is nie sag op my kniee nie. Heng daardie teelwerk het my kniee opgeeet. 👿 Maar nou ja, winter gaan verby. Dan sal my kniee steeds opgebruik wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja jong die koue knou maar mens se lyf veral as ons ouer word.

      Like

  4. Kameel Avatar
    Kameel

    Daardie gedig is so pragtig…. het my nou teruggeneem skool toe.
    Vertrou jy is nou oor die verkoue, en hy het nog nie weer sy kop uitgesteek nie.
    Dit is goed koud hier vandag :(,

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, lekker ou skooldae. Daardie tyd het ek nie veel gemaak van al die gedigte nie maar vandag kan ek nog heelwat onthou net omdat dit mooi aangebied is.

      Liked by 1 person

  5. Kameel Avatar
    Kameel

    My taak is in 🙂

    Die Winter

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Kameel jy is fluks, ek moet nog droom oor die drome vir hierdie komende week.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Sien uit om jou drome te hoor!!!

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Mmm, my regte drome is meestal nie baie aangenam nie! Hul is geneig om nagmerries te wees.

          Like

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            As jy nou praat van nagdrome stem ek saam. Wens so ek is van dié wat nie droom nie… of as hulle wel droom onthou hulle dit nie.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ek onthou ook meestal die nagmerries en sal hul oor en oor droom.

              Liked by 1 person

  6. Die Winter | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Winter […]

    Like

  7. Christina B Avatar

    Dis die mooiste gedig en Eva vertolk dit baie mooi. Ek is bly om te hoor jy voel darem beter.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat die verkoue kon nie vastrapplek kry hierdie keer nie. Die gedig is maar een van ou geliefdes waarmee ons groot geword het

      Liked by 1 person

  8. Vir Frannie: Hibberdene | Dis Ekke Avatar

    […] Toeka Tokkel 24: Winter […]

    Like

  9. Toortsie Avatar

    O, die winter. EK is lief vir die winter.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Gedeeltelik stem ek met jou saam. As dit egter so nat is soos hier dan raak dit nie so lekker op die ou end nie. Als ruik muf en die mos groei tot binne as mens nie oppas nie.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Dit moet bitterlik koud word by julle. Dis vir my lekker as ek warm en snoesig in my huis is, ek weet vir baie mense moet dit regtig nie lekker wees nie.

        Liked by 1 person

  10. Pixie Avatar

    Stupid ek het nie geweet jy bly in NZ nie! ek hou van stories oor Suid-Afrikaners se lewens in ander lande. Eugene Marais – sjoe, vat dit my terug na my laerskool dae

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy is nie stupid nie, mens weet mos nie alles nie! Ek is maar hier vanaf 2009 so my lewe was maar in SA. Die lewe hier is ook maar n aanpassing van n ander wêreld, veral op my ouderdom.

      Like

  11. Abrie Joubert Avatar

    Amen vir Frannie se opmerking oor Eva Mouw

    Like

  12. de Wets Wild Avatar

    Ek kan nie wag vir die winter om verby te kom nie! Ek moet so lank wag vir die son in die oggende!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Is nogal. Ek laat Trompie loop so 6:30 dan is dit pik donker. Ek ry 7:15 soggens dan is dit nog donker en kom na 5 huistoe dan is dit reeds donker! Gelukkig is dit nou besig om ligter te word

      Liked by 1 person

  13. Tannie Frannie Avatar

    Dis die eerste keer dat ek Eva Mouw hoor! Watter wonderlike ontdekking – dankie, Scrapydo!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier. Ek het na van haar ander toonsettings geluister en sy het n besondere aanvoeling vir die gedigte.

      Liked by 1 person

  14. rondomtaliedraai Avatar

    Geniet die rustydjie en bly maar binne!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal so maak. Tog moet Trompman ook uitgaan dus die geleentheid om uit te kom is daar. Vars lug is goed vir die longe.

      Liked by 1 person

  15. HesterLeyNel Avatar

    Ek is bly jy voel nou weer beter. Tot dusver het ek darem die griep en verkoues vrygespring, maar gelukkig kom ek nie baie in aanraking met ander mense nie – behalwe wanneer my man die hospitaal besoek en ons heeldag daar in die rye sit!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat, mens moet maar versigtig wees met die gesondheid op hierdie ouderdom. Sal nie graag longontsteking of longvliesontsteking kry waarvoor my liggam tog so vatbaar is.

      Liked by 1 person

  16. perdebytjie Avatar

    Pragtige gedig van Eugene Marais…dit stem mens nogal weemoedig.Ek hoop jy voel gou weer beter,Ineke.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het nou 2 weke vakansie en kan nou ietsie doen wat ek graag wil doen. Wil my poppie kwilt klaarmaak om op my eie bed te gebruik. Die winter het van gister af hier met krag toegeslaan. Het woeste wind en reën laasnag gehad. Sneeu is op hoë pieke hier. Geniet jy nog jou vakansie in die woesteny?

      Liked by 1 person

      1. perdebytjie Avatar

        O ja die weer is heerlik…sal later vandag blog daaroor!Bly lekker warm en plaas ‘n foto van die kwilt as dit klaar is!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Maak so! Klink of dit heerlik is waar jy is.

          Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.