Hou jy van Afrikaans?
Indien wel, gebruik jou gedagtes en skryf hul neer in n pos. Dis waaroor Toeka-Tokkel gaan. AFRIKAANS en LEKKER GESELS.
Vir meer inligting kliek asb op volgende skakel:
Hierdie week gaan dit oor
DROOM
Meeste van julle,wat my blog al n tydperk volg, sal weet dat ek n Miniatuur Schnautzer, met die naam Trompie, het. Kom reën,sneeu of sonskyn, ek en Trompie loop vir 20-30minute drie keer per dag.
Vanoggend(Woensdag) het ek met die terugloop, loop en droom oor wat ek alles oor droom kan kwytraak.
As kind het ek baie male in n droomwêreld van my eie gelewe. Flieks het my altyd gefasineer.
Eers was dit die swart en wit Tarzan flieks wat my laat droom het.Toe die eerste gekleurde Tarzan fliek uitkom, was dit hierdie aantreklike man met donker hare en blou oë. Dit was Gorden Scott(Tarzan). Droom ek, ek is Jane wat heerlik saam met Cheeta, die sjimpansee, in die boomhuis bly. Heel romanties so hoog in die takke met net velrokkie aan.
Dan was daar die cowboy flieks. Die groot plaashuis met n stoep rondom. Lang rokke en rybroeke met stewels. Beeste wat aangejaag word om opgeveil te word. Die ‘cow-hands’ wat sulke mooigeboude, rowwe manne was. Oooo, nou droom ek sommer weer lekker dagdrome.
The big country was my beste om van te droom. Gregory Peck was my hero, John Wayne was my pa se beste een.
Ek kon ure sit en dagdroom terwyl ek bokke opgepas het in die namiddag na skool.
Daar is ook natuurlik die regte drome wat snags gedroom word. Daar is sekere drome wat ek oor en oor droom. Een is van n spesfieke huis(wat ek nog nooit rerig gesien het nie) in n sekere dorp en straat.
Dan is daar die regte nagmerries wat ek ook gereeld oor en oor kry. Die ergste is dat ek dit nog onthou ook.
…………………..
Baie dankie aan die volgende vertellers vir hul winterstories:
Eerste was
Tannie Frannie met lewenswinters
Dis Ekke vertel van die see en winter
Kameel gesels oor ryp en die koue vandag
Olga gee raad met “heerlike” medisyne en lekker sop
Toorts word uitgedaag om pannekoek te bak…..
Olga het ook nog haar deel oor dorp gedien. Nou is sy weer by met haar skrywes.
—– —– ——
Ons volgende onderwerp is:
n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou