Kom en geniet n lekker geselsie oor iets wat jou gebyt het. n Byt wat jy onthou of wat jy nie sommer sal vergeet nie.
Vir ekstra inligting oor hoe Tokka-Tokkel werk kliek asb die volgende skakel:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou
Einde 2004 het n groot ding my gebyt!
Ek het nooit rerig belangestel om fotos uit te sorteer en te verfraai nie. Meeste swart en wit fototjies is in albums geplak met foto-hoekies.
Desembervakansie 2004, word ek toe deur “scrap booking” of te wel foto-plakwerk gebyt.
Eers het ek teëgestribbel. My eerste klas wat ek bygewoon het was vir my n openbaring. Ek en n jong onderwyseressie het mekaar uitgedaag om n paar kunsvlyt klasse by te woon. Ek sou saam met haar een klas doen en sy dan n ander een saam met my. Die vriendinnetjie het gladnie daarvan gehou om die fotos op te sny en te versier nie, terwyl ek wel n tweede klas bygewoon het.
Mense, nou moet jul weet, die plakboek-gogga het my behoorlik gebyt. Ek het 12 albums gemaak vir myself en dan vir die familie elk ook een.Ek het selfs vir mense troualbums gemaak. Op die einde het ek klasse aangebied, my eie bladsy-uitlegte ontwerp en dit aangebied Saterdagoggende in werkswinkels..
Daardie byt was nou werklik n GROOT BYT gewees. Ek het heerlik elke jaar gedurende die vakansie vir n paar dae Scrap book kampe bygewoon. Baie aangename mense ontmoet waarmee ek steeds kontak het.
Hier, in New Zealand aangekom, maak ek kennis met Creative Memories. Die dame wat dit verkoop en klasse aangebied het was soos n regte bul-hond. Waar sy gebyt het, het sy net nie gelos nie. Ek moes my op die einde self losskeur uit haar kake. Sy het my opwinding en liefde vir fotoplakwerk dood gebyt!
Ek het baie lanklaas(seker so 3 jaar laas) n album oopgemaak of n foto ingeplak. Die fotos is daar maar die lus is weg.
Vertel bietjie van n BYT wat jy onthou of nie gou sal vergeet nie.
Geniet die skryf en doen dit in Afrikaans.
….. …… …..
Die volgende mense het oor drome geskryf. Baie dankie aan almal wat geskryf, gelees en kommentaar gelewer het.
I scrap 2(of tewel Die Uwe) Filmsterre en drome
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/07/21/toeka-tokkel-no-25-droom/
Kameel droom van haar liefdevolle huis
Olga vertel van moontlike droom uitlegte..
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/25/toekatokkel-25-drome/
Dis Ekke met slaap en nie slaap om te kan droom..
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/07/26/wat-is-slaap-n-wondersoete-ding/
Toorts se “klein” droompie het toe waar geword.
Toortsie se Toeka Tokkel oor drome
….. ….. …..
Augustus se onderwerpe is:
No 27 Soektog
No 28 Strik
No 29 Safarie
No 30 Susters/broers