Kom en geniet n lekker geselsie oor iets wat jou gebyt het. n Byt wat jy onthou of wat jy nie sommer sal vergeet nie.
Vir ekstra inligting oor hoe Tokka-Tokkel werk kliek asb die volgende skakel:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
n Byt wat ek nie gou sal vergeet nie of steeds onthou
Einde 2004 het n groot ding my gebyt!
Ek het nooit rerig belangestel om fotos uit te sorteer en te verfraai nie. Meeste swart en wit fototjies is in albums geplak met foto-hoekies.
Desembervakansie 2004, word ek toe deur “scrap booking” of te wel foto-plakwerk gebyt.
Eers het ek teëgestribbel. My eerste klas wat ek bygewoon het was vir my n openbaring. Ek en n jong onderwyseressie het mekaar uitgedaag om n paar kunsvlyt klasse by te woon. Ek sou saam met haar een klas doen en sy dan n ander een saam met my. Die vriendinnetjie het gladnie daarvan gehou om die fotos op te sny en te versier nie, terwyl ek wel n tweede klas bygewoon het.
Mense, nou moet jul weet, die plakboek-gogga het my behoorlik gebyt. Ek het 12 albums gemaak vir myself en dan vir die familie elk ook een.Ek het selfs vir mense troualbums gemaak. Op die einde het ek klasse aangebied, my eie bladsy-uitlegte ontwerp en dit aangebied Saterdagoggende in werkswinkels..
Daardie byt was nou werklik n GROOT BYT gewees. Ek het heerlik elke jaar gedurende die vakansie vir n paar dae Scrap book kampe bygewoon. Baie aangename mense ontmoet waarmee ek steeds kontak het.
Hier, in New Zealand aangekom, maak ek kennis met Creative Memories. Die dame wat dit verkoop en klasse aangebied het was soos n regte bul-hond. Waar sy gebyt het, het sy net nie gelos nie. Ek moes my op die einde self losskeur uit haar kake. Sy het my opwinding en liefde vir fotoplakwerk dood gebyt!
Ek het baie lanklaas(seker so 3 jaar laas) n album oopgemaak of n foto ingeplak. Die fotos is daar maar die lus is weg.
Vertel bietjie van n BYT wat jy onthou of nie gou sal vergeet nie.
Geniet die skryf en doen dit in Afrikaans.
….. …… …..
Die volgende mense het oor drome geskryf. Baie dankie aan almal wat geskryf, gelees en kommentaar gelewer het.
I scrap 2(of tewel Die Uwe) Filmsterre en drome
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/07/21/toeka-tokkel-no-25-droom/
Kameel droom van haar liefdevolle huis
Olga vertel van moontlike droom uitlegte..
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/25/toekatokkel-25-drome/
Dis Ekke met slaap en nie slaap om te kan droom..
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/07/26/wat-is-slaap-n-wondersoete-ding/
Toorts se “klein” droompie het toe waar geword.
Toortsie se Toeka Tokkel oor drome
….. ….. …..
Augustus se onderwerpe is:
No 27 Soektog
No 28 Strik
No 29 Safarie
No 30 Susters/broers
Ek was ook deur die gogga gebyt…. dit was ‘n heerlike byt. Al daardie ure van kreawiteit ontsettend geniet. Scrapboek albums vir my kleinkinders gemaak. Nou weet ek nie meer hoekom ek opgehou het nie 😦
Deel gou hierdie met jou. ‘n Vriendin gaan saam met ‘n groep vir geestelike konferensies in NZ en Australië. Kry netnou ‘n bdskp van haar… hulle vertrek eers vanaand want sy moes eers in Dullstroom wat 1 grade C is vir ‘n paar dae gaan klimatiseer vir NZ. “Hopefully I’ll be shivering more gracefully on Sunday in NZ” sê sy. En ek dog ons kry koud!!!
LikeLike
Ha ha, Dis te oulik. Dis op oomblik B….rie koud. Ek het die afgelope 2 dae my opgestopte-eendeveer-baadjie aangehad. Ek kry nie so gou koud nie maar op oomblik is dit ysig. Juis ysblomme van ryp afgeneem vanoggend. Sal bietjie opsit. Watter plekke in NZ besoek jou vriendin?
LikeLike
Hulle gaan blykbaar eers Perth toe. Weet nie hoe lank hulle in Australië gaan bly nie… dan NZ. Sy hou my op hoogte soos hulle vorder. Sal later vir jou sê. Die wind is ysig koud hier ook… maar ek glo julle kry kouer. Nou bibber “gracefully” verder in jou dik baadjie 🙂
LikeLike
Het vanoggend my kinders uitgeneem vir ontbyt 9 uur en my seun is mos slim. In die huis is dit heerlik warm. Hy dink toe nie om warm baaidjie aan te trek. Gelukkig is daar n heerlike kaggelvuur in restaurant. Lekker gesit en warm kry en toe hy uitgaan voel hy die koue. Geniet jou dag en naweek verder. Hou my asb op hoogte of laat my weet as hul dalk Wellington toe kom.
LikeLiked by 1 person
Sal so maak. Daardie kaggelvuur episode klink baie lekker en gesellig.
LikeLike
Was heel knus en warm. Hier het meeste huise n regte houtvuur kaggel alhoewel die skoon natuur bewustes natuurlik kla oor die rook besoedeling. Party oggende hang die rook nogal heel dig hier oor die dorp(darem nie die Rand se konka-rook nie)
LikeLiked by 1 person
Gedink jy sal hierdie geniet, nounet van Reinette (vriendin) afgekry.
[30/07 10:13] Reinette: Hi, i just conpleted my PERTH AIRPORT WORKOUT complements of SAA… we arrived late and had to RUN. Now we wait for boarding…😅
Thanks for all your prayer. Xxx
[30/07 10:14] Reinette: Boarding now for Sydney… see ya… 😉
LikeLike
Mooi man! Dankie vir die deel! 😀
LikeLiked by 1 person
Wat n jammerte dat die mislikke bulhond jou vreugde in jou stokperdjie gesteel het, Ineke!
LikeLike
Ja wat, gelukkig het ek darem nog die fotografie deel en blog deel wat my plesier verskaf. Sulke mense het egter nie regtig vriende nie.
LikeLiked by 1 person
Dis baie jammer want jy was altyd hart en siel daarin Ek is darem bly jy het myne ook in die albums gekry
LikeLike
Die lewe loop maar vreemde draaie. Gelukkig het ek darem ander perdjies om te ry ook.
LikeLiked by 1 person
Dis waar en jy is ‘n vasbyter!
LikeLike
Probeer maar om besig te bly. Ek raak skoon rusteloos as ek nie iets het om te doen nie.
LikeLiked by 1 person
Jy weet, ek is mos mal oor die “ou dae” (voor my bestaan). Dink nou net hoe heerlik dit sou gewees het as die voorsate sulke plakboeke gemaak het oor hulle alledaagse bestaan – ek sou to te lekker gekuier het. Ek weet die jongmeisies van daardie dae het dagboekies gehou, maar helaas, daar’s nie ‘n enkele een te vinde in my familie nie. Ek wonder of iemand darem my duisende fotos en strooipratery op my blog sal waardeer? hmmm, dis mos ‘n elektroniese plakboek.
LikeLiked by 2 people
A-nee-A ons hou al te veel van jou plakboek en kom lees baie graag!
LikeLiked by 1 person
Ag dankie. Ek is juis hier omdat ek so baie van julle plakboeke hou!
LikeLiked by 1 person
Hehehehe myne is niks meer as ‘n copy en paste getjommel nie, maar ek is grensloos lojaal en ‘n goeie ondersteuner.
LikeLiked by 1 person
Getjommel nè, nou toe nou. Ek onthou dat jy, destyds toe ek op Litnet geland het (vordat ek net so vinnig weer vertrek het) die een was wat ek die eerste bevriend het en dat jy my gehelp om nie te verdwaal in daai doolhof nie.
LikeLiked by 1 person
Sug… die goeie ou dae!
LikeLiked by 2 people
Dit is nogal waar. Ek wonder ook party dae of dit rerig die moete werd is vir familie bv. Meeste stel nie belang nie of het nie tyd om te lees nie. Ek het nogal n goeie versameling ou fotos en ook n ou foto album wat my pa gemaak het van sy vroeë lewe wat baie insiggewend is.
LikeLiked by 1 person
Ek het in my jonger dae ook nie veel erg gehad aan die voorgeslag se stories nie en nou hier op my oudag is ek spyt oor alles waarop ek uitgemis het.
LikeLike
Dis waar, ek is spyt ek het nie meer met my ma gepraat en uitgevra nie. Maar mens het mos jou plek geken as kind. Geen intieme vrae nie!
LikeLiked by 1 person
Dis waar van ons geslag nè?
LikeLike
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Ek herkou nog so bietjie of ek aan hierdie uitdaging gaan byt. Daar is ngal iets met ‘n figuurlike en letterlike byt wat jy nou in my gedagtes oproep…
LikeLike
Jy moet aanhou kou en hom dan verwerk sodat hy ons bietjie kan kom byt. Bly dat ek jou gedagtes kan prikkel. Dis waaroor dit tog maar gaan
LikeLiked by 1 person
Ek ken daardie byt..het borduurklasse gedoen met my borduurmasjien en daardie tannie het tot ys in die winter aan die slagoffers verkoop.Moes alles uit haar winkel koop vir elke klas en het ‘n fortuin gekos.Ook my lus afgebyt!😜😵
LikeLike
Ek wonder soms of sulke mense nie agterkom dat hul dit half onplesierig maak vir ouens wat rerig belangstel en dit geniet. Is dieselfde met die kwilt-makery. Plaaslike winkeltjies is onmenslik duur. Outomaties gaan soek mens dan maar op die net vir goedkoper. Die persoonlike kontak met ander mede “werksters” is tog ook baie lekker en belangrik.
LikeLiked by 1 person
Dis hartseer dat een mens se oorywer jou lus so kon smoor.
LikeLike
Beslis heel onplesierig. Ek is reeds n introvert en daar is nie baie nodig om my te versmoor nie.
LikeLike
Lovely memories, Trompie. Your mom made some real beautiful scratchbook pages. We loved it! Pawkisses 🙂 ❤
LikeLike
Awww, thanks, Angel! She has a huge collection of albums. Hope you have a lovely weekend. Ours is really icy cold and very windy. Licks and high paws.
LikeLiked by 1 person