Welkom by nog n Toeka-Tokkel. Verlede week se byt storie het baie interessante reaksie uitgelok.
Alles gaan oor lekker gesels oor eie ondervindings en dinge. Belangrikste is dat dit in AFRIKAANS is waarin daar geskryf word.
Vir meer inligting oor hoe Toeka-Tokkel werk besoek die volgende blog-inskrywing:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
SOEKTOG
Wie kan onthou hoe mens na sleutels kan soek? Dit begin meestal eers net waar die sleutels oorspronklik moes gewees het. Die soektog brei dan wyer en wyer uit.
Ek wil eintlik oor n ander soektog gesels.
So twee weke gelede het daar n versoek op ons “neighbour watch” webblad verskyn. As iemand dalk vir Mary Berrington gesien het moet die polisie gekontak word. Daar is die volgende dag oor die radio ook versoeke elke uur, om te laat weet as iemand haar gesien het.
Mary is/was n 62 jarige dame wat half geremd is en medikasie gebruik om haar te kalmeer. Sy het net van haar huis verdwyn. Haar oppasser het alarm gemaak toe sy haar nêrens kon kry nie. Mary was geneig om weg te kruip as sy bang was.
Daar is toe n soektog in die omgewing begin van waar sy bly. Die soektog het verder en verder uitgekring. Die polisie en vrywilligers het vir seker vyf dae intensief gesoek. Geen leidrade, net totaal en al niks is gevind nie. Die polisie het na n week opgehou soek. Privaat soekgeselskappe het nog n week langer gesoek.Die soekers was almaal vrywilligers. Die weer was ook baie sleg gedurende die twee weke.Ek het die tweede Sondag namiddag die soekgeselskap teengekom. Hul was oppad om die berg uit te soek. Daar is altesaam 350 ure na haar gesoek deur vrywilligers.
n Helikopter is ook gebruik om die rivier en rante te fynkam.
Die soektogte het niks opgelewer. Tot vandag (drie weke later)is daar steeds geen taal of tyding nie.
Baie tragies.
<<<<>>>> <<<<>>> <<<<>>>>
Die volgende persone het mooi “byt” vertellings geskryf. Baie dankie daarvoor.
Gaan lees gerus wat hul alles geskryf het.
I scrap 2(die uwe)
Olga se tandarts byt
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/07/28/toeka-tokkel-25-die-byt/
Kameel wat by die dood omgedraai het
Toorts en kinderbyte
Toortsie se Toeka Tokkel oor ‘n byt wat ek nooit sal vergeet nie
Dis Ekke byt terug as daar gebyt word
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/08/03/ek-laat-nie-aan-my-byt-nie/
Abrie dink hardop het amper oor byt geskryf. Hy het wel n mooi stuk oor werklike lewenservaring geskryf.
https://abriejoubert.wordpress.com/2016/08/03/ek-is-soms-wel-jaloers-johan/
Dit is dan vir eers alles vir die week.
Volgende keer is
NO 28 STRIK
Dis regtig tragies. Ag ek hoop regtig sy word opgespoor, selfs al lewe sy nie meer nie. Vir die familie is dit baie moeilik as so ‘n persoon nooit gevind word nie, hulle bly altyd wonder.
My neef was een van 4 lugmagoutjies wat huistoe gevlieg het in ‘n klein vliegtuigie en verdwyn het. ‘n Hele week lank is hulle gesoek. Genadiglik is hulle na omtrent ‘n week gevind, ek dink die soektog sou afgelas word. Hul het teen ‘n berg vasgevlieg. Baie tragies maar steeds is ek so dankbaar dat hulle wel gevind was.
LikeLike
Dit is belangrik om te weet waar sy is. Tog is dit n moeilke ding om te aanvaar as mens nie weet hoe of waar nie.
LikeLiked by 1 person
I hope she turns up!
LikeLike
I don’t think so! It’s been too long out in the cold and without medication. Hope they find the body to get closure.
LikeLiked by 1 person
Wys net weer dat niemand weet wat vir hulle in die toekoms wag nie. Hartseer storie.
My vriendin kuier by haar mense in Timaru en Ashburton Suideiland.
Het gister weer deur earth in jou dorpie gaan rondloop; Daar is vir my so ‘n oulike huis in Comeskey Grove Nr 13. Weet nie of dit nog so lyk nie maar die boompies ens is so netjies gesny. Wou by jou gaan teedrink…. maar mens val nie net iemand se huis binne nie. 🙂
LikeLike
Beslis ja. Het gou gaan kyk na daardie huis. Grênd plek. Vir hier is die huis en erf mooi groot. Nou het jy sommer gesien waar ek my kruideniersware elke week koop by Pack-and-Save. Dis die goedkoper kettingwinkel. Jammer ek het die teetjie gemis ek was juis nie tuis nie!
LikeLiked by 1 person
Is die tuin nog so oulik gesny? Moet baie werk wees om hom so in boksies gesny te hou. Ja sug, het aan jou deur geklop…. net Trompie was tuis.
LikeLike
Dit word nog goed bygehou. Ouens hier is baie tuinbewus. Hier is baie privaat tuin versorgings mense wat mens kan huur om weekliks of maandeliks alles by te hou.
Trompie het my nogal vertel iemand was hier, ha ha.
LikeLiked by 1 person
Ai, wat ‘n vreeslikheid. Dan was daar ‘n oppaster ook.
LikeLike
Daar “post”dit sommer voordat ek klaar is. Arme oppaster kry ek baie jammer. Sy is seker so vol selfverwyt.
LikeLike
Sy het eintlik dadelik gaan soek by bure en toe die radio gebel om te vra dat mense op uitkyk moet wees vir haar. Mary was welbekend hier. Dis wonderlik hoe almal help soek en gereageer het op nood-oproep. Dit het toe nog juis die nag baie koud en nat geword. Sonder medikasie was daar nie veel kans nie.
LikeLike
Ja, baie sleg.
LikeLike
Ai toggie … die ergste is dat sy dalk iewers dood kan lê
LikeLike
Ja, sy sou beslis nie een nag oorleef buite in koue en sonder medikasie nie.
LikeLiked by 1 person
Kom ons hoop op ‘n wonderwerk
LikeLike
Nee wat, dis nou net soek om haar liggaam te kry as sy nie onvoer is nie, wat ek betwyfel.
LikeLiked by 1 person
Ai dis so jammer
LikeLiked by 1 person
Baie sleg, siestog.
LikeLike
Dit is sleg. Die hele dorp het haar geken en almal het gesoek.
LikeLiked by 1 person
Ek dink die ergste deel is die wag en die wonder wat gebeur het, die onsekerheid is wat ek probeer sê.
LikeLike
Beslis ja, die naasbestaandes het gevra daar moet nou eers opgehou word met soek. Hul het geen privaatheid nie. Almal wil weet hoe soektog vorder.
LikeLiked by 1 person
😦
LikeLike
Dis ‘n baie slegte gebeurtenis.
LikeLike
Dit is baie sleg. Enige-iets kon met haar gebeur het. Koue, sonder medikasie en nag buite. Daar is bosse en heuwel aan eenkant waar sy bly. Dis n regte nagmerrie vir almal. Iemand kan haar ook opgelaai het en iewers weer afgelaai het.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop hulle vind haar.
LikeLike
Mens sal nie weet nie. Sy kon met rivier weggevoer wees see toe. Net vreemd dat hul nog niks gekry het nie.
LikeLiked by 1 person
Ag dis hartseer.😢
LikeLiked by 1 person