Toeka-Tokkel no 28: STRIK


Die tyd vlieg verby.  Hier is ek weer met ons volgende onderwerp.

Dis baie lekker om deel te hê aan ons lekker Afrikaanse skryfwerk. Jy hoef nie n skrywer te wees nie. Enige vertelling geld solank dit oor die week se woord of onderwerp gaan is alles reg.  Vir verdere inligting hoe Toeka-Tokkel, kliek asb die skakel:

Toeka-Tokkel no 14: Byname

STRIK

Betekenis van STRIK:
Val, valstrik,vangriem,iemand in die moeilikheid bring, Lusvormige knoop van lyn, das

Daar is n paar gesegdes met strik:
Jou kop in die strik steek
In eie strik gevang

Dan ook strikdas,strikknoop(Skuifknoop)
Strikvraag.

@ . . . . . . .@

Vroeër jare(vandag nog steeds as die kans hom voordoen) het jagters strikke gebruik om diere te vang. Ek onthou nog baie goed hoe daar lang graspolle geknoop word wat mens op einde na n strik to lei. Dit word so gedoen sodat die striksteller kan sien waar die strik is.
Die strik wat gebruik word kan van draad wees wat om dier se nek of poot styftrek. Dit wurg die dier tot hy dood is(baie wreed moet ek sê). n Strik kan ook n gat wees waaroor daar takkie en blare gegooi word sodat niemand dit sien nie(Nou wonder ek kan mens dit n strik noem?)
Die eintlike strik waaroor ek wil skryf, is die strikke wat in dogtertjies se hare gebind word. Hier is n paar mooi strikke van ousus en kleinsus.

My haartjies was altyd baie fyn en ek dink nie die strik sou ingebly het nie.

Dis darem rerig fyntjies as n dogtertjie n strik in die hare het. Lang vlegsels met n strik aan die einde is vir my netso eg meisie-rig.

Daar is ook die netjiese strikdas as manne deftig wil wees.

Image result for bow tie

Vandag word daar verskillende kleure strikkies gebruik vir verskillende verdienstelike sake soos bv. :

   vir borskanker.

Watter gedagtes kom op as jy aan strik dink?

….       …..      ……        …………….

Dankie aan die volgende skrywers wat oor SOEKTOG geskryf het:

Die uwe. I scrap 2 soek steeds na verlore dame.

Toeka-Tokkel no 27: Soektog

Olga en die soektog na werk!

Toeka – tokkel 27 Soektog

Toorts soek haar sleutel en n bril…

Toortsie se Toeka Tokkel oor soektog

Dit is dan die storie van verlede week.

Ons volgende Toeka Tokkel gaan oor SAFARIE

Groete van huis tot huis!


18 responses to “Toeka-Tokkel no 28: STRIK”

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    My taak is in 🙂

    Amy se strik

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jy is n skat! 🙂

      Like

  2. Amy se strik | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo se toeka-tokkel: Strik […]

    Like

  3. Toortsie se Toeka Tokkel oor strikke | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie Avatar

    […] Scrapydo het my totaal in ‘n strik gevang met hierdie opdrag!  […]

    Like

  4. Toortsie Avatar

    Ek verkyk my altyd so aan party skoolkinders met hulle netjiese vlegsels en die strikke in die hare.
    Dis ‘n moeilike onderwerp hierdie een.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis beslis n strik woord.

      Liked by 1 person

  5. Toeka – tokkel 28 Strik | OLGA SE OKSELTJIES Avatar

    […] Scraps daag ons die week om oor strikke te gesels. Nou ja, die befaamde liefde is ‘n strik. ‘n Strik wat die lewe ons stel en glo my op een of ander wyse trap ons almal daarin. Maar wat kan ek as ‘n siniese bitterbek oor liefde se? Kom ek probeer ‘n ander strik. […]

    Like

  6. rondomtaliedraai Avatar

    Siestog en jy is oral strikloos … weeskindjie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat, my haartjies was maar altyd fyntjies.

      Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Toe eindig jy jou skrywe met ‘n strukvraag 🙂 Ag toggie ek het verlede week met ‘n soektogblog begin en hom nooit klaargemaak nie. Ons kuier mos hier aan die Suidkus en dis Olimpiese spele…… so die kans vir oomblikke van stilte is maar skraal. Nou kan ek so waar sê ek is op ‘n soektog na stilte. Liefde vir jou daar in Upper Hut 🙂

    Like

    1. Kameel Avatar
      Kameel

      Strikvraag!!!

      Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, Hoop jou soektog gee jou bietjie rustigheid tussenin. Geniet jou Suidkus en Olimpiese spele! Kiwis se OS gaan nie so goed nie!

      Like

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Ag scrapy toe ek my oë vanoggend oopmaak toe is die tv klaar aan. Ek sê vir my man ek smag na bietjie stilte…. toe laat hy ewe droog hoor was ons by die huis sou hy ook die tv heeldag aangehad het vir die spele. En ons het nie eers ‘n tv nie!!! Dankie tog daarvoor.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Jy kan ook nie wen nie. So jou stilte het tuis gebly. Ek kyk net nuus en daar kry ek genoeg Olimpiese opwiding. Vroeër jare was ek baie lief vir verskillende sportsoorte. Nou op my eie pla dit my nie meer nie.

          Liked by 1 person

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Al wanneer ek graag ‘n tv wil hê is vir World Cup Soccer. Beide ek en my man is gek daarna…. en dan die Indiese Krieket. Gelukkig is dit ‘n windlose sonnige dag en dan kan ek op stoep sit en die see bekyk. 🙂

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Sokker en krieket is ook nogal iets om te kyk. Ek is mal oor swem. Dis heerlik om so rustig na die see te sit en kyk. Dit laat sommer alle stress uit mens vloei. Geniet dit.

              Liked by 1 person

  8. perdebytjie Avatar

    Ag ek is mal oor die foto’s van julle as klein dogtertjies.Ek het ook ‘n foto van myself met so ‘n strik.Dit was hoogmode.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek dink ook dis oulik die ou fototjies. Dit was beslis in die mode die groot strikke.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.