Toeka-Tokkel no 28: STRIK


Die tyd vlieg verby.  Hier is ek weer met ons volgende onderwerp.

Dis baie lekker om deel te hê aan ons lekker Afrikaanse skryfwerk. Jy hoef nie n skrywer te wees nie. Enige vertelling geld solank dit oor die week se woord of onderwerp gaan is alles reg.  Vir verdere inligting hoe Toeka-Tokkel, kliek asb die skakel:

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/

STRIK

Betekenis van STRIK:
Val, valstrik,vangriem,iemand in die moeilikheid bring, Lusvormige knoop van lyn, das

Daar is n paar gesegdes met strik:
Jou kop in die strik steek
In eie strik gevang

Dan ook strikdas,strikknoop(Skuifknoop)
Strikvraag.

@ . . . . . . .@

Vroeër jare(vandag nog steeds as die kans hom voordoen) het jagters strikke gebruik om diere te vang. Ek onthou nog baie goed hoe daar lang graspolle geknoop word wat mens op einde na n strik to lei. Dit word so gedoen sodat die striksteller kan sien waar die strik is.
Die strik wat gebruik word kan van draad wees wat om dier se nek of poot styftrek. Dit wurg die dier tot hy dood is(baie wreed moet ek sê). n Strik kan ook n gat wees waaroor daar takkie en blare gegooi word sodat niemand dit sien nie(Nou wonder ek kan mens dit n strik noem?)
Die eintlike strik waaroor ek wil skryf, is die strikke wat in dogtertjies se hare gebind word. Hier is n paar mooi strikke van ousus en kleinsus.

My haartjies was altyd baie fyn en ek dink nie die strik sou ingebly het nie.

Dis darem rerig fyntjies as n dogtertjie n strik in die hare het. Lang vlegsels met n strik aan die einde is vir my netso eg meisie-rig.

Daar is ook die netjiese strikdas as manne deftig wil wees.

Image result for bow tie

Vandag word daar verskillende kleure strikkies gebruik vir verskillende verdienstelike sake soos bv. :

   vir borskanker.

Watter gedagtes kom op as jy aan strik dink?

….       …..      ……        …………….

Dankie aan die volgende skrywers wat oor SOEKTOG geskryf het:

Die uwe. I scrap 2 soek steeds na verlore dame.

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/08/04/toeka-tokkel-no-27-soektog/

Olga en die soektog na werk!

https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/08/04/toeka-tokkel-27-soektog/

Toorts soek haar sleutel en n bril…

Toortsie se Toeka Tokkel oor soektog

Dit is dan die storie van verlede week.

Ons volgende Toeka Tokkel gaan oor SAFARIE

Groete van huis tot huis!

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

18 thoughts on “Toeka-Tokkel no 28: STRIK”

  1. Toe eindig jy jou skrywe met ‘n strukvraag 🙂 Ag toggie ek het verlede week met ‘n soektogblog begin en hom nooit klaargemaak nie. Ons kuier mos hier aan die Suidkus en dis Olimpiese spele…… so die kans vir oomblikke van stilte is maar skraal. Nou kan ek so waar sê ek is op ‘n soektog na stilte. Liefde vir jou daar in Upper Hut 🙂

    Like

      1. Ag scrapy toe ek my oë vanoggend oopmaak toe is die tv klaar aan. Ek sê vir my man ek smag na bietjie stilte…. toe laat hy ewe droog hoor was ons by die huis sou hy ook die tv heeldag aangehad het vir die spele. En ons het nie eers ‘n tv nie!!! Dankie tog daarvoor.

        Like

          1. Al wanneer ek graag ‘n tv wil hê is vir World Cup Soccer. Beide ek en my man is gek daarna…. en dan die Indiese Krieket. Gelukkig is dit ‘n windlose sonnige dag en dan kan ek op stoep sit en die see bekyk. 🙂

            Like

Leave a Reply to Kameel Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s