As ek aan safarie dink sien ek die volgende prentjie.
Avontuur
Ek is n ou wat heerlik in my gedagtes kan verdwyn op eksotiese safaries.
Die volgende het in 2010 gebeur:
Die uitstappie was gedurende my besoek aan Zimbabwe. Ons het die een dag die geleentheid gehad om Zambië in te gaan. Daar is geen vervoer tussen die twee grensposte nie.(Slegs taxies wat onbetaalbaar duur was). Dit was asof ons op safarie was. Ons moes vir seker amper n kilometer loop/stap om by die grenspos tussen Zim en Zambië te kom. My hoed wat my teen die warm son beskerm het, het my laat voel of ek in die woude van Afrika was om eksotiese vlinders te vind.
Ongelukkig het ek geen vlinders gekry nie. Ek het wel n kussing by Pep Store, in Livingstone gekoop. My suster wou dit gebruik om op te sit as ons terugry SA toe.
Nou toe, nou is dit jou beurt om van n “Safarie” te vertel.
Vir meer inligting oor Toeka-Tokkel besoek die veolgende pos:
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/05/05/toeka-tokkel-no-14-byname/
Verlede week se “STRIK” was gladnie gewild nie want net 3 persone het geskryf.
Dit maak nie saak nie, dit bly steeds lekker om jul breine te prikkel.
Dankie aan Olga, Toorts en Kameel jul bly my top skrywers al gaan dit maar met n ernstige dinkery gepaard!
Olga vergelyk die lewe met n strik
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/08/11/toeka-tokkel-28-strik/
Toorts voel uitgeboul met die woord
Toortsie se Toeka Tokkel oor strikke
Kameel en haar kleindogter bou strikke vir…
Weereens n groot dankie vir die saam skryf!
Volgende keer skryf ons oor: Suster/s, broer/s of beide
34 responses to “Toeka-Tokkel no 29: SAFARIE”
[…] https://scrapydo2.wordpress.com/2016/08/17/toeka-tokkel-no-29-safarie/ […]
LikeLike
[…] Geïnspireer deur Ineke se Toeka Tokkel safari tema […]
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/08/22/pantoffels-op-safari/
LikeLike
Mooi man! Lekker aand vir jou
LikeLike
[…] Scrapydo se toeka-tokkel: Safari […]
LikeLike
Ek glimlag vir die pienk klere by die safari onderwerp. Die hoed pas darem 🙂 Ek krap bietjie kop; die ons in jou verhaal neem ek aan is jy en jou suster. Die kussing is vir jou suster….. maar jy koop en dra hom? Is jy seker julle was nie in die woestyn en jy was ek (kameel) nie?
LikeLike
HA HA, nou maak jy my dag! Dis n goeie een. Dit was suster en sy het nie lekker gevoel nie en het in hotel by Vic valle gebly terwyl ons ander toerders op safarie na Livingston toe was vir die dag.
LikeLiked by 1 person
That music is so evocative! I must admit, I’ve never been on safari.
Happy Saturday, Ineke! 🙂
LikeLike
[…] en moet dan maar magteloos die aftog blaas. Want dan kan ek nie antwoord of die besoek eer nie. Maar ek lag omdat ek die opskrif van my stuk getik het en toe het ek gou gaan lees wat Scraps oor Safaries te se het. En stroes bob, daar het sy die liedjie opgesit wat ek so sit en […]
LikeLike
Dit klink na baie pret!!
LikeLike
Dit was beslis. Koop n kussing by Pep Store in Livingston en dra hom oor die grens na Zim.
LikeLike
OOOooo ja ek kan dit onthou maar kan die foto glad nie onthou nie Het jy jou foto’s ook vir my gegee? Ek kan nie onthou nie
LikeLike
Jy behort dit te hê want jy het dit op n stick vir my gelaai
LikeLiked by 1 person
Ek het iewers foto’s verloor Ek het dit darem nou gebêre
LikeLike
Goed jy het dit nou gebêre. Waarop het jy dit gedoen?
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n ekstra harde skyf
LikeLike
I see! 🙂
LikeLiked by 1 person
My foto’s is so deurmekaar soos ‘n hoer se handsak
LikeLike
Haai sies vir jou. Gelukkig is daar net volwassenes wat my besoek anders sou ek moes sensor!
LikeLiked by 1 person
Hehehehe Jy kan dit mos vat?
LikeLike
Maar uit jou mond uit!
LikeLiked by 1 person
Jy lyk reg vir avontuur,Ineke!Ek is mal oor die John Varty-keps!
LikeLike
Ja jong, ek het die keps saamgebring en gebruik hom as ek op foto-shoots gaan. Die son steek erg hier in namidae as dit mooi weer is.
LikeLiked by 1 person
Safari. Gaan dit deur as toer? Sjoe jy het ‘n lekker onderwerp gekies. Nee, moeilik want watter een kies ek nou?
Lyk die valle mooi van daardue kant af?
LikeLike
Kansoort van deurgaan vir toer ook. Dink net dit moet eerder n avontuur uitstappie wees. Jy kan maar rek soos jy voel. Mens sien nie die valle van die pad af nie. Die stuk niemandsland gaan oor die rivier onderkant die valle en dan weg van valle af. Mens kon wel die mistigheid van valle van Livingstone af sien.
LikeLiked by 1 person
Right. Avontuur sal dit wees. Mmmmmm … 🙂 Be Warned. 🙂
LikeLike
Ha ha, lekker man. Gaan dit n opvolg storie wees? Gordel my solank vas vir die avontuur.
LikeLike
Nou vertel ek vooruit en dan is dit op die ou end glad nie so avontuurlik nie!
LikeLike
Nee man jy kan nie nou wil kopuit trek nie! Geniet jou voorbereiding en skrywe.
LikeLike
Gedoen! Ek hoop jy hou daarvan. 🙂 Sal Dinsdag verskyn.
LikeLike
Jy vat nie nonsies nie! Geniet jou dag verder.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
“Dr. Livingstone, I presume?”
LikeLike
Totaal van Livingston vergeet. Moes eintlik n foto van hom bygesit het.
LikeLiked by 1 person