Liewe vriende en vriendinne, ek het n vreeslike bedrywige week gehad sover. Daar was nie tyd vir dink of uitwerk wat om te skryf nie. Ek gaan die naweek my stuk skryf oor
SUSTER/s of/en BROER/s.
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences….
Liewe vriende en vriendinne, ek het n vreeslike bedrywige week gehad sover. Daar was nie tyd vir dink of uitwerk wat om te skryf nie. Ek gaan die naweek my stuk skryf oor
SUSTER/s of/en BROER/s.
17 responses to “Toeka-Tokkel staan oor tot naweek!”
Ontspan, liewe Scrapydo – “no pressure”! Ons geniet Toeka-Tokkel en jy hou ons aan die gang en aan die skryf, maar dit moenie vir jou stresvol wees nie, gehoor?
LikeLike
Dankie vir verstaan. Ek is skoon moeg na die week en gladnie lus vir skryf nie. Sal wel weer beter gaan as weer ook bietjie wil saamspeel. Om 40 kinders in n klein klaskamertjie besig – eintlik rustig -te hou vat nogal aan my lyf.
LikeLiked by 1 person
O liewe land – veertig!! Die weer vaar mos in hulle in…
LikeLike
Netso! Ons is darem 4 oppassers maar in so n klein spasie help dit nie veel nie. Moet bysê klasse hier is nie baie groot nie so spasie is maar beperk as dit so reënerig is.
LikeLiked by 1 person
Sug van verligting. O jy sê boers of susters. Lekkerrr!
LikeLike
Dankie vir die saamvoel!
LikeLike
Gisteraand gesels ek en my broer te lekker en ek het die woorde in my kop, maar net toe sit ons die lig af om te gaan slaap, so weg is die woorde!
LikeLike
Oh no, nou moet jy weer van voor af met hom gesels! Toemaar ek dink daar sal nog weer woorde opduik.
LikeLiked by 1 person
*fluister* Bedrywig … maak bietjie reg!
LikeLike
Maak so, het juis getwyfel toe ek dit skryf. Kom as mens nie meer so baie die taal gebruik nie.
LikeLiked by 1 person
Geen probleem
LikeLike
Hoop die naweek gaan rustiger!!! Haal diep asem 🙂
LikeLike
Asemhaal is moeilik want die klomp kinders is woelig in die middag en dan het ek n nuwe aandete-maak begin. Sjoe, vat my meer as n uur om te maak terwyl dit veronderstel is om n half uur te wees. Sal nog vinniger gaan sodra ek bietjie geoefen is.
LikeLike
Vir wie doen jy soveel moeite met aandete?
LikeLike
Ek het n loseerder. Hy is amper twee jaar al hier by my. Hier is n vrou wat “My food bag” begin het en verkoop. Sy is vreeslik gewild met haar aandetes. Mens kry 4 resepte vir vier maaltye en die bestanddele word verskaf. Alles vars gepluk en verpak. Vleis is ook van die beste “free range” grootgemaak. Ek koop weekliks die enkel “bag”, Dit is genoeg vir my en my loseerder. Ek koop net ekstra vleis of vis wat daarby pas. Die resep is presies uitgewerk sodat jy van voorbereiding tot die opdien kan doen in 35 minute(ha ha eks nog te stadig!). Dit word Sondagmiddag per koerier afgelewer- vars uit die tuin(amper). Komende week is my 3de keer wat ek dit doen.
LikeLiked by 1 person
Sal jou uit check!
LikeLike
Jy beter. Ek wil nou nie verswak nie. Moet sterk bly met my roetine, ha ha!
LikeLike