Hier gaan ons dan met die laaste Tokkel vir Augustus 2016.
Geniet die skryf en vertel. Dis terapie vir die siel om in Afrikaans te kan skryf.
SUSTERS
Alles wat ek hier skryf is hoe ek dit ondervind het as middel kind.
Twee susters. n Ousus en n Kleinsus, Jongsus klink nie vir my reg nie.
Ousus was in die bevoorregte posisie om aan verskillende buitmuurse aktiwiteite te kon deelneem op skool. Tennis, swem, kuns/teken en musieklesse. Sy is steeds baie talentvol.
Sy was ook my klankbord toe ek begin skoolhou het.
Ons het baie gekuier. Sy het toe reeds drie kindertjies gehad wat ek baie geniet het. Naweke was ons kuiertyd. Ek het selfs naweke by haar oornag. Ons was werklik baie geheg aan mekaar. Na my troue het ek weggetrek. Ek het nie n telefoon gehad nie en ons vriendskap het half opgedroog.
Ek het wel gedurende vakansies by Ousus gaan kuier. Dan het ons n hond uit n bos gesels. Ek het weer teruggetrek Potties toe en ons het die vriendskap weer opgebou. Naweke het ek meestal, op n Sondagoggend, na kerk gaan kuier. Ons het dan saam middagete geeët en heerlik in haar lapa gesit en kuier. Ousus was my steunpilaar, my vriendin en ook my stille luisteraar, tot na my ma se dood. Die vriendskap en gehegtheid het net verdof en eintlik uitgedoof.
Tot vandag bly daar maar n krapperigheid tussen ons. Dalk is ek te fyngevoellig of sensitief. Ek voel egter n saak het twee kante. Sy bly my suster en ek bekommer my ook maar oor haar. Ons het nie meer die oop verhouding nie.Ons skryf darem so nou en dan vir mekaar.
Dan is daar Kleinsus.Ons het as jong kinders heerlik saam gespeel en gewerskaf. Ousus het meeste van tyd Kleinsus wou reghelp en dit het nogal wrywing veroorsaak. Ek het nie veel met Kleinsus te doen gehad nie. Of te wel, ons was nie so na aanmekaar soos ek en Ousus toe ons groot was nie. Ons het vir jare nie regtig kontak gehad nie. Kleinsus het darem my troue help reël waarvoor ek steeds dankbaar is. Ek weet wel dat Kleinsus verder gestudeer en help skoolboeke skryf het. Sy het ook ons ouers gehuisves vir baie jare. Toe ek terug in Potties was het ons darem verjaarsdae saam gevier. Ook met Kersfees het ons saam deurgebring.
Na my ma se dood het ek en Kleinsus nader aan mekaar beweeg. Ons het meer gereeld gekuier. Die band het versterk namate die tyd aangestap het na my vertrek na NZ. Kleinsus het saam met my hierheen gekom en vir n maand hier gekuier. Ons het in 2010 ook heerlik saam Zimbabwe toe getoer.
Kleinsus “kyk” baie mooi na my. Sy bekommer haar as ek nie dadelik haar, oor die lug briewe, antwoord nie. Ek waardeer haar ondersteuning baie.
Dit sou eintlik lekker kon wees as ons twee nog naby mekaar gebly het.
Dit dan in n neutedop oor my twee liewe susters.Ek is lief vir albei en mis hul party dae vreeslik. Tog is ek gelukkig dat ek steeds kontak met beide het. Familie bly tog maar familie!
+——-+——-+——-+
September 2016 Onderwerpe
31. Opwinding
32. Kos
33. Eienaardige ondervinding/ervaring
34. Besoekers
35. Hande
Die volgeende ouens het heerlik saam op Safarie gegaan verlede week.
Baie dankie aan jul almal. Jul is helder sterre hier rond.
I scrap 2 (die uwe) Koop n kussing in Livingston.
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/08/17/toeka-tokkel-no-29-safarie/
Olga is eerste en sing heerlik saam…
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/08/19/toeka-tokkel-29-swinging-safari/
Frannie het n bullebak van n safarie-leier gehad
https://frandr.wordpress.com/2016/08/20/vir-toeka-tokkel-safari/
Perdebytjie – wat n Afrika Safarie was dit nie!
https://perdebytjie.wordpress.com/2016/08/21/vir-toeka-tokkelsafari/
Kameel- renoster en pantoffels!
Toorts loop n olifant raak
Toortsie se Toeka Tokkel oor Safari
Abri gaan uit eet op safarie en stoute studente…
No 31. OPWINDING is volgende. Begin solank dink mense!
25 responses to “Toeka-Tokkel no 30: Broer/s en/of Suster/s”
[…] as ou Toortsie ‘n idee in haar kop kry, moet jy net koes. So was Scrapydo se laaste bloguitdaging mos oor broers, en Toortsie wonder of haar broer ook ‘n Alter Ego het, en sy besluit sommer sy […]
LikeLike
Dankie vir die deel altyd gewonder waar pas Tina in die prentjie.
My hart my gebede alles in my roep uit dat my kinders tog asseblief net naby aan mekaar sal bly en nie met die besige lewe van mekaar verwyderd sal raak nie. Seker nie baie realisties nie, maar ai hulle het dan onder een dak grootgeword.
LikeLike
Dit is tog so belangrik dat hul tog maar kontak bly hou al is hul ook besig. Daar is genoeg verwydering tussen familie. Dit is ook soos jy sê hul/ons het onder selfde dak groot geword. Hope liefde vir jou!
LikeLiked by 1 person
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/08/31/my-broer-en-n-hartseer-lewe/
LikeLike
Dankie! 🙂
LikeLike
[…] Scrapydo se toeka:tokkel – Susters/Broers […]
LikeLike
[…] Scrapy nooi ons om te gesels oor ons sibbe. Ek sal heeldag kan praat, ek het tog so baie. Daar was vier voor my en nog vier na my. So sien, ek is Olga in die middel. […]
LikeLike
[…] In opdrag van Scrapydo. […]
LikeLike
Ek hoop om nog aan hierdie een, deel te neem, maar dit sal ´n halwe boek moet wees, want ons is/was 8 kinders, ses leef nog en ek sal almal moet behandel. Stuur groete vir Kleinsus.
LikeLike
Kan goed glo dat so baie kinders heelwat interessante dinge kan herleef. Was darem maar n ander soort van omstandighede waarin ons groot geword het. Daar was nie baie tyd vir speel nie. Ons het van ek in std 6 was geboer en vroeg opstaan, melk en diere uitvat weiveld toe het nie veel tyd vir skoolwerk en speel gelaat nie. Ons het ook nog met parrafienlampe saans moes probeer om iets te doen. Sal vir Kleinsus groete stuur. Sy is so knus en rustig daar in haar huisie. Groete daar oorkant die water vir jou ook.
LikeLike
Sug… ja nê!
LikeLike
Ons het as kinders nooit rerig veel met mekaar te doen gehad nie. Ook maar n harde tyd gewees.
LikeLiked by 1 person
Daar was ook baie postiewe goed. EN ons het baie pret ook gehad.
LikeLike
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Soos jy sê, ‘n saak het twee kante. Soms word mens skuldig bevknd voor jy nog die geleentheid hehad het om jou saak te stel. Ek is hartseer saam met jou omdat jy en jou ousus mekaar ietwat verloor het, maar weer bly dat jy en kleinsus mekaar in julle laterjare gevind het. Mooi storie.
LikeLike
Ja jong, wat sê hul van harde klippe(koppe)? Soms kan mens nie wen nie. Ek is ook bly dat ons steeds darem nog kontak het met mekaar. In begin toe ek hier gekom het het ons nie rerig geskryf nie. Dis darem besig om bietjie op te klaar- Steeds nog maar die steke wat mens kry maar wat, dit ignoreer mens maar.
LikeLiked by 1 person
Ek was ook die middelkind…lekker om hier te lees,dankie Ineke.
LikeLike
Dit het sy voordeel en ook sy nadele! Bly jy het dit geniet om te lees(geluk met jou verjaarsdag 28e)
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Hoop dis n heerlike dag en n pragtige nuwe jaar.
LikeLiked by 1 person
Kan ook nie saampraat nie. Ek was die jongste van tien, maar ons familie leef op verskillende planete.
LikeLike
Dis nogal goed gestel. Op verskillende planete!
LikeLike
Kannie saampraat nie, ek het geen sibbelinge gehad nie.
LikeLike
Ag siestoggie … maar dan – dis hoekom jy so bedref is! …*koes*
LikeLike
Ek sien met my seun is dit ook so. Hy wens soms hy het n broer of suster gehad.
LikeLike