OPWINDING
Enige iets kan opwinding veroorsaak-ten goede of ten kwade.
As ek smiddags tuis kom is Trompie, my hond , se opwinding n belewenis om te sien. Hy het n vreeslike kort stertjie, sy hele agterlyf waai as hy so bly is om my te sien. Hy maak ook spesiale welkom huil-blaf geluidjies. Hy doen dit nou selfs ook as my loseerder smiddags huistoe kom. My loseerder neem hom natuurlik ook vir lekker lang lopies na werk. Dit is deel van die opwinding. Daardie lekker lopies!
Daar is ook soggens, voorskool, die opwinding van my klompie vyfjarige kleuters. Hul is so opgewonde om in die klas te kom omdat hul elke dag iets nuuts het om my te wys of te vertel. Die beste van alles is dat hul sommer vir die ma of pa weghol om by my te kom. Die meeste kleintjies se ouers laai hul by hek af en hul kom self na die klas toe.Dis eintlik kostelik om te sien hoe die gesiggies ophelder as hul inkom en dan nog van hul maatjies ook sien. Hul kan meestal ook nie genoeg kry van speel nie. Hul is sommer teleurgesteld as hul weer moet oppak om na hul klasse te gaan. Die kleingoed is nog spontaan met hul opgewondenheid in hul lewens.
Wat gee vir jou opwinding in die lewe of waaroor raak jy opgewonde?
;;;;;;……;;;;;;……;;;;;;
Toeka-Tokkel is vir almal wat in Afrikaans wil skryf. Kom vertel waaraan jy dink as jy die onderwerp sien. Elke Donderdag is daar n nuwe woord of woorde om jou teprikkel om jou storie te vertel.
Verlede week het ons oor susters en/of broers gesels.
Baie dankie aan die volgende persone wat deel geneem het. Gaan lees gerus wat hul te vertelle het.
Tannie Frannie verlang baie
https://frandr.wordpress.com/2016/08/28/vir-toeka-tokkel-brief-aan-my-broer/
Coetzeeblog het pragtige staaltjies oor sy broers ensusters
https://coetzeeblog.wordpress.com/2016/08/29/broers-en-susters-vir-scrapydo/
Toorts het heerlik oor haar broers se stories gesels
Toortsie se Toeka Tokkel oor broers
Olga het vier voor en vier na haar en dan die een waaroor nie gepraat word nie
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/08/30/toeka-tokkel-30-come-my-sisters-praise-the-lord/
Kameel vertel van hartseer en haar broer wat swaar gekry het
Dit dan die week se skrywes.
Volgende Tokkel gaan oor KOS
17 responses to “Toeka-Tokkel no 31: Opwinding, opgewonde.”
[…] Toeka-Tokkel no 31: Opwinding, opgewonde. […]
LikeLike
[…] Toeka-Tokkel no 31:… on Toeka tokkel 30 Come my sister… […]
LikeLike
[…] In opdrag van Scrapydo. […]
LikeLike
[…] Scrapydo se toeka:tokkel – Opgewonde […]
LikeLike
Hulle sê mos elke mens moet ‘n hond kry dan sal jy altyd welkom voel wanneer jy by die huis aankom 🙂
Jay leer vir onderwyseres deur Unisa. Sy doen ook naskool en kom vertel gereeld hoe opgewonde die kinders oor die kleinste dingetjie kan raak. Klink vir my jy geniet dit en dat dit jou lewe verryk.
LikeLike
Die honde-welkom is beslis waar. Ek geniet dit om so met die outjies te kuier. Ek raak in vakansietyd skoon soekende. Dit gee my iets om na uit te sien. Dis ook heerlik as die outjies my soek om my iets te vra. Ons is 4 oppassers in namiddig en die oggend outjies het my as hul “hoeder” aangeneem. As daar geval of gelag word soek hul my om dit met hul te deel. Hul weier (spelling? ) om met ander te praat.
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/09/05/opgewonde/
LikeLike
Baie dankie!
LikeLike
My taak is vir die tweede keer in 🙂
https://toortsie.com/2016/09/06/opgewonde-take-two/
LikeLike
Gee wizz het nog nie eers die eerste een gelees nie!
LikeLike
[…] Scrapydo se toeka:tokkel – Opwinding/Opgewonde […]
LikeLike
Dis lekker as jy ‘n onderwyser het wat skoolgaan so ‘n plesierige ondervinding maak. Dis duidelik dat jy geniet om met die kleintjies te werk.
LikeLike
Mens het maar baie geduld nodig en ek is maar haastig van ge-aardheid. Moet my nogal inhou om hul nie aan te jaag as hul so steeks soos donkies is om uit te gaan na hul klasse. Dankie vir kompliment.
LikeLiked by 1 person
Ag dis darem lekker as kinders nog opgewonde is om skool toe te kom
LikeLike
Die meeste sien darem uit na skool dag. Daardie konstruktiewe besig wees is maar deel van die groot word.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n wonderlike diens wat hulle lewer
LikeLike
Eintlik wat julle lewer want ek is deel van die diens!
LikeLiked by 1 person