Kos, dink ek, is een van die heerlikste onderwerpe waaroor gesels kan word. Ek is self nie n groot kos bewonderaar nie. Ten eerste moet ek n resep hê om volgens te werk. Ek sal dit bv slaafs navolg. Geen, bietjie meer van dit of n bietjie minder van iets anders nie.
My seun en sy vrou het die afgelope paar maande vertel van die “Food Bag” wat hul elke week kry. Hul geniet dit omdat alles klaar afgemeet is. Mens moet net groente kerf en die vleisies gaarmaak en sie daar, n maaltyd vir twee is voorberei.
Die plek wat dit aanbied is so oulik. Mens bestel Maandag en Sondag word dit per Courier afgelewer. Vars uitgesoek en pragtig verpak. Hier is die skakel, kyk gerus hoe gemaklik dit is!
https://www.myfoodbag.co.nz/my-food-bags
Ek het drie weke terug begin om die “My own food bag” te kry. Dis veronderstel om vir een persoon te wees. Dis egter genoeg vir my en my loseerder. Ek moet net elke keer n ekstra stukkie vis, hoender, bees of skaapvleis by koop. Die groente en res is genoeg vir twee persone.
Dit is beslis die moeite werd.
Ek hoop ek het jou koslus geprikkel.
Almal wat afrikaans skryf kan beslis deelneem. Elke Donderdag verander die tema.
Daar is nie streng reëls om deel te neem nie.
1. Skryf in Afrikaans en geniet dit.
2. Noem my blog in jou stuk en plak my skakel in om ander na my blog te bring.
3. Plak jou skakel in by my kommentaar en siedaar. Afgehandel.
Almal wil graag lees wat jy vertel. Kom deel asseblief.
Nuwe tema vir Toeka-Tokkel no 33
Op versoek van Kameel
n Eienaardige ondervinding/ervaring
Die volgende persone het lekker vertel oor Opwinding
Kameel voel nie maklik die gevoel nie
Kameel word deur rndomtalie aangemoedig om no twee ook te skryf
Toorts voel opgewonde oor verskeie ondervindings in haar lewe
Toortsie se Toeka Tokkel oor opgewonde, opwinding
35 responses to “Toeka-Tokkel no 32: Kos”
33. Eienaardige ondevinding/ervaring. 34. Besoekers. 35. Hande 36. Eerste ontmoeting 37. Krag, elektrisiteit. 38 Om te val/ongeluk. 39. Iets wat my pla/gelukkig maak. 40.n Brief aan …
Waar gaan jul heen? Ek sal elke keer opsoek en kyk wat jy geskryf het. Gaan jy dit programmeer vir die sekere dae?
LikeLike
Australië. Ja ek programmeer dit so vir die Dinsdag elke week. Dit ssal net die ondervinding, besoekers en hande wees. Dankie!
LikeLike
Goed so! Geniet jou Ausie besoek!Hopelik is daar tyd vir bietjie fotos neem. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek sal maar sien of ek nog by die 2 posts kom, my tyd hardloop uit. Ek kon darem die een doen.
LikeLike
No worries, sorg net dat jou reëlings alles agtermekaar is. Geniet jou reis. Vlieg jy reguit Sydney toe of maak jy n ander stop erens?
LikeLike
Maak so!
LikeLiked by 1 person
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/09/12/gee-jy-vir-hulle-2/
LikeLike
Baie dankie. Ek kry net nie meer tyd om bietjie wyer te lees nie. Sal hopelik more aand bietjie lees.
LikeLiked by 1 person
[…] Scrapydo se toeka:tokkel – Kos […]
LikeLike
[…] Scrapy daag ons om oor kos te praat. Nou ja, ek kan of heeldag praat, of ek kan opstaan en nog ‘n happie in die kombuis gaan haal. Ek is baie lui om kos te kook, om koek te bak, om brood, beskuit of koekies te bak. Deesdae dink ek die ideaal sal wees om kos te koop, soos in wegneem-etes, dan hoef ek nie kombuis skoon te maak nie. Maar om die een of ander rede, is die wegneem-ete net nie in my smaak nie. Groente wat blink van die vetterigheid, bredies wat swem in die vet, nee, nee, nee. ‘n Wegneem-ete is vis en tjips. Dit doen ek so een of twee Vrydae per maand. Al word dit al jare nie meer afgedwing nie, is die mafia gewoonte seker maar te diep gesetel. Vrydag soek ek my vis. Soms maak ek ‘( mielie) pasta en tuna. Dan maak ek sommer genoeg om ‘n bietjie te vries ook. Glo my, dit kom nooit in die vrieskas nie. […]
LikeLike
Ek weet nie of dit net by my is nie, maar jou skakels na die mense wat ook geskryf het, wys nie. Ek noem dit maar net.
LikeLike
Ek weet want ek het nog nie ingesit nie. Gaan dit nou eers doen. Dankie vir jou oplettendheid. Het storie al Sondag geskryf toe ek nog nie skakels gehad het nie!
LikeLiked by 1 person
So dit kom daarop neer dat mens nie meer hoef winkel toe te gaan nie, een keer per week word jou week se kruideniersware afgelewer. Mens spaar geweldig as jy net weekliks koop in plaas van daagliks.
LikeLike
Dis so, dit word Sondag of Maandag afgelewer. Ons het hier ook dat jy die Supermark n lysie van kruideniersware stuur per e-pos en hul maak dit op en lewer dit by jou huis af. Jy kan ook dit laat regsit en self gaan haal sonder om van rak tot rak te loop.
LikeLike
Dis hoe my ma dit al die jare gedoen het. Sy het Spar gebel en die hestelling telefonies gegee. Dan het my pa dit net opgetel. Die werkers het hul lysies ook vir my pa gegee, wat dit dan die oggend afgee by Spar en dit gaan optel net voor hy ry. Dink ons Spar het steeds daardie diens. Ek weet hulle lewer af in die dorp ook.
LikeLike
Dis darem baie maklik om dit so te kan doen. Veral werkende mense baat daarby om dit so te kan doen.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dis darem oulik! Is die kosse per dag ook uitgewerk?
LikeLike
Ja, dis 4 dae se resepte en bestandele. Een van die vier is n ete vir twee terwyl drie vir enkel persoon is. Daar is egter genoeg groente en ander bestanddele om dievres van die week jou eie resp te gebruik vir drie maaltye wat oorbly.
LikeLiked by 1 person
[…] In opdrag van Scrapydo. […]
LikeLike
My skoondogter het daarvan gepraat toe ons nou by hulle gekuier het. Ek praat onder korreksie maar ek dink haar vriendin doen dit.
LikeLike
Dit help beslis baie omdat daar n resep by is en al die bestanddele. Mens hoef net op te kerf en gaar te maak.
LikeLike
Dis nou sommer ‘n goeie idee
LikeLike
Veral vir werkende mense. Alles is daar, dis net vir gaar maak.
LikeLiked by 1 person
Dis nou ook ‘n goeie plan wat mens hier kan begin as jy jou werk verloor… maar jy het bietjie kapitaal nodig om te begin
LikeLike
Het ook nogal so gedink. Bv eie groentetuin sonder al die gif behandelings. Vleis kan by ngoeie slagter gekry word. Daar is dan sommer werk vir mense ook. Hul het net n bestuurder vir Sondag en Maandag namiddig nodig om af te lewer.
LikeLiked by 1 person
Sug… aan die ander kant weet jy hoe gaan dit in Afrika
LikeLike
Beslis!:(
LikeLiked by 1 person
Alles lyk so heerlik vars!Hier is ook mense wat gaar maaltye kom aflewer…dit help ook vir die werkendes.
LikeLike
Dis beslis kwaliteit dele wat ons kry. Hier het hul ook n klaargemaakte ete wat afgelewer word.
LikeLiked by 1 person
Seker nie in SA nie, ek weet dis in NX en Australië. Klink na ‘n oulike idee, veral vir ‘n werkende persoon wat nie tyd of lus het vir inkopies nie. Ek hou van die idee dat daar resepte by is.
LikeLike
Nee nie in SA nie. Ek dink die courier sal dalk van die bestanddele self gebruik as dit sou wees. Die respte red my lewe. Dis ook elke keer weer n nuwe kombinasie sodat mens kan kies watter om weer te gebruik.
LikeLiked by 1 person
Ek het nogal opgelet dat dit netjies verpak is in bruinpapiersakke, iets wat jy nie meer hier sien nie. Die supermerk in Hibberdene bak die heerlikste brood. So vars uit die oond smelt dit op jou tong, maar hulle sit dit i ‘n plastieksak en teen die tyd wat ons by die huis kom, is dit net so ‘n sagte bolletjie deeg. Blykbaar verkies die ander kliënte dit so. Ek vat ‘n skoon vel papier saam wanneer ek gaan brood koop, hou die brood daarin op my hand vas.
LikeLike
Ja, dis bruinpapiersakke wat hul gebruik. Die koelboks vou op. Hul vat die bruinsak, koelboks en yssak weer saam om rte ‘re-cycle’. Daar bly dus eintlik net die groente stingels en blare oor wat na kompos toe gaan. Niks word gemors nie. Ons recycle natuurlik papier, plastiek en glas.
LikeLiked by 1 person
Leer jy my nou iets, ek was nie eers hiervan bewus nie! Ek gaan bietjie kyk, hoe lyk die pryse? Is dit nie duur nie?
LikeLike
Dis volgens my die moeite werd. Spaar tyd en soek en uitdink wat om te kook. Dis nie uitermatig duur nie as mens vat dis werklik top kwaliteit produkte en dan word dit per courier afgelewer ook.
LikeLiked by 1 person