Olga kry n ere-plekkie, sy het opwinding gedoen en ook die kos deel! Mooi man.
Gaan lees gou haar opwinding hier
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/09/11/toeka-tokkel-31-opwinding/
Toeka-Tokkel is maklik en lekker. Skryf afrikaans en deel dit met ons almal. Gee n pingback na my blog sodat ander ook kan lees wat jy alles te vertelle het.
Ons nuwe tema is:
n Eienaardige ondervinding/
ervaring
Sondag namiddag, so drie dertig se kant.Dringende klop aan die deur.
Wonder wie sal nou op n Sondagmiddag hier so dringend klop? My loseerder is reeds hier. Dis dus nie hy wat sy voordeursleutel vergeet het nie.
Hondekind blaf nogal ernstig, hy snuif, snuif onder deur die deur.
Ek maak die deur,vol verwagting,oop. Ja nee, ek moes dit verwag het. Hier staan my buurvrou, so half na die eenkant voor my deur(Gewoonlik as sy klop bly sy voor die deur net onder trappies staan.)
“Ek wil jou net waarsku daar was iemand hier rond…… My petrolkannetjie met tien doller petrol in is weg. Die petrol is vir grassnyer!… Wil jou net waarsku…… Dis gladnie snaaks nie!…” Sy draai om en loop terug na haar eenheid.
Nou moet ek net byvoeg, sy sny so nou en dan my gras as sy hare ook sny. Ek het net n klein stukkie wilde-gras grasperkie. Ek gee haar so nou en dan darem so n geldjie. Sy doen dit egter uit vrye wil om gras te sny. Ek vra haar gladnie.
Na die gebeurtenis sit ek toe nou en dink. Hoekom het sy dit vir my kom sê?
1. Sy soek n drink geldjie
2. Sy soek geselskap?(wat ek gladnie meer vir haar gee nie.)
3. Sy soek moeilikheid,of te wel is op oorlogspad omdat haar koppie bietjie raas van al die geheime snapsies.
Vreemde vrou, die buurvrou van my. Ek kan boekdele skryf oor die ondervindings wat ek al met haar gehad het.
Hier is n foto van my buurvrou. Sy was my eerste model in 2012 vir my fotokursus. Sy was heel uitgevat vir geleentheid. Ek het baie goeie terugvoer van die “tutor”(Afr woord vergeet!)
Ons volgende tema gaan wees: BESOEKERS
Die volgende persone het lekker kos gesels:
Olga het jummy, jummy lekker fotos
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/09/12/toeka-tokkel-32-kos/
Tannie Frannie skryf oor kindertjies en kossie
https://frandr.wordpress.com/2016/09/10/1171/
Toorts het n baie insiggewende stuk geskryf
Toortsie se Toeka Tokkel oor KOS!
Kameel skryf oor kos wat uitgedeel word
Baie, baie dankie vir jul bydraes. Dit word opreg waardeer.
Ek het vergeet om
Dis Ekke se skakel in te sit.
https://hesterleynel.wordpress.com/2016/09/08/groenteboer-maak-n-plan/
Iemand is meer getik as Olga. 😉
LikeLike
Ha ha, ek dink ons het almal maar n streep weg! 😀
LikeLike
My taak is in 🙂
https://toortsie.com/2016/09/19/n-vreemde-man-met-n-vreemde-versoek/
LikeLike
Baie dankie! 😀
LikeLike
Sug… elkeen het maar sy eie probleme
LikeLike
Beslis!
LikeLiked by 2 people
Wonder nou sommer hoekom jy en buurvrou “vervreemd” geraak het. Is dit sy wat heeldag radio speel? Nou wonder ek ook wat is die ware storie agter die petrolkannetjie.
LikeLike
Dis sy wat so radio speel en snags haar TV so hard aan het. Sy is maar n verslaafde(drank en rook)en raak nogal ongeskik as sy so hoog is. Lyk of sy in huis-arres is want sy kom nie juis uit nie. Sy het n lang lys van bestuurs oortredings op haar naam. Vermoed haar lisensie is opgeskort. Sy ry dus onwettig rond. Meestal net om hoek waar bottelstoor is. Hier is nogal n klomp “verslaafdes” in my straat wat snags rondloop en kwaad doen. Hier is ten minste twee huise wat naweke verdowingsmiddels verskaf aan jongmense. Almal ken ook my buurvrou so hul sal presies weet wanneer sy nie bewus is van haar omgewing nie. Eintlik baie hartseer. Sy is n baie intellegente mens.
LikeLiked by 1 person
Dis dalk regtig weg?
LikeLike
Baie moontlik. Die kannetjie het maar altyd onder haar afdak langs die kar gestaan. Dalk maar haar seun wat dit gevat het sonder om haar te sê. Sy kan dalk maar vergeet het waar sy dit gesit het.
LikeLiked by 1 person
Baie moontlikhede. 🙂
LikeLike
Sal een of ander tyd hoor wat gebeur het. Die skool sluit 23e dan is ek twee weke tuis en sal haar moontlik sien as die weer dit toelaat.
LikeLiked by 1 person