BESOEKER/S
Besoekers kan beslis lekker wees om te ontvang, maar ook jou hele dag omkrap.
In my laaste studiejaar aan NKP was ek bevoorreg om my laaste jaar in Huis Meyer te kon inwoon. My kamer was op die grondvloer, een kamer weg van ons liewe huismoeder.
Gedurende my tydperk wat ek studeer het, was daar altyd n eerstejaar wat voordeurdiens gedoen het. Besoekers moes eers aanmeld by die voordeur. Die diensdoende student het dan die persoon wat besoek word geroep. Daar moes uitgeteken en weer ingeteken word as daar uitgegaan word.
So het dit een aand beslis nie gewerk nie!
Die grondvloer is net hoog genoeg sodat die vensters nie maklik bereik kon word van die grond af nie.
Dit was eksamentyd. Die aand was dit al soort van ligte uit tyd. Ek het vroeg ingekruip na n middag en aand van studie.
Net aan die slaap geraak, met my gesig na die muur toe. Skielik skrik ek wakker van n stem wat van die venster af praat. Ek draai vervaard om en sien n man wat tussen die gordyne deur loer. Hy vra: “Kan ek deur jou kamer by die gang kom?” Ewe deur die slaap antwoord ek: “Ja seker,kom in!”
Woerts, weg is die gesig. Ek dog ek droom nou rerig. Paar tellings later kom n paar bene te voorskyn,die res van die lyf volg. Die ou pluk my uit die bed, gryp my matras en sleep hom die deur uit. Met wat hy, met matras en al, uit my kamer kom bespring die huismoeder hom. Sy gaan tekere en hy hol die trappe op. Huismoeder agterna in haar pejakkies.
Hoe chaoties! Almal skree en jaag ouens in die koshuis rond. Op die ou end was almal uit. (Party dames het natuurlik probeer om hul “besoekers” weg te steek)
Dit was nie baie welkome besoekers gewees nie.Die hele storie was vooraf beplan. Dit was een van die manskoshuise wat besluit het om ons koshuis in te neem. Van die dames het daarvan geweet en hul het gehelp om ouens te laat inkom.
Nog n ander besoeker.
Daar was baie jare later nog n ander besoeker wat onwelkom was.
Ek het pas in n huur- meenthuis ingetrek. Die eerste nag maak Nancy, my hond, my wakker met: Woef-woef. Gladnie rerig kwaai nie. Ek maak haar stil en sê dis sommer n vreemde iets wat sy hoor omdat dit die eerste nag daar was.
Ek draai om, om verder te slaap. Nee wat, Nancy voel gladnie gelukkig nie. Sy blaf, maar klim nie van die bed af om te gaan kyk nie. Ek skakel die bedlig aan en wys haar daar is niks.Gelukkig het ek nie opgestaan om te gaan kyk nie.
Die volgende oggend toe ek in die kombuis kom staan die agterdeur wawyd oop(wat ek gesluit het met sleutel wat ek nie uit slot gehaal het nie.)Die een venster is oopgemaak en mens kan daardeur by die deur kom om oop te sluit.Die sleutel was weg.
Die besoeker het seker nie besef dat daar n hond was nie. Ek was so dankbaar dat ek nie regtig op hom afgekom het of dat hy verder in my slaapkamer gekom het nie. Dit was beslis nog nie my tyd om iets oor te gekom het nie.
Ek het die slot vervang en n ekstra skuifslot op die deur gesit sodat soiets nie weer kon gebeur nie.
Dit dan my besoekers, nou is dit jou beurt.
Geniet Afrikaans en skryf lekker, alles jou eie ondervindings, dis waaroor TOEKA-TOKKEL gaan.
Verlede week is daar oor n eienaardige ondervinding geskryf. Die volgende persone het heerlik vertel:
I scrap 2(die uwe) eienaardige buurvrou
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/09/15/toeka-tokkel-no-33-n-eienaardige-ondervindingervaring/
Tannie Frannie Se ondervinding by Goya se graf…
https://frandr.wordpress.com/2016/09/20/vir-toeka-tokkel-n-eienaardige-ervaring/
Kameel het n baie goeie vertelling oor genade …
‘n Vreemde man met ‘n vreemde versoek
Olga gee die verkeerde voorbeeld aan haar kleindogter…
https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/09/22/toeka-tokkel-33-n-eienaardige-ervaring/
Toorts praat oor die uniekheid van elke mens en besweer die vreemde mannetjie…
Toortsie se Toeka Tokkel oor Eienaardig
Baie dankie aan almal wat n ietsie geskryf het .Ook dankie die ouens wat kommentaar gelewer het en ook gelees het.
Toeka-Tokkel no 35: HANDE